Boek 3- Katastrofe
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 9

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18.

NATUURKATASTROFE VOOR DIE EINDE
22 Junie 1958
Die aarde sal op haar fondamente geskud word, omdat die mense nog eenmaal baie duidelik op die einde gewys moet word; omdat die gedagte aan die dood in hulle oorheersend na bo moet kom, wanneer hulle hulself uitgelewer sien aan geweld waarteen hulle magteloos is. Baie mense sal wel daarna vra hoe hierdie aardbewings tot stand gekom het, maar die vinnig op mekaar volgende gebeurtenisse sal hulle geen tyd laat om dit te beantwoord nie. Want nou het daar in afsonderlike gebiede op aarde ontploffings plaasgevind van enorme omvang, wat die mense alle mag om te dink ontneem, waarop dan `n woede van natuurelemente volg, waarvan die gevolge nie voorgestel kan word nie en eers later deur die oorlewendes gesien sal word. En hulle sal dan geneig wees om te glo dat proefnemings (ondersoeke) deur mense die oorsaak was van die onbegryplike groot vernietigingswerk. Maar hulle vergis hulself. Dit is My stem wat so geweldig weerklink en moet weerklink, omdat die mense geen aandag skenk wanneer EK hulle saggies aanspreek nie, en ter wille van hulself is daar nog `n laaste reddingswerk vir die kort daarop volgende einde nodig.
Ontelbare mense sal hulle lewens daardeur verloor, goeie en slegte mense sal die slagoffers word van die vernietigingswerk, maar dit kan die oorlewendes nog tot seën wees wanneer hulle daaruit leer, wanneer hulle leer om My te herken en in die vervolg die weg met My gaan.
Al lankal kondig EK die gebeure aan, maar EK vind weinig geloof, omdat die mense sulke geweldige natuurgebeure nie vir hulleself kan voorstel nie, en omdat hulle so iets ook nog nie meegemaak het vanaf die begin van hierdie aardperiode nie. Maar daar is altyd gewaarsku daarteen en sou die mense maar net `n vonkie geloof in My woord gehad het, sou hulle ook rekening gehou het met wat `n lang tyd tevore bekend gemaak is. Aan die eindtyd het alle geloof egter verdwyn en selfs die wat Myne is, neem hierdie aankondigings skaars ernstig op, hoewel hulle gewillig is en steeds met My in liefde verbind is.
Maar plotseling en onverwags sal die eerste voortekens opgemerk word, dat daar kosmiese veranderinge voorkom, dat alles skynbaar uit die wetlike ordening raak, daar sal seldsame waarnemings aan die hemel verskyn, daar sal binne `n kort tyd onheilspellende verduisterings voorkom. Maar daar sal steeds agterna `n skynbare gerustheid wees, totdat die natuurelemente so vinnig en vreeslik ontketen gaan word, dat daar vir geen mens tyd sal oorbly om oorleg te pleeg nie; dat daar dan maar één hulp oor is: om in gedagte na My te roep om bystand in die grootste nood en gevaar.
Alle mense wat tevore kennis daarvan geneem het, al skyn dit vir hulle nie geloofwaardig te wees nie, bevind hulleself in `n toestand van groot barmhartigheid, omdat hulle op die hoogte is van hierdie enige weg en My maar net hoef aan te roep in gees en in waarheid. Maar ook baie onder hulle sal nie in staat wees om te dink nie, en aan hulle gee EK hierdie raad: om hulself na My toe te wend, sodat EK hulle kan bystaan. EK neem hierdie versoeke aan, omdat hulle hulle geloof ook aan My bewys het, wat Ek dan sigbaar wil versterk.
Hoe hierdie gebeure homself sal afspeel, hoef nie aan u verduidelik te word nie, want dit sal u nie help nie, maar dat dit homself sal afspeel, en dat dit alle nood en ellende, wat tot nou toe nog voorgeval het, sal oortref, kan u maar glo!
En u kan ook met groot sekerheid u medemens daarvan in kennis stel, want dit kan alleen maar tot hulle seën wees om te weet, dat alles deur u God en Skepper voorbestem is, maar nie om u skade te berokken nie, inteendeel alleen tot nut vir u siele, wat hulself in die grootste gevaar bevind om verlore te gaan. Want binne `n kort tyd daarna sal die einde van hierdie aarde volg, wat egter nie deur My veroorsaak sal word nie, maar wat veeleer deur menslike wil sal plaasvind. Want EK het hulle nie verhinder om die allesvernietigende proefnemings uit te voer nie, omdat die tyd ook vir die mensdom, wat sonder innerlike lewe is, gekom het, waarin `n skeiding moet plaasvind. Want alles wat uit die ordening getree het, moet weer na die ordening teruggelei word, sodat die positiewe ontwikkeling nou weer kan deurgaan op `n nuwe aarde, wat My Liefde, Wysheid en Mag weer sal laat ontstaan volgens My verlossingsplan van die ewigheid af.
B.D.7405

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205