Boek 3- Katastrofe
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 17

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18.

GOD SPREEK DEUR KOSMIESE GEBEURTENISSE
8 Februarie 1963
U moet steeds nie dink dat u niks uit eie krag kan verrig nie, wanneer dit daarom gaan om onheil van u af te wend wanneer u deur ontketende natuurgeweld bedreig word nie. Al is u ook in besit van `n groot lewenskrag, sodat u meen om die aardse lewe se baas te wees - u is volkome onmagtig teenoor die gebeurtenisse of kragte wat deur die geweld van die natuur teweeggebring sal word. U is daaraan oorgelewer en sal die geweld daarvan slegs kan keer deur `n sterk geloof in My en innige gebed. En tog lyk dit vir u onmoontlik dat u self getref kan word deur natuurkatastrofes, ofskoon voortdurende berigte van sulke katastrofes wat op die aarde plaasvind, u bereik.
Maar dit raak u nie in die besonder nie, solank u nie self daardeur getref word nie. U sal nie iets as waarheid wil laat geld nie, omdat dit nie vir u welkom is nie, maar u sal dit meemaak en dan sal hy geseënd wees wat in `n God en Skepper glo, want aan Hom is alle Mag gegee in die hemel en op aarde, want tot Hom sal hy roep om hulp wat hom menslikerwys nie verleen kan word nie.
Of u aards hoe ryk geseënd is, en of u liggaamlik teen alle eise opgewasse is, u sal u swakheid en kragteloosheid besef in die aangesig van die dreigende onheil wat oor u sal kom - Want dit is die laaste middel, die laaste waarskuwing voor die einde, wat u tot besinning moet bring, wat in die besonder vir diegene geld wat hulle weg in onnadenkendheid en louheid gaan en nie die regte instelling teenoor My, hulle God en Skepper, gevind het nie.
EK wil deur die elemente van die natuur die mense wat geen ag slaan op My sagte aanspreekvorm nie, met `n harde stem aanspreek. EK moet hulle deur kosmiese gebeurtenisse daartoe dwing om anders te dink, omdat onderrig deur My woord selde deur hulle aangeneem word en hulle geen waarde hieraan heg nie.
En so sal die aarde geteister word deur `n natuurgebeurtenis van so `n geweldige omvang, dat u, mense, nie in staat sal wees om dit te glo nie, omdat u self van niks soortgelyk in die verlede bewus was nie. Maar ook dit het EK reeds lank tevore aan u voorspel, u skuif alles uit na die verre toekoms, wat egter teenswoordige tyd moet wees.
Tallose mense sal daardeur omkom, dog diegene word in die ryk hierna nog die moontlikheid gebied om hulself positief te ontwikkel. Maar aan die oorlewendes word ook nog `n kort tyd ter beskikking toegestaan, wat egter voldoende sal wees sodat hulle volkome ryp sal word, wanneer die tyd korrek gebruik gaan word. Steeds weer moet EK aan u, mense, die natuurgebeurtenis aankondig, sodat u, wat daaraan glo, uself self kan voorberei en sodat die ongelowiges `n bewys van die waarheid van My woord kan ervaar, sodra hulle deur u op hoogte gebring kan word van dit wat die mense van die aarde te wagte staan.
Nooit het EK `n oordeel oor die aarde laat kom, sonder om eers aan die mense op `n dergelik gebeurtenis te gewys het nie. En dit sal vir baie mense, wat heeltemal sonder geloof sterwe, `n oordeel wees wat hy aan homself sal moet verantwoord en die lot op homself sal moet neem oor wat hy aan homself besorg het op aarde.
U sou almal met ontsetting geslaan wees, as u sou weet hoe naby die tyd is. Maar nooit word `n presiese tyd gegee nie, omdat so-iets nie vir u uithoubaar sou wees nie. Maar wanneer EK u regstreeks kan aanspreek en My woord laat inkom, dan sal u waarlik aan hierdie woorde van My aandag skenk en alles as waarheid aanneem, ook wanneer dit vir u suiwer verstandelik nie aanneembaar of geloofwaardig sal wees nie. Hou u nogtans besig met sulke gedagtes en dit sal u alleenlik tot seën strek.
Daarom laat EK u, mense, ook `n kykie neem in My verlossingsplan van die ewigheid, sodat u kan begryp wanneer en waarom u `n totale verandering van hierdie aarde te wagte kan wees, omdat dit nie slegs om u, mense, gaan nie, maar ook om die geestelike wat nog in die skepping gekluister is, wat vry moet word en hulle verdere ontwikkeling moet voortsit. En dan sal u ook begryp dat EK vir u, mense, nou nog `n laaste waarskuwing laat weerklink deur `n geweldige natuurgebeurtenis, sodat u nie verlore moet gaan en die lot van die hernude kluistering weer op u moet neem nie.
Want EK probeer nog voor die einde, om elke middel aan te wend wat kan help vir die mense wat nog nie heeltemal `n prooi is van My teenstander nie. Dog My verlossingsplan van die ewigheid is vasgelê en sal vervul word sodra die tyd gekom het.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205