Boek 3- Katastrofe
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 6

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18.

VERANDERINGE IN DIE KOSMOS
23 Desember 1948
Waar kosmiese veranderinge aangedui word wat die aankoms van `n natuurkatastrofe sal aankondig, daar sal u ook My werksaamheid met sekerheid by die mens kan vasstel, deur vroeëre gegewe aanwysings, aansporinge en waarskuwings van allerlei soort, deur die profetiese vooruitsig van mense wat God in die besonder toegedaan is en deur `n toegeneë inwerking van die ligwesens op diegene wat hulle toegang verleen deur hulle wil aan My, en `n lewenswandel wat aan My oorgegee is en `n lewe wat hieraan beantwoord.
Waar natuurverskynsels hulself dikwels voordoen, is die mense ook toegankliker vir My aanwysings en daar is ook meestal redes gegee van die veelvuldige veranderinge van die skepping van die natuur deur juis sulke natuurverskynsels, waarin die gekluisterde geestelikes na die positiewe ontwikkeling streef, terwyl die mense `n meer volgsame wese het, en vinniger tot rypheid kom.
Maar volgens My verlossingsplan van die ewigheid word skeppinge van die natuur nou ook getref deur My inwerking regstreeks deur die elemente van die natuur, hoewel so iets anders seldsaam is. Die eindelose lang gekluisterde kragte dring aan op vrywording en het My ondersteuning. Ook daar word dit aangekondig wat in die natuur gaan gebeur. Die mense word opmerksaam gemaak, ofskoon hulle nie vir My aanmanings en waarskuwings ontvanklik is nie, en My daarop wys!
Ook die kosmiese veranderinge sal sigbaar word en sou elke mens laat nadink; en sieners en profete aan wie die taak opgelê is en wat die gawe het om te kan voorspel, sal opstaan om melding te maak van dit waarvan hulle gesien of gehoor het deur die geestelike kontak. Ook vanweë die wils- en geloofsvryheid gaan alles hul natuurlike gang en ook kosmiese veranderinge word wetenskaplik verklaar en daarom verontrus dit nie die mense nie.
Ook alle gebeure, elke voorval in die natuur kan wel op natuurlike wyse verklaar word, maar het steeds `n geestelike rede en verklaring en dit is belangriker om daaraan aandag te skenk as aan die suiwer natuurlike, want die natuurlike gevolge sal u nie deur u kennis kan teëhou of verswak nie, maar die geestelike gevolge sal u kan benut in u voordeel en gevolglik u rustig aan die natuurlike uitwerking oorgee. U is Heer daaroor as u glo - dus die geestelike nut van u kennis daaruit haal.
Dan is u Heer oor die natuur. Weet u wat dit beteken? Om ook die elemente van die natuur vanuit u wil, wat ook My Wil is, tot stilstand te kan bring, as u innig met My verbonde is? En ook die vry geworde geestelikes sal u as Heer erken, u sal ook gebieder oor die natuur wees en almal sal hulleself gewillig aan u onderwerp.
U begryp dit nog nie in sy volkome diepte nie, maar as u hierdie graad bereik het, sal dit vir u begryplik wees wat u met My Krag sal kan volbring, waaroor u nou onbeperk sal kan beskik. Maar hoe min mense bereik slegs hierdie graad van rypheid deur `n diep onwankelbare geloof in My en My Liefde en onbegrensde oorgawe aan My? Maar My Mag en heerlikheid sal aan hulle duidelik word en hulle sal My oor die hele wêreld roem. Voortdurend sal hulle vir My spreek, omdat hulle gedryf word deur My Gees, omdat hulle nie meer aan hierdie wêreld behoort nie, maar kort voor hulle voleinding staan.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205