Boek 3- Katastrofe
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 2

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18.

NATUURVERSKYNSELS
Temperatuur – Ster – Voorspellings
30 Oktober 1939
Die tyd vlieg verby en die ingesteldheid van die mense verander nie, daar sal ontelbare siele ten gronde gaan as die HEER hulle nie op die allerlaatste nog Sy Liefde sal aanbied en aan hulle die vreeslike ondergang van al die aardse voor oë hou nie. En daarom, let op die dae wat hulle self wesenlik van die anders gebruiklike jaargetye sal onderskei. Hoe laer die son staan, des te helderder lig sal hy uitstraal en `n ongewone temperatuur sal die mense verbaas laat staan. En dit sal aanleiding gee tot vermoedens van allerlei aard. Deels sal mens hoopvol die komende tyd tegemoet gaan, deels angstige bedenkinge hê en die mens sal geneig wees om `n bonatuurlike werksaamheid daaraan toe te skryf .
Tog dink slegs enkeles aan hulle verhouding met God. Hulle besef nie dat God Self hulle denke na Homself toe sou wil keer en dus trag hulle ook om `n moontlike verklaring te soek in die buitegewone natuurverskynsels. Ja, hulle raak baie vinnig daaraan gewoond en haal nie die geringste voordeel vir hulle siel daaruit nie. Want as hulle maar sou wou oplet, sou die roep uit die hoogste vir hulle begryplik wees. Maar hulle wat nie dink aan hulle verhouding met die Skepper nie, bly aardsgesind en neem niks aan van wat hulle geestelik aangebied word nie.
En al hierdie buitengewone natuurverskynsels is uitinge van geestelike aktiwiteite van die kragte wat God onderdanig is en gewillig is om Hom te dien. Steeds opnuut sal geestelike strominge merkbaar word en vir die mense sigbaar word op menigvuldige wyse en tog sal die denke van die mensdom homself weinig daarmee besig hou. Want ook die mag van die duisternis is geweldig werksaam in hierdie stryd teen al die geestelike onderstrominge. Hulle sal trag om die goddelike te verswak en so sal die mensdom slegs aan die aardse gebeure aandag skenk en onverskillig teenoor die werksaamheid van die Godheid in die natuur staan, ofskoon die mense op duidelik gewelddadige wyse daardeur geraak word. Slegs `n klein aantal sien dat God Sy Hand na die mense uitstrek en trag om aan die medemense insig te verskaf, maar slegs die weldaad wat liggaamlik voelbaar is, erken die mens, maar nie `n opdrag van bo wat `n verandering van die menslike denke moet bewerkstellig nie.
En in hierdie tyd van welbehae, teweeggebring deur `n buitengewone werking van die son op `n ongewone tyd, sal daar `n gebeurtenis plaasvind wat ook elke geestelike blinde iets te denke moet gee: `n Ster maak homself los van die firmament (uitspansel) en verander sy baan. Hierdie ster sal `n ligsterkte hê wat die van alle andere ver sal oortref, hy sal snags helder straal en die aarde nader, sodat ook die verskynsel weer ongewoon sal wees vir die mense en tog terselfdertyd `n bewys daarvan is dat die Skepper van hemel en aarde alle mag het en dus ook aan die sterre hulle baan kan voorskryf volgens Sy Wil.
Wanneer hierdie ster sigbaar sal word, gaan die mensdom die geestelike keerpunt steeds meer tegemoet. Daar sal in geestelike opsig soveel hulp vir hulle aangebied word, dat hulle waarlik net hul eie wil nodig sal hê om die hulp hul eie te maak. Dog hul ingesteldheid word steeds meer verstok, hul denke steeds meer verblind. En die tyd is nie meer ver waarvan die HEER op die aarde gepraat het nie; dat `n deur uit haar skarniere geruk word as die mens sy hart sluit vir alle geestelike instromings.
Die lig sal ook daar skyn waar dit duister word, want die ligstraal sal so helder wees dat hy alles sal deurdring, en ook die geestelike blinde sal moet sien; sy wil alleen sal dit wegwys en die einde sal wees dat hy deur die lig verteer word. Want die duisternis word verdrywe deur alles wat helder, lig en duidelik is. En die lig oorwin die duisternis in soverre dat die donker moet wyk waar die lig van die waarheid voorheen sigbaar afgebreek is. En die leuen en die skyn sal onuithoudbaar word, maar die waarheid sal egter tot in alle ewigheid bly.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205