Boek 3- Katastrofe
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 14

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18.

KOSMOS – MAAN
4 Augustus 1961
Ook die geringste onduidelikheid het `n negatiewe uitwerking, want dit laat die mens twyfel en verduister die lig wat sy hart moet verlig. Maar wanneer die hart homself open om die lig binne te laat straal, sal die toestroming van lig steeds daarop volg. Waar onduidelikheid bestaan, moet opheldering gegee word, want EK wil nie dat die denke van die mens, die korrekte wil en denke, verwar word nie. Maar EK wil ook nie dat dwaling versprei word, waar die waarheid alleen bevorder moet word nie. Maar het u so-iets te vrees, wanneer EK u Self onderrig en aan u alleen deurgee, wat EK Self vir u vertel?
Dat u alles self nie verstandelik begryp nie, hoef u nie onrustig te maak nie, want solank u nog nie voltooi is nie, is u denke nog beperk en is u nie in staat om die opvattinge wat u tot nou toe ontvang het, in ooreenstemming te bring met die verklaringe wat EK u gee, wanneer dit gaan oor gebiede wat die wetenskap probeer ontsluit nie. Dat daar in die kosmos nog baie ondeurgrondelike dinge bestaan, kan selfs die wetenskap nie ontken nie; en wat die denke ook ondersoek het, daar ontbreek dit aan elke bewysvoering, want die bewyse deur hulle gelewer, is verkeerd.
En so ook skiet die berekeninge wat gemaak word oor die afstand en die verhouding van die stand van die maan tot die aarde, te kort. En daarom is dit ook vir u mense moeilik, om dit wat u ken as u eie, wat u veronderstel om te kan bewys, as `n korrekte verklaring te gee. En wanneer u dink aan die voortdurende draaiing van die aarde om haar eie as, sal u moet insien dat die maan wel `n satelliet van die aarde is, maar tog `n geheel onafhanklike hemelliggaam van die aarde, wat net soos die aarde ronddraai in die bestaan van dieselfde son, dus ook aanhoudend lig van haar af ontvang. Die aarde is nie in staat om hierdie ligstroom teen te hou, of om dit te beperk nie. Maar die bewoners van die aarde kan die maan min of meer waarneem, ooreenkomstig die stand van die aarde soos wat sy gedurende haar draaiing om haarself, inneem.
Die uitstraling van lig, voltrek homself in wetmatige ordening en ook die hemelliggame gaan in wetmatige ordening hulle baan. Daarom ook die periodieke geleidelike herhaling van die verskynsels, dieselfde wisseling van dag en nag.
Maar u, mense, moet nie vergeet dat alles in beweging is, dat niks stil staan in die algehele heelal en dat hierdie beweginge ook wetmatig is. En tog kan die sterrebeelde deur u, mense, soos dit oor u skyn, as gelykblywend aan die hemel gevolg word, wat, suiwer in ooreenstemming met die natuur, `n bevraagtekening van die voortdurende draaiing van die aarde sou laat ontstaan. En tog draai die aarde om haarself, maar dit sal `n ewige geheim van die skepping bly, wat nooit deur u, mense, ontsluier kan word nie. Want u sal wel steeds kan vermoed of glo, bewyse lewer, wat egter nooit goeie bewyse is nie - om welke rede u ook nooit sal slaag om vreemde hemelliggame in besit te neem nie, waarvan die wette heeltemal anders is as die van die aarde en wat daarom ook `n “lewe” vir u, mense uitskakel. Want die lewensvoorwaardes op elke hemelliggaam is anders en gemaak vir die wesens wat daarop woon en is in ooreenstemming met hulle geestelike toestand. En EK alleen ken elke wet, net soos ook die geestelike wat vol van lig is, aan wie EK weet wie dit toekom. Maar u, mense, sal ook dan eers van alles op hoogte wees, wanneer u in die ryk van die lig sal binnegaan en u denke dan nie meer beperk sal wees nie.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205