Boek 2 – Bertha Dudde - Die profetes van die eindtyd
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 1

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20.

VOORWOORD DEUR GERHARD KOTTE
Vanuit die Lorber beweging is die werk van Bertha Dudde deur vele negeer omdat dit nie sou ooreenstem met die werk van Jakob Lorber nie. In plaas van om één groot familie te wees, word die Dudde-lesers op `n syspoor geplaas. Die hoop op erkenning vanuit die Lorber-gemeenskap vir die openbaringe wat deur Bertha Dudde ontvang is, het al heeltemal by my verdwyn, toe ek van Marcel Goergens, die uitgewer van die Nederlandse werk van Bertha Dudde, se kommentaar op die werke in die hande gekry het en hoop het my weer vervul. Met `n paar pennestrepe, geskrywe vanuit `n diep meelewing, word die vooroordeel teen Bertha Dudde weggevee en kry haar werk die eer wat dit toekom:
Openbaringe van die Heer.
Dit alles deur die skryfster Irmgard Kuhlmann, `n vooraanstaande publiseerder uit die Lorber-kring. Vele ken haar werk uit die tydskrif wat elke twee maande verskyn, naamlik "Das Wort” (Die Woord) (Lorber Verlag Bietigheim). Ook skryf sy die boek, "So ihr nikt werdet wie die Kinder! (As julle nie sal word soos die kinders nie)" (Lorber Verlag Bietigheim), wat een van die beste inleidings op die werk van Jakob Lorber is.
U, liewe vriend van die nuwe openbaring, sou ek graag deur die woorde van Irmgard Kuhlmann wil oortuig van die onskatbare waarde van die werk van Bertha Dudde, deur sommige dele uit die "Kommentaar" hieronder vir u te laat volg.
Vergun my tog om eers iets te vertel oor Bertha Dudde: Gebore in 1891 in Silesië; haar vader Protestant, haar moeder Katoliek. Sy kon self vrywillig kies watter geloofsrigting haar die meeste aangespreek het. Omdat sy haar nie kon onderwerp aan die leerstellings van die katolieke kerk nie, het sy haar daarvan losgemaak, waardeur Sy in `n erge gewetensnood begin verkeer het. Geldnood en gebrek aan tyd het haar daarvan weerhou om goeie boeke te lees of lesings te besoek. Haar lewe het bestaan uit sware arbeid van vroeg tot laat. Sy het haarself tot op die laaste nuttig gemaak vir haar familie en ander. Sy is oorlede in 1965.
Sy het meer as 9000 (nege duisend) boodskappe opgeteken. Hierdie boodskappe het begin op 15 Junie 1937 met die woorde, "In die begin was die Woord!" Stadig gaan die woorde wat opkom, deur haar hartstreek, sonder dwang en in geen geval in `n transtoestand nie. Sy verstaan dikwels nie die samehang van die woorde tydens die opskrywe nie. Sy vertel: "Dikwels was die woord vir my onverstaanbaar, maar liefdevol gee die Hemelse Vader die verklarings vir my!"
Deur die barmhartigheid van God word die evangelie van die liefde opnuut aan die mense verkondig en word hulle nadruklik gewys op die doel van die bestaan van die mens. Sodoende probeer die erbarmlike Liefde van God te red wie Sy nog wil laat red vóór die groot kentering wat waarlik sal kom. Dit is die tyd wat alle sieners en profete van alle tye verkondig het, die eindtyd, wat nou aangebreek het.
Gerard F Kotte

 
 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205