Boek 2 – Bertha Dudde - Die profetes van die eindtyd
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 14

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20.

DIE GEES VAN GOD WERK WAAR HY WIL
Bertha Dudde 5864
28 Januarie 1954
Die Gees van God werk waar HY wil, want God alleen weet waar SY Gees homself sonder weerstand kan openbaar. HY alleen weet wie SY boodskappe sonder weerstand aanneem en daarvan gebruik wil maak, en HY alleen weet welke begaafdhede die werksaamheid van SY Gees toelaat. SY wil is dat die waarheid ingang vind onder die mense, waardeur misvattings en leuens so belig word, dat dit as sodanig deur die mens herken kan word.
Dit is SY wil dat die mense die weg tot saligheid leer vind, `n weg wat steeds die Weg van die Waarheid is. Daarom is HY steeds daarop uit om mense die waarheid te laat toekom, omdat HY alleen daardie één doel voor oë het, naamlik die saligheid van SY skepsele. Op aarde, waar SY teenstander heers, sal die waarheid steeds deur sy invloed bestry en verontreinig word, dit sal steeds met leuen en dwaling vermeng word, omdat die doel van God se teenstander is om die waarheid van die mense te weerhou om die strewe na en die aanneem van God te verhinder.
Daarom moet die suiwer waarheid steeds weer van bo na die aarde toe gebring word, wat egter slegs deur die werking van die Gees, d.w.s. deur die uitstorting van die Gees oor die mens kan geskied. En hierdie mense kies God Self, want SY Gees werk waar HY wil. Die werk kan slegs deur die vrye wil plaasvind, want nooit word dwang deur God uitgeoefen om `n mens te beweeg om die waarheid aan te neem nie. Dit is altyd `n aangeleentheid van die vrye wil van die mens, en so `n wil wat aan God oorgegee is, is sekerlik aan HOM bekend.
Die vrye wil open as te ware die hart van `n mens, sodat God se Gees die hart kan binnestroom. Daardeur bestaan die moontlikheid dat die stroming van die Gees die hart onvertroebel binnekom. Waar aan die voorwaarde voldoen is dat God `n mens die suiwer waarheid kan gee, daar is die geestelike beskutting ook aanwesig, wat die onreine en duistere kragte teëhou. Want `n mens wat homself en sy wil geheel aan God toevertrou het, staan in die "ligkring" van God wat nie deur duister wesens betree mag word nie.
Dit is dus God se wil dat die waarheid na die aarde gebring word, daarom is dit verstaanbaar dat dit geskied deur `n mens waarvan die wil heeltemal ingegaan het in die wil van God. Daardeur word die binnesluip van God se teenstander nie meer toegelaat nie en God kan nou beskutters opstel, omdat die mens HOM deur sy wil wat na God toegekeer is, die reg daartoe gee. Dan toon hyself ook die werksaamheid van God se Gees, deurdat `n helder lig in die hart van die mens binnestroom waarvoor elk wese van die duisternis vlug.
Die rede dat God steeds opnuut die waarheid na die aarde stuur is geleë in SY liefde vir SY skepsele, wat HY tot saligheid wil lei, en daarom mag dus nie getwyfel word dat HY Sy wil ook sal verwesenlik nie. HY sal dan ook verstaanbaar gewys die mense kies wat vir die aanneem van die waarheid van bo in aanmerking kom, maar HY sal hierdie uitverkorenes so lei dat hulle geen dwaling sal aanneem nie. Anders sou dit onmoontlik wees dat HY die suiwer waarheid aan die mensdom kan gee.
Wel moet daar nadruk daarop gelê word dat van `n uitstorting van die Gees eers gespreek kan word, as dit gaan oor die toekom van geestelike kennis. Onder die stuur van die suiwer waarheid deur die werke van die Gees word alleen verstaan die kennis oor geestelike gebiede, dus die verkryging van `n insig in dit wat Goddelik-geestelik genoem kan word. God kan en sal die mense ook opheldering in aardse dinge gee, dit gebeur egter in die gedagtes - waarby die juistheid van hierdie gedagtes weer afhanklik is van die geestelike vlak van die mens. Die uitstorting van Gees kan nooit met aardse wetenskap of studie in verband gebring word nie, derhalwe moet geestelike en aardse kennis steeds geskei word. Hierdie beide val nie tegelyk onder die begrip "ontvang van die Goddelike waarheid" nie, ofskoon die denke van `n mens ook deur die Gees verlig kan word, wanneer hy trag om in die Goddelike orde te lewe. In so `n besondere geval kan die denke ook volgens die waarheid wees.
Sodra u mense alle aardse sake uitsluit en u slegs die geestelike ryk vir uself tot doel van u verlange stel, - sodra u poog om u kennis op geestelike gebied te vergroot en u slegs die toestand van u siel wil verbeter deur net aan te neem wat nuttig is vir haar, - sodra u uself net bepaal tot dit wat vir u siel `n lewe in die ewigheid sal verseker en geen ag slaan op wat die liggaamlike lewe op hierdie aarde betref nie, streef u die geestelike na en sal die Gees in u die leiding oorneem. Hy sal Homself in u openbaar en u innerlik op `n wyse onderrig wat vir u geestelike ontwikkeling nuttig is.
Dan kan u ook Goddelike boodskappe ontvang ooreenkomstig die rypheid van u siel. Hy sal u egter alleen opheldering gee oor die geestelike ryk, oor die samehang in die geestelike wêreld, oor die geestelike oorsprong en die doel van al die geskapenes. Dus oor alles wat u nie met u verstand kan deurgrond nie en oor dit wat nie vir u bewysbaar sal wees solank u op aarde leef nie. Aardse probleme daarenteen kan u oplos deur die verstand, waarby `n waarheidsgetroue resultaat slegs die gevolg is van `n verligte denke. Dit is egter slegs die geval as `n mens, deur `n lewe wat aan God welgevallig is, streef na die verligte denke. Daar moet dus daarop gelet word dat Goddelike openbaringe die sielelewe, die geestelike ontwikkeling van die mens, die kennis oor oorsprong en einddoel en die kennis oor God se heilsplan van ewigheid, as inhoud het. Aardse vrae beantwoord die mense min of meer self waarheidsgetrou, afhanklik van die rypheid van hulle siel.
Hoe inniger `n mens met God verbonde is, des te sterker sal hy ook SY invloed bemerk, en des te helderder word sy denke en sal hy wêreldse vrae kan beantwoord. Want dan laat hy die werke van die Gees in homself toe, wat hom dan ook in die aardse lewe lei en stuur.
Maar woordelike boodskappe waarmee die waarheid direk na die aarde gestuur word, word anders beoordeel. Daardie soort openbaringe het `n Goddelik geestelike kennis tot inhoud wat slegs direk van God af tot die menslike middelaar oorgebring kan word, waarvoor daar egter weer bepaalde voorwaardes geld.
Dit soort oordrag gebeur volgens die Goddelike plan waarvan HY alleen weet hoe dat volbring kan word, en daarvoor kies HY vir Homself ook `n bruikbare "werktuig" uit - En HY doen dit steeds as die noodsaak gebied dat die mense deur die stuur van die suiwer waaheid hulle opwaartse ontwikkeling sal bespoedig. Slegs God ken die harte van die mense en HY alleen weet by welke aardse kind die voorwaardes aanwesig is vir die ontvang van die Goddelike boodskappe, en HY self kies dan daardie kind uit.
Die Gees van God waai waar HY wil. SY Gees word uitgestort in `n 'Vat(houer)" wat daarvoor geskik is (Bertha Dudde), want dit gaan daarby om `n buitengewone hulpaksie. - Die bedoeling is om die geestelike duisternis deur te breek met "ligstrale" wat van God Self uitgaan. En dit is `n proses wat nog vir baie mense redding van die geestelike dood kan bring. Want daardeur word `n weg getoon wat vanuit die wêreld van die materie na die ryk van die lig voer. - Dit is `n moontlikheid om die mense aan te spoor tot `n ommekeer, as hulle van goeie wil is en die uitgestrekte hand van die Vader sal aanneem, wat Sy kinders nie weer vir `n eindelose lang tyd wil verloor nie.
Daarom geniet elke ontvanger van Goddelike boodskappe ook die besondere beskerming van God, sodat sy opdrag volbring kan word, sodat die lig van die waarheid die aarde kan verlig in `n tyd van diepe geestelike duisternis. Veral sodat die korte tyd wat nog vir die mense oorbly tot aan die einde, ten volle benut kan word.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205