Boek 2 – Bertha Dudde - Die profetes van die eindtyd
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 7

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20.

DIE AANLEIDING TOT GOD SE BUITENGEWONE WERKSAAMHEID
Bertha Dudde 4670
15 Junie 1949
Groot is die geestelike nood op aarde. Weer is daar `n lae geestelike vlak net soos in die tyd van MY koms op die aarde, want die mense is nie meer in staat om MY stem te hoor nie. Hulle kan en wil MY nie meer hoor nie en gaan daarom sonder doel of plan op hulle aardse lewensweg, ofskoon hulle aardse doelwitte nastreef waarvoor hulle buitengewoon aktief is. Die weg tot MY vind hulle egter nie meer nie en so hou hulle hulleself afsydig van HOM, wat hulle enigste doel behoort te wees. Hulle glo nie meer in MY nie, omdat hulle niks meer van MY kennis het nie, en hulle voel daarom ook geen liefde vir MY wat hulle uit hulle lae geestelike toestand kan help nie.
Hierdie situasie kan as `n noodtoestand beskou word, omdat `n gebrek aan geestelike kennis ook `n staat van ellende in die ewigheid tot gevolg het.
Maar elkeen kan hierdie toestand voorkom, as hy sy lewe op die regte manier sou benut. EK ken die vreeslike lot van die siele en sien hoe die mense in hulle blindheid die afgrond tegemoetgaan. EK roep hulle vermanings en waarskuwings toe, EK stuur leiers op hulle weg wat hulle na MY wil terugbring, maar die wil van die mense is voortdurend op die afgrond gerig. Hulle laat hulle nie meer onderrig nie, maar bied weerstand teen MY gevolmagtigdes, en onttrek hulle op die manier aan MY sorg.
Hulle kom selfs in opstand teen MY, vir Wie hulle van ganser harte moet liefhê en tot Wie hulle graag sou moes gaan as kinders na hulle Vader. Maar hulle volg liewer die lokkende roepstem van die wêreld.
Hulle kies slegs die aardse lewe en daarom kan EK hulle nie meer bereik nie. Daarom kan hulle MY woord ook nie meer hoor waarmee EK hulle vir ewig wil wen nie. Desondanks laat EK die mense nie val nie en wanneer hulle nie na MY wil luister nie, moet EK probeer om hulle via omweë te bereik. EK stuur dan bodes na hulle toe waarteen hulle nie afwysend staan nie, en deur hierdie bodes spreek EK dan woorde van liefde tot hulle vir die sorg van hulle siel. EK wil graag na MY "kinders" toe kom, maar hulle neem MY nie aan nie. Daarom kies EK vir MY `n uiterlike vorm (Bertha Dudde) en verberg MY agter haar wat MY toegeneë is, maar wat omgaan met hulle wat nog ver van MY af staan. Op die manier tree EK met hulle in verbinding, ofskoon hulle MY nie herken nie en maar net MY bodes hoor praat.
Kan u mense nou verstaan wat MY daartoe beweeg om MY self op buitengewone wyse te openbaar deur MY woord na die aarde toe te stuur, en tot die mense te spreek via MY gewillige dienare? - Kan u die groot nood verstaan wat EK wil afweer, en om welke rede EK alle middele uitbuit om toegang te verkry tot die mense van die wêreld? - Daar is nie veel meer tyd na die einde toe nie, daarom is hulp dringend nodig as EK MY skepsele nie verlore wil laat gaan nie en EK hulle wil bewaar teen `n herhaalde weg deur die hele skepping.
Hierdie groot nood kan nie in sy volle omvang deur u mense gemeet word nie. Maar EK ontferm MY oor die mense wat nog baie moontlikhede besit om hulle aardse doelwit te bereik, maar wat nogtans nie daaraan dink hoe dit met hulle gesteld sal wees na hulle dood nie. - EK het medelye met hulle, maar kan hulle nie andersins help, as met MY woord van bo nie. EK kan hulle alleen onderrig en wys op hulle groot nood, maar as gevolg van hulle vrye wil kan EK hulle onmoontlik dwing om te verander volgens MY begeerte. Slegs dit kan EK die mense te kenne gee, dat EK waarlik alle middele sal aanwend om hulle te help en daarom MY gees sal uitstort oor hulle wat MY help met die verlossing van hierdie mense.
Glo dus diegene wat EK na u toe stuur as MY bode en glo dat die geestelike nood reusagtig groot is. Dat EK elkeen aanneem wat geen weerstand teen MY bied nie, sodat EK self na Hom kan naderkom en hy MY kan herken as hy maar self wil.
Laat MY daarom help en wys MY nie af nie, draai op u weg terug en ontvlug die afgrond. Nog bestaan die moontlikheid daartoe, ofskoon die termyn wat EK u nog vóór die einde gee, maar kort is. Laat u waarsku en volg MY dienare wat EK na u toe stuur, en herken daaraan die groot liefde van u Vader, Wie u slegs tot die tuiskeer in die Vaderhuis wil beweeg, sodat u salig kan word.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205