Boek 2 – Bertha Dudde - Die profetes van die eindtyd
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 20

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20.

MY SKAPE HERKEN MY STEM
Bertha Dudde 5114
25 April 1951
EK het na MYNE gekom, maar hulle het MY nie aangeneem nie, want hulle het MY nie herken nie. Baie selde herken die mense MY wanneer EK hulle pad kruis, en daarom neem hulle MY gawes ook nie aan as `n Goddelike geskenk nie of hulle ken nie die korrekte waarde daaraan toe nie. EK wil egter deur die mense herken word, sodat hulle ook MY barmhartigheidsgawes op die korrekte wyse kan benut en aanwend tot behoud van hulle siele. Hoe dikwels klop EK tevergeefs aan die “deur” van die mensehart, maar dit bly geslote vir HOM wat hulle die beste kan bring en wat vir hulle `n geskenk van onskatbare waarde wil aanbied. Maar hulle verleen geen toegang vir MY nie en wil MY nie hoor nie, en so wys hulle die KOSTBAARSTE af, ofskoon hulle dit dringend nodig het. EK kom na MYNE, maar hulle neem MY nie aan nie, want hulle herken MY nie!
Baie wil deel van MYNE wees. Hulle dink dat hulle aan MY "kerk" behoort en tog herken hulle nie MY stem as EK hulle soos `n goeie Herder wil versamel nie, as EK hulle lok en roep. Hulle herken nie MY stem nie en bly daarom ver van MY af, maar MY skape herken MY stem as die stem van hulle Herder, omdat die woorde van liefde wat EK vanuit die hoogte tot hulle spreek, hulle harte oopmaak om MY te laat binnekom wanneer EK dit verlang.
Slegs min herken MY, ofskoon almal hiertoe in staat sou wees, as hulle maar bereid was om hulle Vader van ewigheid te soek - want EK sou MY sekerlik deur hulle laat vind het. Hulle verlange na MY is egter te gering en daarom herken hulle ook nie MY stem nie, die bewys van MY self, `n sigbare teken van MY liefde vir die mense. En wanneer medemense MY woord tot hulle wil bring, dan ontbreek dit hulle aan geloof en insig vir MY liefde en barmhartigheid wat aan hulle `n hulpmiddel skenk sodat hulle al op aarde hulle doel kan bereik, hulleself te verenig met MY deur die liefde.
Hoe bevatlik is dit egter vir die van MYNE wat MY tot hulle laat spreek en wat hulle van MY af ontvang, ook ooreenkomstig MY wil in praktyk bring. Tot hulle kan EK kom en aan hulle kan EK MY openbaar, want hulle sal nie meer aan MY twyfel nie. Hulle neem MY op in hulle "hartewoning" en hulle is ook in staat daartoe om MY woord te hoor. Hulle sal MY woord ernstig in hulle hart oorweeg en dienooreenkomstig ook volgens MY wil handel.
Hulle sal ook die woorde wat EK eens op aarde gespreek het, verstaan, naamlik dat MY ryk nie van hierdie wêreld is nie, maar innerlik bestaan in die harte van MY kinders. - En MY "kinders" sien MY ook as hulle Vader wat na SYNE toe wil kom, maar nie deur die mense geken word nie, omdat hulle sonder liefde lewe. Maar, wie ooreenkomstig MY woorde handel in onselfsugtige naasteliefde, sal ook daardeur tot insig kom, omdat MY liefde in Hom aanwesig is, en hy MY geroep met vreugde en blydskap sal volg - omdat hy MY self herken het.

 
 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205