Boek 2 – Bertha Dudde - Die profetes van die eindtyd
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 18

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20.

OOR DIE TEENWERPING VAN DIE MENSE WAT VAN DIE WOORD VAN GOD AFGESLUIT IS
Bertha Dudde1857
22 Maart 1941
Dit is volkome verkeerd om die woord van God afgeslote te hou en elke Goddelike openbaring af te wys as `n maaksel van bose kragte. Daar bestaan wel goeie en bose kragte wat hulle invloed op die mense probeer uitoefen, maar slegs die goeie kragte voer die wil van God uit, die bose kragte werk teen God se wil.
Onwetende kragte, wesens uit die tussenryk, kan u dus geen goeie gedagte laat toekom nie. Hulle is in hulle duistere geestelike toestand nog in die ban van God se teenstander en staan dus meer onder sy invloed as onder die van die ligwesens, maar sodra hulle hulle blindheid ingesien het, gee hulle hulleself oor aan die ligwesens en voeg hulle dan volgens die Goddelike wil. En vanaf daardie oomblik sal hulle net nog deurgee wat hulle deur ligwesens ontvang het.
Dit moet eers verklaar word om die verkeerde mening te weerlê dat die magte van ander kant hulleself willekeurig kan uiter, indien Goddelike openbaringe aan die mense gegee word. Die HEER het Self op aarde onderrig en SY woord tot die mense nadergebring, dit was SY wil dat die woord neergeskryf word om vir die nageslag bewaar te word. HY het egter ook deur SY woord die mense steeds die werke van SY Gees beloof. HY het hulle die sekerheid gegee deur as Woord by hulle te bly tot in alle ewigheid, want HY het tog Self gesê: "EK sal u die TROOSTER stuur, die Gees van die Waarheid!".
U kan op vele plekke in die Bybel lees dat God steeds weer tot die mense wil spreek, daar is egter geen enkele uitspraak te vinde waaruit afgelei kan word dat SY woord as afgeslote beskou moet word nie. Wel moet SY woord onveranderd bly bestaan, d.w.s. daar mag aan die evangelie wat HY self tot die mense gebring het, geen woord toegevoeg word nie, nog mag daar `n woord daaruit weggelaat word wat die betekenis of sin van SY woord sou kon verander. Dit beteken egter nie dat SY woord of SY boodskappe afgesluit is nie.
Daar mag niks verander word en geen woord toegevoeg word aan die woorde wat die HEER destyds op aarde gespreek het nie. Maar die hoogmoed van die menslike verstand probeer voortdurend te verander en te verbeter, om God se woord duideliker aan die mensdom te maak. Heel dikwels het die sin van hulle woorde misvormd of versluier geword, wat daartoe gelei het dat die werke van SY Gees, wat deur HOM verkondig is, nie meer verstaan word nie - en daarom ook nie meer erken word nie. - Vir die mensdom het die begrip verlore gegaan dat God ook vandag nog tot die mense wil spreek, dat die hoor van SY woord die persoonlike verbinding is wat reeds op aarde nagestreef moet word. Maar in plaas daarvan skrik die mense daarvoor terug om te luister na die boodskappe van die Goddelike wil. God benader die mense deur SY woord, maar hulle herken Hom nie, omdat SY woord nie meer lewend in hulle is nie. Die woord (meestal in vorm van die Bybel = opm. v.d. uitg.) word nog wel dapper gelees, maar die betekenis word nie verstaan nie. Daar het `n geestelike verstarring ingetree omdat die "bron van die lewende water" self deur die mense verstop is.
God erbarm Homself egter oor die mensdom en laat `n straal van die "lewende water" ontspring uit die rotse, (van die geloof) - HY laat strale van die lewende water uit die lendene vloei van hulle wat verlangend na SY verkwikkende drank vra, sy hart en oor open om SY Goddelike woord in ontvangs te neem. Daarmee word die belofte in die Heilige Skrif ook vervul, anders sou die woord van die Heer tydens SY verblyf op aarde ook gebrekkig en ongegrond gewees het, wanneer HY Homself nie meer sou openbaar nie en HY nie telkens weer in die Woord by die mense sou wees en onder hulle vertoef nie.
Die mens het dus nie die reg om God se werke as afgeslote te beskou nie, want doen hulle dit, dan openbaar hulle daarmee hullr onwetendheid en onbegrip oor die inhoud van die geskrewe woord. Want die talryke verwysings na die werke van die Goddelike Gees sou hulle daardeur tenietdoen en sodoende bevestig dat hy God se woord nie volgens sy betekenis verstaan nie. En bygevolg behoort hulle dan tot diegene wat dwaal, maar wat hulle dwaling nog selfs aan hulle medemense sal wil deurgee. Hulle sal dan nie die suiwer waarheid insien nie, en dit dan ook van hulle medemense weerhou.
Die Liefde van God is egter onbegrens en wil Haarself steeds weggee, maar sal daarom nooit minder word nie. Die Liefde van God is onuitputlik en God sal Homself steeds weer in SY liefde openbaar en liefde wil skenk. Daarom sal elke wese wat self in die liefde leef ook SY liefde mag ontvang, want God is die liefde en God is die woord. Wie dus na die liefde van God verlang, ontvang ook na SY woord, en hy sal die mag ontvang tot in alle ewigheid.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205