Boek 2 – Bertha Dudde - Die profetes van die eindtyd
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 8

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20.

VERSPREI MY WOORD
Bertha Dudde5976
15 Junie 1954
"Versprei MY woord in die wêreld" - so spreek EK eens tot MY dissipels en vervul hulle met MY Gees - sodat hulle MY en MY leer kon verkondig. Hulle het MY woord voortdurend in hulle gehoor en was daarom lewende verkondigers van die Goddelike ryk. Hulle kon nooit die amp beklee het as hulle nie deur MY Gees met MY in verbinding gestaan het nie, na Wie se stem hulle geluister het en Wie se leiding hulle gevolg het. Deur die woord het hulle MY herken en was hulle so van MY teenwoordigheid bewus. Wanneer EK dus in hierdie tyd van die einde weer die evangelie van die liefde aan die mense wil verkondig, dan moet dit weer op hierdie manier gebeur, dat EK weer dissipels vir MY sal kies wat MY stem in hulle kan hoor. Daarom moet hierdie dissipels van die eindtyd MY self in hulle laat aanwesig wees en moet MY tot hulle laat spreek deur die Gees. - Want dan spreek nie MY dissipels tot die mense nie, maar EK self spreek in MY Vaderliefde MY aardse kinders aan om hulle die verlossing te bring.
EK self spreek hulle aan om hulle nog vóór die einde tot `n ommekeer te beweeg, omdat hulle nie op die regte weg gaan nie en dan weer in die diepte sal verdwaal. Woorde van mense sou hierdie ommekeer nie meer tot stand kon bring nie, MY woord kan egter deurdring en in die mens `n geweldig beroering veroorsaak. Want MY woord is `n krag met ongekende uitwerking, as dit nie openlik weerstaan word nie.
Waar die moontlikheid dus bestaan dat EK self nog `n mens kan aanspreek, al is dit dan ook deur een van MY gekose werktuie, daar bestaan nog `n kans op sukses. Maar daarvoor is `n mens ook nodig wat met liefde vervul is, `n bemiddelaar wie se liefde elke weerstand kan oorwin. Ook EK kan slegs spreek deur `n mens wat van liefde vervul is, omdat die liefde van die mens MY teenwoordigheid moontlik maak.
MY eerste dissipels was vervul van liefde vir hulle medemense, en ook in hierdie eindtyd kies EK vir MY ware dissipels - omdat dit nodig is dat MY stem na die aarde weerklink as `n laaste vermaning en waarskuwing. EK wil nog eenmaal MY evangelie aan die mensdom verkondig om hulle voor die laaste oordeel te red, om hulle die verlossing te bring.
Derhalwe spreek die WOORD die mense aan en die WOORD is God self, want EK Self is die WOORD. As die WOORD dus vir u weerklink, is EK self by u, u hoor dan geen mens wat spreek nie, maar u hoor die Gees van ewigheid Wie u deur HAAR Mag en Liefde in die lewe geroep het, en Wie deur die WOORD steeds met u verbonde is.
En aan hierdie Liefdegees van ewigheid moet u wil toebehoort, want daarom lok EK u voortdurend met MY woord sodat u na MY kan luister, MY kan herken en uself onvoorwaardelik aan MY oorgee. EK het vir u, wie EK vanuit MY liefde geskape het, onbegrensde salighede berei wat u egter slegs sal kan verdra as u self in lig en krag wandel, waartoe MY woord u kan vorm. Daarom sal EK ook steeds en oral tot u spreek waar `n liefdevolle hart MY toelaat, waar MY Gees nie afgewys sal word as Hy Hom wil openbaar nie. Want oral waar die mens MY Liefde laat binnekom, sal ook MY Gees van ewigheid aanwesig wees, wat vir al MY skepsele geld vanaf die begin.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205