Boek 2 – Bertha Dudde - Die profetes van die eindtyd
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 2

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20.

BERTHA DUDDE - DIE PROFETES VAN DIE EINDTYD
`n Kommentaar van Irmgard Kuhlmann
Dit is nog nie so lang gelede dat `n brosjure in my hand geplaas was nie, waarvan die titel my verbaas laat staan het: "Bertha Dudde, die profetes van die eindtyd". As oortuigde leserin en uitlegster van die werke van Lorber het ek natuurlik aanvanklik so `n opskrif met die nodige skeptisisme gelees, want die waarskuwing uit die Nuwe Openbaring vir valse profete staan my blywend voor die gees, maar ook die gedeelte uit Die Groot Johannes Evangelie, Boek 7 Hoofstuk 54, 4 f, waarin die Heer ons oor die uitstorting van die goddelike Gees die volgende meedeel:
"...Al My woorde en leringe wat EK vanaf die ontstaan van die menslike geslag steeds deur die mond van die vaders uit die oertyd, die profete en sieners, en nou ook Ek Self, gegee het, sal in vele openbaringe as een deel, volgens hul innerlike geestelike sin - onthul word. Uit al die baie dele saam van onthullings van die innerlike geestelike sin van die woord van God, sal dan eers aan een ware en groot lig, en lewensleer vorm gegee word, en hierdie leer sal dan die groot en nuwe Jerusalem wees wat uit die hemele na die mense toe sal neerdaal...".
In stilte het ek al lank op die knegte en maagde gewag wat deur God Self aan ons beloof is, wat aan ons deur Lorber vir die teenwoordige tyd aangekondig was, want dat die Heer Sy volgelinge van die eindtyd nie alleen sonder Sy regstreekse woord sou laat nie, was vir my `n vanselfsprekende gedagte. Daarom het ek my op die betroubare belofte verlaat, naamlik dat die lam steeds die stem van sy Herder sal herken en begin sonder vooroordeel met die bestudering van die meer as 9000 bekendmakinge deur Bertha Dudde.
Tot my stomme verbasing stel ek vas dat die laaste bekendmakinge eers in die jaar 1965 plaasgevind het. (Bertha Dudde het gesterf op 18 September 1965 te Leverkusen).
Al na `n paar bladsye was ek oortuig dat hier alleen maar dieselfde Veroorsaker aan die werk kon gewees het, wie ook vir Jakob Lorber, Gottfried Mayerhofer, Leopold Engel en Johanna Ladner se skrywes gelei het en een ontsettende opwinding het haar van my Heer gemaak, want tot ons wat nou lewe, spreek die Heer regstreeks deur Bertha Dudde en sonder omweë.
Hier open sy nuwe oorweldigende aspekte wat ons houding teenoor die Heer regstreeks aangaan tydens die gebeure van die komende tyd. Hier spreek die Hemelse VADER sonder voorbehoud hulle aan wat deur die openbaringswerk van Lorber voorberei is, wat al weet, wat al vordering gemaak het. Hy spreek almal aan wat syne is, om Hom nie gedurende die tyd voor die groot gebeure los te laat nie, Hom nie te verloën nie, hulle nie toe te gee aan welke kwellinge hulle blootgestel sal word nie.
Baie is ongekend nuut in hierdie openbaringe, eerder gesê, baie word veel duideliker vertel as wat ons tot nou toe uit die werk van Lorber verneem het. By die lees daarvan het dit aanvanklik gelyk of daar teenstrydighede voorkom, daarom besluit ek om aan die werk te gaan om vir u, liewe geestesvriende, daaragter te kom of dit werklik oor teenstrydighede gaan of oor vervollediging van die Nuwe Openbaring, want steeds weer wys die VADER nadruklik op die uitermate noodsaaklike verspreiding van hierdie geskrifte.
Bertha Dudde het tydens haar lewe van die Lorber Uitgewers `n nie-ingekorte, volledige openbaarmaking van haar hele openbaringswerk verlang, waarvoor die Uitgewers, vanweë die reusagtige omvang van hierdie geskrifte, nie kon besluit nie. Maar ek dink dat `n kommentaar daarby geoorloof, ja noodsaaklik is, want dan kan iedere geestesvriend wat tog die dringende behoefte aan verder insig het, haar brosjures by die huidige uitgewer kry.
In vele bekendmakings word steeds en steeds weer dieselfde onderwerpe behandel, so dat baie Lorbervriende daaraan aanstoot geneem het en om hierdie rede afgesien het van `n verder bestudering van die geskrifte.
Uit eie ondervinding kan ek hierteen bring dat die mens nie die fout moet maak om vlugtig oor die vermeende bekende en vertroude heen te lees nie, want, versteek as kosbare pêrels, bevind daar in byna elke hoofstuk nuwe uitgangspunte en aanwysings, wat uit ons kennis van die Lorberwerk dit self volledig maak, leemtes opvul en help om onduidelikhede uit die weg te ruim: En ook hier geld die beginsel weer dat die mens haar kosbare geestelike goedere alleen kan verwerf, wanneer die mens moeite daarvoor doen. Die werk van Lorber moet steeds die grondslag bly tot die nuwe geestelike kennis, maar in die openbaringe deur Bertha Dudde roep die Heer ons op tot `n daaglikse samesyn met Homself. Hy hou tweegesprekke met ons en beantwoord al ons vrae wat met verloop van jare tydens die bestudering van die andere Nuwe Openbaringe, voorgekom het.
EK is daarvan oortuig dat die vele geestesvriende op dieselfde manier soos ek probleme het om op die gesprek met die Heer te konsentreer, omdat die daaglikse laste al ons krag verbruik; Ook daaraan het die VADER in Sy Goedheid gedink en Hy raai ons aan tydens die daaglikse lees van die geskrifte van Bertha Dudde om regstreeks met Hom in kontak te tree. Daarby beantwoord Hy alle vrae van die teenwoordige tyd en wat die alledaagse lewe aan ons stel.
Uit die werk van Jakob Lorber het ek nie so duidelik bewus geword van die tye van die aarde wat deur die Heer in verlossingsperiodes ingedeel was nie. Uit dit wat Hy ons deur Bertha Dudde in openlike woorde meedeel, tree hierdie feit duidelik op die voorgrond. Hierdie verlossingsperiode, waarin God Self in Jesus Christus na ons toe kom, is die belangrikste van die hele geskiedenis van die aarde en dit loop nou ten einde.
`n Aanwysing op die al te duidelike voortekens van die huidige tyd, kan ek myself seker bespaar. Maar die uitstorting van barmhartigheidsgawes gaan onophoudelik deur, soos aan ons verkondig is, tot aan die einde van hierdie tyd, anders sou ons aan die goddelike belofte moes begin twyfel het.
Deur Bertha Dudde stel die VADER sommige foute reg wat deur verstandelike denke ook in die bekendmaking van Lorber binnegesluip het. Vir elkeen wat die Lorberwerk sorgvuldig bestudeer het, moes dit hom opgeval het. Stellig wil die VADER ons daardeur aanspoor om beter na te dink deurdat Hy hierdie interpretasiefoute toelaat, maar steeds weer moet Hy ook, terwille van die menslike onvolmaaktheid, die na die aarde gestuurde waarheid van tyd tot tyd reinig. Reeds in "Geheime van die Skepping", gegee deur Gottfried Mayerhofer, word die volgende mededelinge van Jakob Lorber reggestel: In Boek 2, hoofstuk 229:4 van die Groot Johannes Evangelie, word die volgende oor die Wese van God gesê:
[4] Toe God eenmaal uit Homself vrye wesens wou skep wat aan Hom gelyk moes wees, moes Hy hulle ook voorsien van die strydende teenstellings wat Hy in Homself ewig in die natuurlike beste en suiwerste afgeweegde verhouding besit en moet besit, omdat Hy andersins nooit iets kon gedoen het nie.
Ook op vele andere plekke in Lorber se werk word gesê dat al hierdie teenstellings verenig in God aanwesig moet wees. Dit word deur die uitspraak, gegee deur Gottfried Mayerhofer weerspreek in "Geheime van die skepping" bls.91:
"...U sien dus dat EK nie die kwade skep nie, EK plaas nie die keersy van alle moontlike geestelike eienskappe in die wêreld volgens `n bepaalde orde nie, nee, hulle vorm hulleself, deur die enige groot hoofwet van My en My skepping, deur die groot woordvryheid. "
Ek vra dat u die hoofstuk in "Geheime van die Skepping" uitvoeriger nalees.
In die openbaring nr. 8909 deur Bertha Dudde, gegee op 10 Januarie 1965 in die hoofstuk "Lorber" gebruik die Heer hierdie bekendmaking deur Gottfried Mayerhofer as `n wys op foute, wat daar ook by Jakob Lorber ingesluip het. Daar staan:
"...En deur hierdie skryfkneg van My (Gottfried Mayerhofer in "Geheime van die Skepping" bls.91) - word aan u `n lig gegee. Omdat u uself in die laaste tydperk bevind, daarom gee EK u volledige duidelikheid, wat u sonder beswaar sal kan verbreed met die aanwysing, dat daar niks onveranderd bly sodra dit onder die mensdom kom, wat self nog nie volmaak is nie. En u sal hulle kan glo, dat ook dit – die werk (van Jakob Lorber) `n verandering ondergaan het en daarom nie meer suiwer bewaar gebly het nie.
Tewens was My kneg (Lorber) ook maar net `n mens wat homself kon vergis en dan gedwaal het, toe sy verstand slegs een probleem probeer oplos het, omdat My teenstander sy verstand toe kon beïnvloed het. Hy het weliswaar onder My beskerming gestaan, en hy het die wêreld waarlik kennis nagelaat, dat hy wel die grootste siener en profeet genoem kan word, maar sy vrye wil moes EK Hom laat, wat slegs die aanleiding was dat die teenstander tussenbeide kon kom, anders sou daar nie so `n duidelike teenspraak kon ontstaan nie, soos wat dit voorkom by die beskrywing van My Wese, dat alle teenstellings in My aanwesig sou wees.
Maar EK sal aan geen enkele ontvanger van My woord My beskerming weerhou nie, wat werklik worstel vir die korrekte insig, en wat steeds maar net die suiwer waarheid wil ken en dit wil uitbrei nie. En dit moet vir u voldoende wees en u versterk in die stryd teen die dwaling, want EK sal met u gaan en u ook nog die bewyse van u korrekte denke laat vind ".
Amen
Wanneer verstaan word dat selfs by Jakob Lorber tydens die deurgee (van kennisgewings) foute kon binnesluip het, sal die werk van Bertha Dudde seker veeleer as noodsaaklike regstelling van die Nuwe Openbaring aangeneem kan word. Maar bo alles as voortsetting van die gesprek tussen die Skepper en Sy kinders.
Voortsetting beteken egter ook "nuwe inligting" en nuwe inligting deur die Hemelse VADER Self moet steeds as `n sorgsame aanwysing opgeneem word op komende hard lykende maatreëls wat noodsaaklik sal wees vir die heil van die geestelike wat in die materie gekluister is.
Laat ons onsself betyds losmaak van die opvatting dat die wederkoms van Christus slegs op geestelike gebied sal afspeel, wat ook volledig moet geld vir die materie, want die "bokke" sal van die "skape" geskei moet word en hiervoor is een vernude, totaal gereinigde en nuut gevormde aarde noodsaaklik.
Vir u, liewe geestesvriende, sou ek nou graag `n kort aanwysing uit die Lorberwerk opsoek wat o.a. betrekking het op hierdie gebeure. Wat ons daaroor o.a. deur Bertha Dudde in maklik onthoubare en opvallende duidelikheid gesê word, moet u uself daarvan oortuig dat ons hierdie nuutste openbaring deur die Heer in geen geval mag geringskat nie, want deur Hom Self word ons die redding uit die komende nood getoon, want die ou materie (aarde) sal vergaan en ons almal moet ons op `n nuwe vorm voorberei om weer te kan voortlewe.
2de brief van Petrus, hoofstuk 3 vers 10:
"Die dag van die Heer sal kom soos `n dief, dan sal die hemele oplos met dawerende geweld, maar die elemente sal deur hitte smelt en die aarde met al haar werke wat daarop is, sal verbrand "
By J Lorber uit Groot Johannes Evangelie Boek 6 Hoofstuk 108:
"... En as die aantal suiwer en goeie mense soos in die tye van Noag sterk sal afneem, dan sal die aarde nogmaals geteister word deur `n algemene gerig, waarby nog die mense, nog die diere, nog die plante gespaar sal word. Dan sal die mense niks meer hê aan hulle vuur en doodspuwende wapens, aan hulle vestings en hulle ysterwaens, waarop hulle met die snelheid van `n afgeskiete pyl sal voortsnel; - want uit die lug sal `n vyand kom en alles vernietig wat steeds kwaad gedoen het. Dit sal werklik `n tyd wees van ware suiwering, soos destyds in die tempel.
(3) Wat EK onlangs in Jerusalem in die tempel met die geldwisselaars en duiwehandelaars gedoen het, dit sal EK dan op groot skaal doen op die hele aarde. EK sal alle handelshuise en geld wisselplekke vernietig deur die vyand, wat EK vanuit die verre lugruim na die aarde sal stuur as `n bliksemslag met baie geraas en gekraak; Waarlik, daarteen sal alle leërs van die aarde tevergeefs veg; maar die groot, onoorwinlike vyand sal My weinige vriende geen leed aandoen nie, hy sal hulle spaar vir `n heeltemal nuwe kweekplek, - waaruit nuwe en beter mense sal voortkom!"...
By B.Dudde in "Die ingryping van God" bls.31: Die nadering van `n ster.
...Maar ook dit het EK u al lank tevore gesê, - dat EK u `n "vyand uit die lug" sal stuur; Dit is `n natuurkatastrofe van die grootste moontlike omvang wat aan die definitiewe einde, dit is die totale omvorming van die aardoppervlak, u mense nog te wagte is en talloos baie offers sal kos...
bls; 32-34: Die natuurkatastrofe voor die einde:
...Die einde van hierdie aarde (by die totale omvorming) is onvermydelik, dus ook die einde van al die lewende skepsele op haar, - want geen skeppingswerke wat die aarde dra, sal bly bestaan nie. Mense en diere sal hulle lewe daarby verloor, behalwe die klein kudde wat weggeneem sal word.;."
By G.Mayerhofer in "Prediking van die Heer" bls:54:
..."So sal u sien hoe alles hulle volgens hierdie wette en periodes sal ontwikkel: Na die lentejare, die tyd van gisting, sal die somerjare tot volledige ryping met hulle storm en onweersbuie kom en dan volg die herfsjare, waarin EK as Maaier die kaf van die koring sal skei, die goeie sal EK in My geestelike hemel en in My geestelikte aarde opneem, die slegte sal egter in die vaste materie verban word (by B.Dudde "Neubannung" = hernude kluistering) van waaruit hulle vervolgens via `n lang weg (deur die materie) dit sal moet bereik, wat langs `n kort weg versmaad was ".
As mens die enorme volheid van die werk wat aan ons deur die VADER deur Bertha Dudde gegee is, ten volle wil benut, dan moet mens met geduld te werk gaan. Mens sou dit nie so doen soos `n pêrelvisser nie, wat `n groot berg mossels het wat voor hom lê en dan vasstel dat die een net so daar uitsien soos die ander en dat daar daarom ook geen pêrels daarin te vinde sal wees nie. Hy wil nie die moeite doen om elkeen apart te open nie, sodat hy die kosbaarhede kan ontdek.
In Boek 6 van net GJE, hfst 176 vers 10 spreek die Heer ons aan oor die sieners van die laaste tyd, wat Hy kort voor `n groot oordeel sal opwek, sodat hulle die sware inspanning sal moet lewer om die baie onsuiwer geworde leer te reinig:
In Hoofstuk 7916 van Bertha Dudde, ontvang op 11 Junie 1961 staan vermeld:
"..Maar nooit kan `n mens verstandelik so `n kennis bereik betreffende My regering en werksaamhede nie, wat My wese duidelik maak, wat vir alles `n rede gee, ook vir die komende gebeure, vir die omvorming van die aarde, vir die ommekeer wat homself geestelik en aards sal voltrek: So `n kennis kan u slegs van bo deur My Self toekom. Dit kan slegs deur die werksaamheid van die Gees na u toe gestuur word en daarom moet dit ook ingesien word as `n heel besondere barmhartigheid, wat nog in die laaste tyd aan u gegee sal word ".
"Die regte kennis, wat EK vir u in My Liefde aanbied, gee vir u uitsluitsel en duidelikheid, en daarvoor is daar waarlik geen toevoeging deur die mond van `n mens nodig nie, dit hoef geen verdere opheldering aan die verstand van die mens toe te voeg nie!".
Daarom, my vriende, beskou ek ook elke verdere woord van my kant af as oorbodig met die oog op die volheid van die goddelike barmhartigheidsbron wat regstreeks uit die hemel deur Jakob Lorber en Bertha Dudde aan ons gestuur is.
My nougesette studies se resultaat is: Die werk van Bertha Dudde vorm `n uitvoerige aanvulling tot die Lorberwerk, waarvoor die VADER ons eers nou waardig genoeg geag het, om die onvervalsde woord te kan verdra. Slegs die ryper volgelinge van die eindtyd sal die regstreekse inspraak van die Heer kan verdra.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205