Boek 2 – Bertha Dudde - Die profetes van die eindtyd
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 12

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20.

ONSELFSUGTIGE VERSPREIDING VAN DIE WOORD
Bertha Dudde 7734
30 Oktober 1960
As u uself wil wy aan die verspreiding van MY woord, dan mag slegs die liefde tot MY en u naaste die beweegrede wees wat u daartoe beweeg. U moet dan die opdrag vervul wat EK aan u toevertrou het, u moet probeer om die geestelike nood van u medemense te verlig, wat MY aanleiding kan gee om u met barmhartigheidsgawes te oorlaai sodat u dit kan uitdeel daar waar EK self nie in aksie kan kom nie.
Dit moet dus steeds die liefde wees wat u sal beweeg om vir MY en MY ryk te wil werk, dan sal die sukses ook nie wegbly nie, omdat die liefdadigheid `n krag is wat nooit sonder uitwerking sal bly nie. Weliswaar sal u vanweë die geestelike arbeid wat u sal verrig, uitgelag word deur u medemense wat geen geloof het nie, want vir hulle is dit onverstaanbaar dat iemand werk kan doen wat aan Hom geen materiële voordeel oplewer nie. Maar daaraan mag u uself nie steur nie, want hoe onselfsugtiger u vir MY werk, des te sekerder kan u van MY seën wees wat op elke onbaatsugtige werk sal rus wat in MY wingerd verrig word. Dan het u ook die waarde van MY barmhartigheidsgawe verstaan, wanneer u hulle sien as `n geestelike rykdom wat ook `n geestelik voordeel kan oplewer.
Dan eers is u bruikbare knegte vir MY, as u MY nie vir eie voordeel dien nie, wanneer u alleen MY voordeel wil vermeerder, wat bestaan uit die wen van siele vir die Hemelryk. Eenmaal moet u ook u liggaam aflê en u sal geen aardse besittings kan saamneem na MY ryk nie. Maar u kan ryklik geseënd na MY toe terugkeer, omdat die verwerfde geestelike goedere u sekerlik sal volg na die ewigheid. Dit is besittings wat nie deur hulle geag word nie, hulle wat die doel van die aardse lewe nie verstaan nie. Diesulkes het op aarde slegs aardse goedere verwerf en die loon wat hulle vir hulle dade en lewenswandel toekom, reeds ontvang. Maar hulle sal weinig hê om te sien by die "poort van die ewigheid", omdat hulle geen waarde geheg het aan geestelike goedere nie.
Maar vir u wat werksaam is vir MY en MY ryk, u mag geen ag slaan op aardse gewin nie en slegs die liefde moet aanleiding gee tot u arbeid. U moet om u heen kyk en die geestelike nood opmerk waarin die mensdom verkeer. U moet wil help omdat u kan insien hoe die mensdom die afgrond tegemoet gaan, u moet onverpoos werk, omdat sulke werk nodig is met die oog op die naderende einde.
Dan sal dit vir u duidelik word waarom u deur MY van die wêreld afgesonder en getrek was, as u oog alleen maar op u opdrag gerig is wat u moet vervul. U sal dan ook verstaan dat EK steeds opnuut getroue knegte wil werf wat aan hierdie arbeid wil deelneem en aan hulle medemense die evangelie van die liefde wil verkondig. Want die mense moet MY woord hoor wat EK steeds weer aan hulle deur u laat verkondig. U sal verstaan dat EK aan alle deure "aanklop", dat EK u vooruit stuur om MY, u God en Vader aan te kondig. Want EK wil Self kom en by alle mense MY intrek neem.
Self kan hulle MY nog nie hoor nie, daarom moet u vooruitgaan omdat EK hulle via u kan aanspreek. Dit is nodig dat hulle van MY kennis neem en van MY Liefde, wat hulle nog wil red vóór die einde sal kom. Daarom moet alles gedoen word om hulle te laat kennis neem dat EK deur MY Gees werk in die hart van elke mens wat van goeie wil is. U moet derhalwe onbaatsugtig en liefdevol oor MY en MY openbaringe praat, u moet hulle MY woord bring wat met MY krag geseën is. U mag nie moeg word om die geestelike nood van u medemense vir u aan te trek nie, terwyl u daartoe bydra dat MY woord versprei word. EK self sal die soekende mense na u toe bring en u die geleentheid gee om met hulle in kontak te kom, en elke arbeid wat u dan onbaatsugtig doen vir MY en MY ryk, sal EK seën.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205