|
Boek 37 - Verstand - Kennis – Insig BERTHA DUDDE
Hoofstuk 5
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22. |
|
|
KORREK GEBRUIKTE DENKARBEID - DIE WIL BD 3137 - 29 Mei 1944 Om die gawe van die verstand goed te gebruik is onvoorwaardelik nodig vir die hoëre ontwikkeling van die siel. Want daarvoor kry die mens die verstand, sodat hy alles wat om hom is en geskied, met sy gedagtes verwerk - en kan hy daardeur gevolgtrekkings maak, wat hom nou bewustelik in homself die ewig goddelike laat soek. Deur die verstand moet die vrye wil werksaam word, want om iets te wil, sal die mens eers dan doen, as sy verstand hom die nut van wat hy wil voor oë gestel het, sodoende sal die wil altyd eers die gevolg van die denke wees. En om die verstand nou reg te gebruik, dit wil sê, die goeie te wil en die bose te verafsku, moet die ontwikkeling van die siel onherroeplik bevorder. Daar kan van `n goeie gebruikmaak van die verstand nie gespreek word as dit die mens aanhits tot slegte handelinge nie; dan word die gee van die verstand misbruik. Die mens kan deur na te dink en sy verstand ernstig te gebruik, baie maklik insien dat `n wyse Skeppingskrag aan die werk is, wat alles om hom heen laat ontstaan - en dat hierdie Skeppingskrag ook verder alle skepsele versorg. En as die mens eenmaal so ver gekom het, dan kan die verstand ook die wil daartoe bring om homself met hierdie Skeppingskrag in verbinding te stel. Want hy moet homself as `n selfstandig denkende wese, dus as Sy skepsel sien en derhalwe die Skepper netsoos `n denkende Wese, in hoogste volmaaktheid erken, en die bewussyn is voldoende om nou `n verbinding met die Skepper tot stand te bring. Dit is `n resultaat van die denke, wat elke mens kan bereik as hy sy verstand gebruik om nader aan die waarheid te kom, wat desondanks sy denkarbeid reg gelei word, dit dus die werk van hierdie Skepper is, sodra die mens bewustelik die verbinding met Hom tot stand gebring het. Dog is die verstand vir die mens daartoe gegee om, tot by daardie oomblik waar hy homself verbind het, selfwerksaam te wees. Die verstand is dus by die wil toegevoeg, sodat dit die korrekte rigting kan voer tot die doel, naamlik die verbinding met God. Die voorwaarde is slegs, dat die mens innerlik die goeie wil doen, dan sal sy denkarbeid hom onherroeplik tot die doel voer. Die verstand moet dus gebruik word, sodat die wil aktief word, om die verbinding met God bewustelik tot stand te bring. Maar eers moet hierdie wil vir God gekies het, aangesien die denkaktiwiteit andersins nie goed tot nut gemaak word nie, deurdat die mens al die ernstige nadenke agterweë laat, en slegs verstandelik die voor en nadele oorweeg van dit wat hom omgewe en wat daar geskied. Hy benut dan die gawe van die denke nie korrek nie en ook sal die resultaat daarmee in ooreenstemming wees. Hy sal nooit tot die doel kom nie, maar gedurig twyfel of dwaal, want na gelang van sy wil, word hy beïnvloed deur goeie of bose kragte. Die verstand kan, as dit ernstig gebruik word, selfs `n slegte wil tot `n ander mening bring, en dit is ook sy opdrag. Daarom is die mens ook self verantwoordbaar wanneer hy die gawe van die verstand misbruik, wanneer hy die gawe nie gebruik vir die eintlike doel nie, naamlik om nader aan die waarheid te kom, wat God diegene nie weerhou wat ernstig deur ywerige denkarbeid daarna strewe nie. Met die goeie wil sal hy die grootste resultaat bekom en met ernstige nadenke sal hy ook sy wil oorreed om dieselfde doel na te strewe. AMEN
|
|
|
|
|