Boek 37 - Verstand - Kennis – Insig
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 11

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22.

AARDSE GRENSE KAN OP GEESTELIKE WYSE OORSKRY WORD
B.D.6633 - 1 September 1956
Van My kant af is daar nie grense gestel aan u mense, wat u vir uself indink nie. U is nie in die mate beperk soos wat u dit self dink nie, want u sal op geestelike wyse steeds kan bereik wat vir u onbereikbaar voorkom. Maar hierdie geestelike weg moet u in vrye wil bewandel, dit is gesluit vir hulle wat hierdie wil nie kan opbring om hulleself geestelik met My in verbinding te stel nie.
Dus is hulle beperk, sowel in hulle kennis as ook in die krag, maar hulle is nie van My uit so geskape nie, veeleer het hulle hulleself in hierdie toestand gebring, wat sodoende ook `n toestand van beperktheid is.
Nooit moet `n mens die woorde uitspreek : "Niemand kan dit ken nie" - of, "Dit sal `n mens nooit kan deurgrond nie" - want hierdie woorde bewys slegs dat hy nog geen noue verbinding met My tot stand gebring het nie. Hy laat sien dat sy geestestoestand nog laag is en dat hy self nog niks gedoen het om tot die lig - tot insig te kom nie. Solank die mens nog in sondigheid op aarde leef, dit wil sê, solank hy nog nie deur Jesus Christus verlos is van die oersonde wat hom die duisternis van die geeste besorg nie; kan dit ook nie lig in hom word nie.
Het die verlossing deur Jesus Christus dit egter voorafgegaan, dan is ook die werksaamheid van My Gees in die mens moontlik - en dan val alle grense weg.
Dan gee My Gees hom die kennis, wat sy verstand alleen hom nie kan besorg nie. Maar hy kan ook groter dinge presteer as sy ongeestelike medemens, wat nog nie geestelik gerig is nie. Hy kan ook `n oorvloed van krag besit en weer, in stryd met die menslike natuurlike bekwaamheid, dinge volbring wat netso bewys, dat die grense oorskry kan word.
Dog slegs weinig mense verskaf hulleself lig en krag op geestelike wyse, slegs weinig mense oorskry die natuurlike grense - hoewel alle mense dit sou kan doen. Want die begrensde toestand is slegs die toestand van onvolmaaktheid, wat egter te alle tye deur die mens verander sou kan word as hulle daartoe bereid sou wees.
Dat daar nou so min ware kennis op aarde te vinde is, dat die mense so heeltemal oortuig is van die beperktheid van hulle kennis en van die beperktheid van hulle krag, laat slegs weer die graad van hulle onvolmaaktheid sien. - Het Ek nie gesê: "Word volmaak soos u Vader in die Hemel volmaak is?". Dus kan u dit ook doen en u sou dan ook, net soos u Vader in die Hemel, alle kennis en alles kan volbring.
Reeds hierdie woorde moes u aangespoor het om na volmaaktheid te strewe, en dan sou daar vir u geen toestand van beperktheid meer wees nie. So twyfel u mense egter nog aan die waarheid van dit, wat diegene sê wat die grense oorskry het, wat die geestelike weg opgaan en met My so 'n innige verbinding tot stand gebring het, sodat Ek self vir hulle die kennis kan ontsluit wat die dinge betref wat buite die aardse lê, wat u verstand net nie kan deurgrond, solank u nog nie vry is van die oerskuld nie, wat `n werksaamheid van die gees onmoontlik maak.
Dus moet die verlossingswerk eers aan u volbring word. Die skuld wat u gees eens verduister het, moet gedelg wees, dan kan dit ook weer lig in u word en dan is daar ook geen begrensing meer vir u nie, want hierdie grens was deur die skuld van die oersonde getrek. Dit kan egter te alle tye verwyder word, sodra die oerskuld nie meer bestaan nie; sodra dit gedelg word deur Jesus Christus, sodra die mens dus deur My Gees verlig kan word en die verhouding herstel is waarin hy in die allereerste begin tot My gestaan het.
Dat die mense geen kennis daarvan het nie, toon hulle toestand aan. Dit laat blyk dat hulle nog nie van hulle oerskuld verlos is nie. Dit bewys ook die dooie geloof waarin die mense lewe en hulleself tog as Christen uitgee wat die mond vol het van My Naam en wat tog heeltemal blind in hulle gees deur die aardse lewe gaan.
En dit is moeilik om sulke mense tot `n lewende geloof te bring in die krag van die gees, wat homself wil openbaar en homself tog maar in weinig mense kan openbaar. Dit is daarom so moeilik, omdat die mense die liefde nie in homself laat ontvlam nie, en daarom ook nie My groot Liefde kan begryp wat in die mens Jesus die werk van verlossing volbring het nie. En solank die verlossingswerk nie heeltemal bewustelik benut word nie, bly die mens in die duisternis en die grense kan dan nie deur hulle oorskry word nie.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205