Boek 37 - Verstand - Kennis – Insig
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 19

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22.

"EK SAL DIE VERSTAND VAN DIE VERSTANDIGES VERWERP". DIE VERANTWOORDELIKHEID VAN DIE LEERKRAGTE
B.D.8069 - 26 Desember 1961
U kan alleen die amp van leraar goed uitoefen, as u self die regte leerstof besit wat volgens die waarheid is. En juis hierdie leerstof sou u aan `n ernstige ondersoek moet onderwerp, as u u medemens wil onderrig. Want alleen dit wat van My as suiwer waarheid uitgegaan het, is tot seën.
Die ondersoek word egter meestal nagelaat. Die mense neem dit wat hulle vertel word ,as waarheid aan met `n vanselfsprekendheid en sonder bedenkinge. Hulle sorg ook nog vir die verbreiding daarvan, sonder om die oorsprong vas te stel, sonder om dieselfde vaste oortuiging toegedaan te wees, dat hulle die waarheid ontvang het.
Die amp van `n leraar is egter `n verantwoordelike amp, want die leraar kan groot seën besorg maar ook vergiftigend op die menseharte inwerk, aangesien slegs die waarheid die siel tot heil strek, terwyl die dwaling `n ware vergiftiging vir haar is. En elkeen wat self wil onderrig, kan aan homself duidelikheid verskaf of hy die suiwer waarheid uitdra al dan nie, wanneer hy maar van ernstige wil is om daarvoor in te staan en hy My self om ondersteuning vra - dat Ek sy denke verlig en hom nie laat verdwaal nie.
Hy sal My bystand verseker ondervind en Ek sal hom die waarheid binnelei. Want Ek het u die belofte gegee en dit sal vervul word, omdat My Woord waarheid is. En in die waarheid moet u wandel, omdat u dan met My gaan, terwyl dwaling u steeds weer die begeleiding van My teenstander oplewer, wat u maar net skade wil berokken en daarom verhinder dat u tot die lig van die waarheid kom. Daarom het elkeen wat onderrig, `n groot verantwoordelikheid, sodat hy dit wat nie volgens die waarheid is nie, nie verbrei nie. En u mense dink om `n waarheidsgetroue kennis vir u deur studie te verwerf, u glo om verstandelik tot geestelik kennis te kom en u waardeer maar net die mens wat dus `n ryk verstandelike kennis opgeneem het en u is bereid om hierdie kennis ook as waarheid te aanvaar. Ek sal egter die "verstand van die verstandiges" verwerp en die "wysheid van die wyses" tot niet maak.
Begryp u nou die sin van hierdie woorde? Nooit sal u in die besit kom van die suiwer waarheid, as u nie tot My self kom en van My die waarheid verlang nie. Want Ek het Myself voorbehou om u die waarheid binne te lei, omdat alleen Ek weet wie in staat is om haar op te neem; wie die geestelike rypheid besit om ook die waarheid as sodanig te herken. En hierdie geestelike rypheid is weer afhanklik van die ernstige wil van die mens - om binne My Wil te lewe.
Die verbinding met My in gees en in waarheid moet eers tot stand gebring word, sodat die stroom van My Liefde kan binnevloei in die mens. En hierdie liefdestroom is die toevoer van My Woord van die waarheid, in die vorm van gedagtes of deur die hoorbaar oorgebringde woord. Dan sal die mens egter vas en verseker in die waarheid wandel, sy denke sal waar wees, en hy sal nie hoef te vrees om `n prooi te word van die dwaling nie, want die innige verbinding met My en die verlange na die waarheid sal hom daarteen behoed.
Maar waar is so 'n verlange te vinde onder hulle wat onderrig gee, wat glo om die waarheid te besit en nog nie die geestelike verband begryp het nie, wat nie weet welke voorwaardes vervul moet word om die toevoer van My kant af van die waarheid waardig te word nie? Op onverskillige wyse word geestelike lering volgens tradisie aangeneem en onderrig, en weer neem die mense dit aan sonder om na te dink en raak so in `n geestelike duisternis, of hulle vind nie hulle weg uit die geestelike duisternis waarin hulle vertoef nie. Want `n valse leer kan geen lig bring nie, slegs die duisternis word nog dieper en die siele bevind hulleself in geestelike nood, omdat hulle lig nodig het om die korrekte weg te gaan wat omhoog voer.
En dit alles moet ook aan u mense die dringendheid van My openbaringe duidelik maak, want die tyd is nog maar kort. En as die mense die korrekte weg wil vind en gaan, dan is lig nodig wat die weg vir hulle sal verlig. Lig kan egter slegs van bo kom, en elkeen wat `n leraarsamp uitoefen, moes homself eers met die Lig van die Ewigheid in verbinding stel, om self deur die Lig deurstraal te word, en waarlik, as die waarheid by die mense veld sou gewen het, sou die geestelike nood nie so groot gewees het nie. En wat van My kant nog gedoen kan word, sal waarlik gebeur, want slegs die waarheid maak vry, slegs die waarheid bring die mense terug na My toe, en slegs deur die waarheid kan u mense weer salig word.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205