Boek 37 - Verstand - Kennis – Insig
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 20

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22.

DIE LIG VAN INSIG DEUR DIE AANSPREKING VAN GOD
B.D.7813 - 1 Februarie 1961
Begryp dit, dat u in die lig wandel wanneer Ek u self onderrig. Dan is u op die weg wat terugvoer na My, as u My Self geleentheid gee om u aan te spreek - hetsy regstreeks of ook wel deur My bodes, wat My Woord vir u bring. Dan wyk die duisternis van u. Daar word kennis vir u ontsluit, u kom weer tot kennis van uself en u word weer op hoogte van u oorsprong, u verval en u doel gebring, u is nie meer geestelik blind - soos wat u dit geword het deur u afval van My nie.
U het uself van My as die ewige Lig losgemaak en moes daarom ook sonder lig wees. Eerstens was alle bewussyn van u weggeneem en in die diepste nag het u u bestaan deurgebring, gebonde in die skeppings van die aarde deur My Wil, maar slegs, sodat u aan die invloed van My teenstander onttrek kon word.
Maar u het nie lig besit nie. En ook in die stadium as mens, is u nog solank duister van gees, tot u aan self My die moontlikheid gee om weer lig in u te laat binnestraal. Dit geskied wanneer u My tot u laat spreek. Dan verander die liglose toestand langsaam in `n toestand van helder insig. En dan kan u gelukkig wees, want dit is `n teken dat u uself op die weg terug tot in u Vaderhuis bevind, dat u doel nie ver meer is nie en dat u dit ook verseker sal bereik.
Die mens op aarde merk nie sy liglose staat nie, omdat hy genoegdoening neem met allerlei skynligte, wat egter geen ligsterkte het nie en nie die innerlike van die mens verlig nie. Maar die tyd op aarde is aan hom gegee sodat hy die donkerte kan verdryf, sodat hy na die lig sal streef, om die duisternis van gees te oorwin, sodat hy tot insig kom. En Ek is te alle tye bereid om `n lig in u te ontsteek, vooropgestel dat u tot die lig van die insig wil kom. En so 'n lig is My direkte aanspreking wat in u weerklink, as u dit maar verlang om verlig te word.
Dan begin u egter ook te lewe, `n geestelike lewe te lei, wat ewig nie meer sal ophou nie, wat u gelukkig sal maak en u weer tot die wese maak wat u was in die allereerste begin. Want sodra u 'n lig besit, gaan u ook die korrekte weg - en dit lei omhoog - terug in u Vaderhuis. Die liglose staat is die ergste vir `n geestelike wese, omdat hy homself nie meer herken nie en omdat hy My ook nie as sy Vader herken nie en daarom nie na My strewe nie - maar ewighede in `n liglose toestand kan bly.
Ek probeer egter steeds weer om `n ligstraal in die hart van die mens te stuur, dit ontbrand en die hart van binne verlig, dit wil sê, Ek lei steeds weer die gedagtes van die mens só - dat hy sy God sal soek en lig begeer, dat hy My sou wil ken in sy eie verhouding tot My. Dan ontsteek Ek vir hom ook `n lig en ontsluit vir hom die regte kennis, wat hom gelukkig sal maak en hom `n verlange sal gee om nog meer te weet.
En as die duisternis van gees eendag deurbreek word, dan tree hy uit die nag na buite in die helderste oggend en die Son van die Gees sal vir hom skyn en sy weg verlig. Hy sal My onherroeplik vind en weer aan My Wil behoort. Hy sal homself weer onherroeplik met My verbind en in die vereniging met My in lig en krag en vryheid, salig wees soos eens.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205