Boek 37 - Verstand - Kennis – Insig
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 13

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22.

DIE KENNIS WORD GEGEE VOLGENS DIE RYPHEID VAN DIE SIEL
B.D.8474 - 21 April 1963
Vir u mense sal die kennis wat u nodig sal hê vir die rypwording van u siel, steeds ontsluit word. Want u leef in die tyd van die einde en u is in groot gevaar om verlore te gaan, as u geen opheldering ontvang oor welke verantwoording u te dra het teenoor uself, dit wil sê, teenoor die onverganklike in u nie – naamlik teenoor u siel. In hierdie eindtyd leef u mense roekeloos verder, omdat u maar net ag slaan op wat vir die liggaam, wat vergaan, van nut is - egter nie op die onverganklike in u nie.
U is ook ongevoelig teenoor al die geestelike onderrig, sowel van die kant van kerklike organisasies as van die kant van hulle wat geestelik strewe en daarom in kontak staan met die geestelike Ryk, wat nie van hierdie wêreld is nie. U glo hulle nie en u is daarom ook nie ontvanklik vir goddelike openbaringe nie; wanneer dit aan u vertel word deur mense wat as knegte werk in die wingerd van die Heer nie. U het egter dringend hulp nodig in die verstokte toestand van u siel, u het `n waarheidsgetroue opheldering nodig oor uself, oor die sin en die doel van u bestaan en oor u eintlike aardse opdrag. U het hierdie opheldering nodig, omdat daar vir u nog maar weinig tyd oorbly tot die einde. En u word van die kant van God af ook waarlik in ag geneem, want alles wat vir die heil van u siel nodig is, word vir u gegee, solank u uself nie afsluit wanneer God se barmhartigheid u duidelik toestroom nie.
Sulke geestelike kennis mag nie vir u maar net wêreldse kennis bly, wat u weer in wêreldse sin benut nie. Dit moet enkel en alleen voeding word vir u siel, sodat sy haarself kan voltooi en haar doel in die aardse lewe kan bereik; om haarself ewig by God aan te sluit, waarvan die Ewige Lewe in saligheid ook afhanklik is. En steeds moet u daaroor bid, dat u korrek insien wat u siel tot heil strek en waarlik, so 'n versoek sal u ingewillig word. Want sodra u die geestelike welsyn as baie dringend beskou, word u ook op elke wyse bystand verleen, sodat u uself ook by toenemende rypheid afwend van die wêreld - en geen ag slaan op haar eise nie.
En daarvan kan u verseker wees, dat `n mens wat ernstig na die geestelike streef, ook self tot `n helder denke kom, omdat die gees homself in hom kan uiter, sodra hy maar leef volgens God se Wil, wat ook aan elke mens uiteengesit word. Want elke mens word die geleentheid gebied om die woord van God te hoor, ongeag of dit regstreeks geskied deur Sy aanbieding, of op tradisionele wyse in die kerke. Die gebooie van die liefde sal aan hom onderrig word en as hy dit opvolg, dan sal sy denke ook helder word en hy sal toeneem in kennis, omdat ook hy die direkte openbaring deur sy hart mag opneem in die vorm van gedagtes, wat nou van die kant van die ligwêreld aan hom gestuur word. En die ligwesens ken, aangesien hulle slegs God se Wil uitvoer, ook die toestand van die siel van die mens wat aan hulle toevertrou word en dus ken hulle ook wat sy nodig het vir haar sieleheil - en sy sal dit verseker ook ontvang. Want, wat die siel verlang, word haar ook aangebied.
Maar wat die verstand aan kennis begeer, behoort nie tot die voedsel vir die siel nie, maar sal altyd net bevorderlik wees vir die verstand wat dit dan aards gerig uitbuit, maar egter geen besonderse gewin vir die siel beteken nie. U moet daarom tevrede wees met die geestelike goed wat u gegee word, maar egter nie vra vir kennis wat tot nou toe nog nie vir u gestuur is nie, wat slegs suiwer verstandelike kennis bly, solank u nog nie so ver vergeestelik is, sodat u gees self kan binnedring nie. Dat niks meer dan vir u onbekend sal wees nie, omdat uself, dit wil sê, u gees, alles deurdring en ook uself opheldering gee, omdat die kennis dan geen gevaar meer vir u siel sal wees nie.
Leef slegs `n lewe in liefde, dan sal u skielik in helder lig geplaas word by u binnegaan in die ryk hierna - en daar sal vir u dan geen onopgeloste probleme meer wees nie. En probeer voor alles self die sielerypheid te verkry wat `n werk van die goddelike gees in u toelaat. Dan eers het u die graad van voleinding bereik, sodat u oor alles opheldering sal ontvang. Dog is so 'n graad van rypheid eerstens `n voorwaarde, sodat kennis vir u ontsluit kan word oor die diepste skeppingsgeheime en sal sulke kennis ook op die korrekte wyse deur u gebruik word.
Solank hierdie sielerypheid egter ontbreek, kan slegs van weetgierigheid, maar nie van `n verlange na geestelike insigte gespreek word nie, wat u die Wese van u God en Skepper onthul en die liefde tot Hom laat ontbrand. Wie ernstig streef na die geestelike, kan ook vir homself opheldering verskaf, omdat sy gedagtegang gelei word deur kenniskragte en die gedagtes sal steeds duideliker word, hoe meer hy in God se Wil binnegaan en homself heeltemal plaas onder Sy Wil. Dan hoef hy slegs vir Hom om opheldering te vra en hy sal dit ontvang as dit vir sy voleindiging nuttig is.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205