Boek 37 - Verstand - Kennis – Insig
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 10

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22.

DIE HOUDING VAN DIE VERSTANDSMENSE TEENOOR DIE GEE VAN DIE GEES.
B.D.5745 - 25 Augustus 1953
Daar sal steeds mense wees wat moeilik te wen is vir My en My leer, omdat hulle hulle al te veel beroep op hulle verstand, maar hulle hart weinig laat spreek wat My vroeër kan herken as die verstand. Want deur die verstand trag My teenstander om homself te laat hoor, terwyl die hart My sal verneem. Ek is ook wel te herken met die verstand, maar altyd eers dan as die hart My al herken het. Van geestesgawes ken `n verstandsmens niks, vermoëns wat die mens in homself kan ontwikkel, wat egter nie gegrondves kan word op ons organiese natuur nie. `n Verstandsmens bewandel `n ander weg as `n mens wie se gees ontwaak het, en omdat beide verskillende weë gaan is hulle doeleindes ook verskillend; lighelder is die een, duister en onheilspellend is die ander doel.
Wanneer mense die waarheid soek deur middel van hulle verstand, trek hulle self grense, omdat hulle verstand begrens is, terwyl die gees oor alle grense kan vlieg en elke gebied vir hom ontsluit. En so kan `n mens, wat slegs louter verstandelik navors, maar wie se gees nog nie gewek is nie, homself nooit wetend noem nie. En dat hy kennis wat deur die werking van die Gees verwerf is, nie sal herken nie, dit bewys die onvolmaaktheid van sy verstandelike kennis.
Dog duld Ek hom en sy geestelike swakheid, omdat hy dan eers onderrig kan word, as hy insien dat die laaste kennis tog vir hom afgeslote bly, as hy besef hoe weinig hy met sy verstandelike kennis kan doen, wat hom ten slotte tog onbevredig laat en wat hy nie kan vergroot nie, al dink hy hoe ywerig na.
Want die kennis moet na hom toe gestuur word, maar nie deur mense nie, maar deur My, Sy God. Hy moet My daarom vra, dan eers neem hy toe in kennis, in lig. Dan eers neem hy wysheid in ontvangs en nie slegs wêreldse kennis wat ontoereikend is nie.
Hy moet leeg word, om gevul te kan word, hy moet homself vry maak van wêreldse kennis, om geestelike kennis in ontvangs te kan neem, hy moet die lig soek om dit te kan vind. Dan eers sal My leer hom bewys vanwaar hy kom, dan eers sal hy strewe na My Ryk en dan eers sal My Gees kan werk en kennis vir hom oordra wat deur die hart en verstand aangeneem kan word, omdat dit van My uitgegaan het.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205