Boek 37 - Verstand - Kennis – Insig
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 3

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22.

WEETGIERIGHEID - ONBEGRENSDE KENNIS
4705 - 5 Augustus 1949
Die gebied van die kennis is onbegrens. En al glo u ook om volledig deur My onderrig te wees, dan is dit tog slegs minimale kennis, ofskoon dit voldoende is om weer nuwe medemense te onderrig en hulle `n sprankie insig te gee. Dog deurlopend kan u nuwe kennis in ontvangs neem, op alle gebiede sou u steeds weer iets nuuts ten deel kan val. Steeds weer sou u u kennis kan vergroot en aan die vrae en antwoorde sou geen einde kom nie. Maar dit lê by uself hoe diep u wil grawe in die Bron van Wysheid. Wie wysheid begeer, hy sal steeds sy verlange vervul en daarom word u, wat vir `n onderrig-amp opgelei word, steeds weer aangespoor deur debatte van geestelike aard, sodat u uself kan uitspreek en daarby die tekorte in u kennis ontdek, om in u `n weetgierigheid op te wek wat nou gestil kan word.
Steeds weer sê Ek aan u, dat u `n antwoord sal ontvang op elke vraag. Steeds weer nooi Ek u uit om vrae te stel om u dors na kennis te stimuleer. En steeds weer gee Ek u geleentheid tot `n lewendige denkende aktiwiteit, om u steeds weer te kan onderrig volgens die maat van u wil. Maar beskou u kennis nie as afgesluit nie, glo nie dat u reeds in die besit is van alles wat daar te ken is nie. Want die gebied waar u siel nog kan deurgaan, is eindeloos, as sy die wil daartoe het. Dog wat u deur My gegee word, is ook volledig toereikend om die medemens weer te beweeg om aan `n God van Liefde, Wysheid en Almag te glo. En wie die kennis aanneem, kan homself reeds onuitspreeklik ryk noem, want dit is die waarheid. En `n greintjie suiwerste waarheid weeg op teen `n enorme hoeveelheid kennis wat met dwaling vermeng is, wat die gees in die mens eerder kan verduister as verlig.
Ek wil dat u vra, om u ook te kan antwoord. Ek wil dat u aktief deelneem aan gesprekke van geestelike aard, dat u nie alleen met die ore opneem nie, maar met die hart en verstand meelewe. Die suiwer waarheid is onskatbare geestelike goedere, wat die naam "kennis" verdien. Slegs die suiwer waarheid is verhelderend, terwyl met dwaling vermengde leerstellinge steeds leemtes ooplaat, of begrippe is wat vir die mens onbegryplik of ongeloofwaardig is; as hy ernstig begeer om wetend te word. Die korrekte kennis gee egter oral opheldering, omdat dit deur My - die Gewer van waarheid aangebied word. Die korrekte kennis laat egter ook steeds weer vrae ontstaan, dit wil sê, dit sal steeds opnuut aanspoor om te vra, sodat dit vergroot sal word en die verlange om nog meer te weet, vanself in die mens sal ontwaak.
Meer uitgebreide kennis stel die innerlike verlange daarna voorop, en daarom is elke nadenkende vraende mens, wat deur My onderrig wil word, vir My welkom. En al spreek hy die vraag nie uit nie, tog gee Ek hom antwoord deur My werktuig, wat Ek as kontakpersoon tussen hom en My gebruik om My te openbaar. So kan u mense `n omvangryke kennis in ontvangs neem. Daar hoef vir u geen duister gebied te wees as u maar ernstig na die waarheid soek nie, en met My, deur middel van gedagtes, in verbinding tree. Maar Ek verlang volledige opmerksaamheid, aangesien u nie andersins in staat sal wees om My te hoor nie; omdat Ek u die antwoord andersins ook nie sal gee nie, ofskoon u `n vraag gestel het, as u sonder `n ernstige verlange vir die antwoord is; wat u laat sien deur gedagtes wat waarlik nie vir My verborge is nie.
"Bid en vir u sal gegee word, klop en vir u sal oopgemaak word, soek en u sal vind!" Ek stel as voorwaarde `n ernstige soeke, `n vraag as gedagte gestel en `n verwagting op `n antwoord van My; `n innerlike luister of die aanhoor van `n tussenpersoon. Dan egter word u onderrig, u sal `n kennis kan ontvang wat onbegrens is en heeltemal volgens die waarheid.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205