Boek 37 - Verstand - Kennis – Insig
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 22

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22.

DIE LIEFDE EN DIE VERLOSSING DEUR JESUS CHRISTUS ONTSLUIT DIE KENNIS OOR ALLE DINGE
B.D. 9017 - 17 Julie 1965
Dit is vir u mense van die grootste belang om te weet welke groot betekenis die aardse lewe vir uself het, welke opdrag elkeen van u het, dat u die kort tydjie, wat u nog op aarde vertoef, goed sal gebruik, want daarvoor moet u uself eens verantwoord. U heg dan nie te veel betekenis aan die kennis van dinge wat nog nie aan die orde is nie, want daaroor sal u kennis verkry op die oomblik, wanneer u graad van liefde eers die hoogte bereik het, wat u oor alles `n korrekte kennis waarborg. En so moet u steeds maar die graad van liefde sien verhoog, sodat die helderste insig u kan omvou by u binnegaan in die hiernamaals.
Dan sal u ook die ontwikkelingsgang van die skepping kan nagaan, want dan is daar vir u geen wet meer van ruimte en tyd nie. U sal alles kan nagaan wat ooit terwille van die terugkeer van My skepsele geskied het. U sal dan egter ook die hele sin en die doel van al My skeppings ken en niks sal meer vir u verborge wees nie. Dan sal u ook weet dat die mees belangrikste vir u mense was dat Ek Self na die aarde neergedaal het om in die gestalte van die mens Jesus vir u die werk van erbarming te volbring, waarsonder al u kennis waardeloos sou gewees het, want u sou dan vir ewig verlore gewees het; of u nou alles sou geweet het of nie. Want dit is slegs nodig vir u om op hoogte te wees van My neerdaling na die aarde, van My Kruisweg en die Soenoffer vir u - om vry te raak van die groot oerskuld, om welke rede Ek die hele skepping laat ontstaan het.
En as u nou hierdie verlossingsgedagte op aarde beskou met alle innigheid, sal u u weg na My in Jesus gaan, dan word die groot oerskuld ook vir u kwytgeskeld en My skeppingswerk sal u ook helder en duidelik voor oë staan. Wat nog vir u as mens raaiselagtig is, sal op `n heel wonderbaarlike wyse opgelos word. Ek verlang slegs die innige verbinding met My, om u dan weer met die aanstraling van My Liefde gelukkig te kan maak, wat ook algehele opheldering waarborg oor alle vrae - al gaan dit nog so ver terug in die verlede. Want niks in My skepping is sonder sin en doel nie. U kan egter nie altyd die sin en die doel ken nie - in die besonder as dit gaan om skeppings wat vir u onbegryplik is, omdat u nie hulle eintlike bestemming ken nie. Dat elke skeppingswerk egter `n bepaalde bedoeling het, aangesien dit andersins nie deur My geskape sou gewees het nie – moet vir u ook duidelik wees. Slegs van die taak van elke afsonderlike skeppingswerk, is u nie op die hoogte nie, maar eens sal dit vir u heeltemal duidelik wees.
Daarom, probeer allereers u ware kennis oor die groot Werk van Erbarming, wat Ek Self in die mens Jesus volbring het, u eie te maak en probeer uself deelagtig te maak aan die barmhartigheidskat wat Ek as die mens Jesus vir u verwerf het. U sal dan verseker `n heelwat dieper kykie mag neem in al die geheime wat My skepping nog vir u in homself berg, as wat u deur suiwer kennis oor al My skeppings kan verkry. Want slegs van u oerskuld moet u vry wees om alles dan ook helder en duidelik te kan insien, om u terugblikkend in al die skeppings te kan verplaas – wat wel vir u in `n toestand van volmaaktheid moontlik is, dog slegs om u insig in die bedoeling van elke uiterlike vorm te verdiep.
En u sal al die skeppings oorgelukkig aanskou wat u behulpsaam was om u positiewe ontwikkeling te bevorder. En eens sal dit vir u ook duidelik wees dat elke skeppingswerk altyd net getuig van My oneindige Liefde vir die gevalle geestelike, omdat slegs Ek weet in welke uiterlike vorm die siel tot rypheid kan kom. Eenmaal sal u dit ook kan begryp en daarom moet u u bes op aarde doen om vir u `n hoë graad van liefde te verwerf - dat u minder verlang na kennis - want verstandelike kennis vervang nie die liefde van die hart nie. Omgekeerd egter sal die liefde vir u die volledige kennis ontsluit, wanneer u in die Ryk van die Lig sal ingaan en dit vir u geen onopgeloste probleem meer sal wees nie.
AMEN

 
 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205