Boek 37 - Verstand - Kennis – Insig
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 21

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22.

GEESTELIKE KENNIS TOON DIE VERBINDING MET GOD AAN
B.D. 8210 - 10 Julie 1962
As u eenmaal as mens op die hoogte sal wees van u herkoms, sal u weet dat u van My uitgegaan het en dat uself vrywillig van My afgewend het, met die daaropvolgende val in die diepte. Dan sal u gees ook in u tot lewe gewek word, want die kennis kan u slegs ontvang en begryp, as My Vadergees van ewigheid die geestesvonk die kennis in u laat toekom. Dus moet die gees in u tot lewe gewek wees, en dit stel `n lewe in liefde voorop, volgens My Wil. Dit vereis dat u aan die innerlike aandrang van My geestesvonk in u - wat `n deel van My is - gevolg gegee het en dus in My Wil ingaan, wat van u `n lewe in liefde verlang.
Die toestand van volledige onwetendheid van voorheen, waarin elke mens homself bevind wanneer hy die aardse lewe begin, is `n bewys dat hy nog geen verbinding van hierdie geestesvonk met My, die Vadergees gemaak het nie. Dat hy nog heeltemal van My geskei is, dat hy nog steeds geïsoleerd is - wat hy homself aangedoen het deur sy vroeëre verval van My. Want die skeiding van My beteken ook `n totale liglose toestand, omdat die krag van My Liefde, wat helder lig en insig aan hulle geskenk het, die wesens nie meer kon deurstraal nie.
Geen sprankie insig het vir u behoue gebly, toe u vrywillig van My verval het nie. En in hierdie totaal liglose toestand het u die aarde as mens betree. Maar u kan weer die lig van die insig vir uself verskaf. U kan uit eie beweging uit die wetenskap put wat u deur My, u God en Vader aangebied word op allerlei maniere - wanneer u deur die aardse lewe gaan.
Net die verbinding van die geestesvonk in u met die Vadergees van die ewigheid moet tot stand gebring word, wat u dan ook die toevoer van lig, dit wil sê, `n onbegrensde mate van kennis sal verseker, wat die nimmereindigende Liefde u sal laat toekom, as u maar die voorwaarde sal vervul wat Ek daaraan verbind het. En die mens in wie dit helder word, wat aan insig toeneem wat die ryk betref wat nie van hierdie wêreld is nie, kan homself gelukkig prys. Want hy het reeds op sy weg omhoog begin, omdat hy altyd eers lig sal ontvang, as gevolg van `n lewe in liefde, en dat dit die sin en die doel is van die aardse lewe, want dit voer die siel van die mens tot voltooiing.
Altyd is `n bietjie kennis wat volgens die waarheid is, `n teken van goddelike verbondenheid, omdat die liefde die mens met My verbind en die liefde weer `n waarheidsgetroue kennis waarborg. Daarom moet die mens al van die begin van sy lewe af die gemeenskap met My soek, deur `n lewe in liefde, dan sal sy wil sodoende ook goed gerig wees, die wil wat hy eens verkeerd gerig het en daarom in duisternis geraak het.
En `n goed gerigte wil sal steeds op My afstuur, maar hy moet ag slaan op die "sagte stem' wat as`t ware die uiting is van die geestesvonk in hom, wat hom daartoe poog om `n geregtelike lewenswandel voor My te gaan.
Hy word nie gedwing om die innerlike aansporing van hierdie geestesvonk na te kom nie, want by die beliggaming as mens word die vrye wil aan die siel teruggegee, wat egter nooit korrek, dit wil sê, vir My, sou kan kies as Ek hom nie met die geestesvonk `n klein helper ter beskikking sou gestel het, wat hom van binne uit probeer beïnvloed, om sy wil in die regte rigting te stuur en daardeur in sy positiewe ontwikkeling omhoog te gaan, totdat hy sy doel bereik het, naamlik die vereniging met My, wat juis steeds deur die geestesvonk nagestreef sal word, omdat hy `n deel van My is.
En sodra daar nou `n bietjie lig aan die mens geskenk word, sodra daar aan hom `n waarheidsgetroue kennis voorgehou word oor sy afkoms en sy doel, sal hy ook die kennis op die korrekte manier gebruik. Hy sal sy lewe in ooreenstemming daarmee lei, want hy herken die Wil van sy God en Skepper, wat as Vader Homself weer met Sy kinders wil verenig, wat weer die oorspronklike toestand aan sy skepsele wil gee - waarin hulle onbegrensd geluksalig was.
Solank die mens nog in totale duisternis van gees voortleef, is sy aardse lewe nutteloos. Want hy besef nóg sy afkoms, nóg ken hy sy eindpunt. Hy sien nóg sin en doel, nóg die oorsaak van sy aardse lewe in. En hy sal dus ook sy wil nie korrek, volgens My Wil, rig nie, omdat die kapasiteit daartoe hom eenvoudig ontbreek, omdat hy totaal sonder kennis is en sy wil, wat deur My teenstander onderdruk word, ook uiters verswak is. En slegs die krag van die liefde sou hom kan versterk, wat die mens egter eers dan ontvang as hy in homself oorgee aan My Gees, wat hom My Wil te kenne gee, wat altyd slegs die werksaamheid in liefde van u verlang, sodat u weer omhoog kan gaan.
En dus, probeer altyd My Wil te leer ken en vervul dit - en waarlik, dit sal lig word in u en u krag sal toeneem. U sal dan ook aan My teenstander weerstand kan bied, want u geestesvonk gaan dan onafgebroke die Vadergees van die Ewigheid tegemoet. En hy sal ook die vereniging met Hom tot stand bring en dit vir ewig nie meer wil verbreek nie, omdat lig en krag hom salig maak en die siel haarself onverbreeklik weer met My verbind - soos dit was in die allereerste begin.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205