Boek 24 - U het tog `n Vader!
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 9

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16.

GOD SE ONEINDIGE LIEFDE - DIE KRUISOFFER
11 B.D. 6331 - Augustus 1955
Die Liefde hou nooit op nie. Hierdie woorde moet vir u `n troos wees, ook in die moeilikste lewensituasie, want sodra u in `n God glo Wie die Liefde is, weet u ook dat Hy u nie in hierdie nood sal laat nie, want omdat u Sy kinders is, sal u ook in uself die sekerheid hê dat u Vader u aanhoudend ook Sy Liefde sal laat toekom. Glo slegs aan My Liefde, Wat nooit ophou nie, wat na u uitgaan tot in alle ewigheid - dan sal u getroos wees in die leed, en krag hê om vol te hou, om al die moeilike te oorwin, want die Liefde sal u nie ten gronde laat gaan nie. En wanneer dit vir u moeilik raak om aan die Liefde van `n magtige God te glo, wanneer vertwyfeling u oorval oor Sy hulp, dink dan aan die kruisdood van Jesus Christus – Wie vir u gesterf het aan die kruis, Wie dit alleen gedoen het uit oorvloedige Liefde vir u, mense, want Hy ken u leed, wat `n gevolg van die sonde is, en Hy wil u van die leed bevry wat u vir uself veroorsaak het deur die sonde van die afkeer van My van weleer. Alleen Sy oorgrote Liefde het Hom tot Sy verlossingswerk beweeg.
Die mens Jesus was vol van Liefde, Wie Ek Self was in Hom. En hierdie Liefde wil u verlos van sonde en dood. Glo u dat My Liefde ooit sou kan eindig, Wie u die bewys gegee het, dat Hy die swaarste op Homself geneem en vir u gedra het? Ek Self kon u geen sigbare bewys van My Liefde gee nie, daarom het die mens Jesus dit vir My gedoen. `n Siel van die lig het afgedaal na die aarde, omdat Haar Liefde u mense as die gevalle broeders gegeld het, omdat al die Volmaakte met Liefde vervul is Wie van My uitgaan en dit deurstraal. En hierdie Liefde hou in ewigheid nie op nie.
Wees daarom nie bang nie, mense, dat Ek u van My Liefde sal ontneem nie, en maak geen verkeerde gevolgtrekkings, wanneer u die vele om u heen sien wat vir u `n teenbewys skyn te wees van My Liefde nie. Alle mense is My skepsele, wat Ek na die geluksaligheid wil lei, maar almal gaan verskillende weë en Ek moet hulle ook verskillend lei, My leiding is nie altyd dieselfde nie, maar die doel is steeds en ewig dieselfde.
En Ek bereik dit ook, ofskoon die mense `n ongelyke lang tyd daarvoor nodig het, as gevolg van hul vrye wil. Glo dat Ek die Liefde, maar ook die Wysheid is en glo, dat Ek dit goed weet wat vir ieder afsonderlik tot sy heil dien. Dog weet, dat Ek My aan die heil van sy siel meer geleë laat lê as aan sy liggaamlike welsyn, ofskoon Ek ook elkeen aards bystaan in sy nood, as hy in volle geloof tot My kom en as ware kind die Vader vra. Dan sal hy wonderbare gebedsverhoring vind, omdat `n gelowige kind alles by My bereik. Net: Kom nie in opstand, trotseer nie My Liefde nie, buig u veeleer voor My en My Wil. Want Ek doen waarlik alleen die regte, alleen dit wat vir u, mense tot seën strek. Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205