Boek 24 - U het tog `n Vader!
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 16

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16.

BEWYSE VAN BARMHARTIGHEID VAN DIE VADER IN DIE LAASTE TYD
B.D. 8305 - 21 Oktober 1962
Dit sal u, in die laaste tyd voor die einde, nie aan bewyse van barmhartigheid ontbreek nie, want u het dit nodig om sterk te word en te bly en om stand te hou teen die aanvalle van die teenstander. Maar Ek sal My ook so aan u sigbaar bekendmaak en u sal maar net op u daaglikse lewensloop hoef te let om My ook steeds by u aanwesig te voel. Want Ek wil u ook laat blyk dat Ek van al u nood en lyding op hoogte is en Ek My oor u bekommer. Weliswaar sal `n mate van leed u ook nie gespaar kan bly nie, Ek wil immers dat u in die hoogste moontlike rypheid van siel u aardse lewe beëindig, en dit sal slegs `n kort tydjie duur en al die leed sal verby wees, u sal dankbaar dink aan dit wat u moes deurmaak, omdat u ook die resultaat sal sien wat die leed u gebring het. Tog is Ek naby u en dra sorg vir u en lei u deur alles heen wat deur die lot bepaal, nog vir u weggelê is. Dit is slegs belangrik dat u geloof sterker word, omdat u dan tot alles in staat sal wees en geen mislukking hoef te vrees nie.
Ek wil steeds weer met u spreek, u alles duidelik maak wat vir u nodig is om te weet, Ek wil My Self in My Wese aan u openbaar sodat u in volle vertroue My al u nood sal voorlê en My Self om hulp vra, wat Ek u dan ook sekerlik sal verleen. En wat daar daagliks op u afkom, steeds weer sal u My leiding daarin moet herken, u moet weet dat Ek Self alles bestuur en lei en dat geen gebeurtenis sommer op u afkom nie, maar alles in My Liefde en Wysheid oorweeg is, dat dit u en u medemense tot seën sal strek.
U, wat `n duidelike taak op aarde het om te verrig, (die dissipels van die eindtyd) u wat My bewustelik dien uit vrye wil, u staan onder My besondere beskerming en u hoef waarlik geen sorge te ondervind nie, want Ek sorg vir u en Ek help u ook om u taak te voleindig, want Ek weet hoe nodig dit is en welke seën nog daaruit kan voortkom. En gee u daarom alleen maar in volle vertroue in My hande, want wie sou beter vir u kan sorg, as u Vader, Wie Sy kinders liefhet en altyd net die beste vir hulle wil hê. Wees steeds net bereid om My tot u te laat spreek, want daar is nog vele opheldering nodig, omdat die mensdom in dwaling en geestelike duisternis voortgaan. U sal nog dikwels verwonderd wees oor My leiding en so sal u duidelike bewyse van barmhartigheid mag ervaar, dat u liefde vir My sal toeneem en u steeds weer gesterk sal word in u geloof, wat ook nodig is in die komende tyd. Want ook My teenstander probeer u steeds weer aan te gryp, want dit is altyddeur sy strewe, om u van u geestelike missie, van al die geestelike strewes, af te bring. Hy versteur die helder lig wat u omstraal in die voortdurende verbinding met My en hy wil dit uitdoof. Maar hy sal nie slaag nie, omdat dit My werksaamheid teen hom is, nie alleen die uwe nie. En hy sal waarlik nie My baas kan wees nie.
Maar u staan onder My beskerming, u behoort al aan My deur u bereidwillige medewerking en dus sal Ek ook weet hoe om u teen sy aktiwiteite te beskerm. Vrees daarom nie vir wat daar ook op u afkom van die kant van hulle wat sy meelopers is nie, wat u op elke wyse sal trag om te hinder in die voortsetting van My werk; wie twyfel sal saai in u hart om u ongeskik te maak om verder vir My werksaam te wees. Teen u geloof en u vaste band met My sal alles weerkaats en steeds weer sal Ek My steeds aan u bewys en by u aanwesig wees.
Maar weet dat u ook alleen dan volledig vir My in besit is, wanneer u uself geheel van die wêreld losgemaak het. En so sal u ook begryp waarom Ek u Self help; dat u vry sal word van al die wêreldse verlange, u sal begryp, waarom u dikwels liggaamlik verhinder word, om aan die wêreld ook maar die kleinste toegewing te maak. Maar glo dat Ek u leed sal seën en wat u sal moet opgee, sal u eens ryklik vergeld word.
Maar Ek het u dienste nog nodig, want die aarde bevind hom in die ergste nood, die mense dink nie aan die einde nie, hulle lewe sorgeloos van die een dag tot die ander en maak hulle gladnie bekommerd oor dit wat kom en gaan gebeur nie, oor hul toestand na hul dood nie, omdat hulle nie glo dat hul lewe op aarde van betekenis is nie, dat hulle `n taak te vervul het, dat hulle self vir hulle die toestand na hul dood veroorsaak, wat hulle egter nie meer kan afwend, wanneer hulle hulleself nie ernstig besin en hulleself verander nie.
En daarom probeer Ek nog deur alles om die mense die doel van hul lewe te laat begryp, om nog siele te red voor die einde, wat nie meer lank op hom sal laat wag nie. Want die tyd is vervul, die einde is naby.
AMEN

 
 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205