Boek 24 - U het tog `n Vader!
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 10

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16.

GOD SE VOORTDURENDE SORG OOR DIE MENSE
B.D. 6338 - 22 Augustus 1955
Hoe dikwels kom Ek nie naby u nie, mense, hoe dikwels spreek Ek u nie aan nie, hoe dikwels trek Ek u nie van `n gevaar terug en bied u My leiding aan op u lewensweg nie. Maar selde herken u My. My duidelike leiding sien u as toeval aan en My aanspreking gaan aan u ore verby, u is nie in staat om My Self te herken nie, omdat u oë langs My heen op die wêreld gerig is. Maar My sorg volg u. En of u uself midde tussen die aardse gewoel bevind, Ek wyk tog nie van u sy nie, steeds maar wagtend op die oomblik waarop u opmerksaam word op My, dat u uself vrywillig onder My beskerming sal stel, dat u te midde van die wêreldse vermaak, tog u nood sal voel en dan uitkyk na My, Wie u volg en Wie u kan help. Ek hou nie op om My aan die mense te openbaar nie. Selfs wanneer die resultaat slegs baie power is, wanneer dit nouliks te bespeur is, skenk Ek aandag aan die geringste wil om nader aan My te kom en dan sal Ek nooit meer van sy sy wyk nie.
My Liefde bring My daartoe om u nie op te gee nie, selfs wanneer u in die grootste onverskilligheid deur die aardse lewe gaan en nie `n band met My soek nie. Maar Ek dwing u wil nie om My aan te hoor nie en daarom is My woorde maar sag en nie opdringerig nie, sodat u dit nie maklik sou kan hoor, as u geen ag op My sou slaan nie. Dit klink nie so hard soos die stem van die wêreld weerklink nie, wat daarom u hele opmerksaamheid kry. En omdat u wil homself na My toe moet wend, kom Ek nooit opvallend op die voorgrond nie, maar Ek laat dit ook nie aan kontak ontbreek nie. Ek dring u sag op weë waar u eensaam en swak na hulp omsien om dan te voorskyn te kan kom en u My hulp aan te bied.
Geeneen van u mense laat Ek gaan, solank hy My nog nie gevind en herken het nie, en omdat daar nie veel tyd meer oorbly voor die einde nie, moet die mense ook op korter weë gedeeltes aflê en dit is veel swaarder en moeisamer om te gaan, omdat Ek wil dat hulle My leiding nodig het en daarom vra. Die slae van die noodlot sal toeneem; die mense sal nog deur veel nood en ellende heen moet gaan, omdat hulle, verder as ooit, van My verwyder is, selfs wanneer Ek hulle oral te voet volg. Tot aan die einde van hul lewe gee Ek hulle nie op nie en My aansporing om hulle uit hul onverskilligheid te ruk, sal steeds heftiger wees, maar hoe hulle daarop reageer, bepaal Ek nie, maar eens is hul lot deurslaggewend in die geestelike ryk. Want hulle wil is en bly vry en selfs My oorgrote Liefde bepaal nie `n wil wat beslis vir die dood nie, terwyl hy tog `n ewige lewe vir homself kon verwerf het.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205