Boek 24 - U het tog `n Vader!
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 4

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16.

LIEFDEVOLLE WOORDE VAN DIE VADER - LEIDING
B.D. 4704 - 3 en 4 Augustus 1949
U sal u steeds aan My leiding kan toevertrou en u sal haar ook altyd bemerk, as u maar oplettend is. U gaan geen enkele skrede alleen, solank u My nie uit u gedagtes tersyde skuif nie, solank u u beste doen om met My en vir My te lewe, solank u bewustelik daarna streef om na My toe te kom. Sien daarom in elke gebeure My bestiering, My Hand en verlaat u op My, want wie My tot sy Vertroueling uitkies, vind in My waarlik die getrouste Vriend, die mees liefdevolle Bruidegom, die sorgsaamste Vader en Beskermer, Wie deur niemand op aarde vervang kan word nie, Wie daarom ook deur u bemin wil wees, soos wat Hy u liefhet. Ek gaan steeds langs u, sodra u My eenmaal tot Leidsman verkies het en Ek lei u waarlik reg, as Ek u sorge op My geneem het en alles sal so op u afkom dat dit u help om u siel positief te ontwikkel.
Sou u die geloof lewend kan laat word in u, dan sal u waarlik in sorgloosheid en vrede u weg oor die aarde gaan, want Ek sorg vir u en het alles uitstekend vir u gereƫl. En alles dien u ten goede, selfs nood en leed lewer voordeel vir u siel op, as u My maar in u hart dra, dus deur middel van gedagtes met My in verbinding bly en u My nie sou wil verloor nie. Want alleen hierdie wil maak u dierbaar vir My en wie eenmaal hierdie wil in hulle het, sal My ewig nie meer kwytraak nie en Ek sal by hom wees en voortdurend sal hy My Liefde en sorg voel. Nooit sal hy alleen en verlate wees nie, steeds sal hy in My die Vertroude vind, by Wie hy steeds sy hart kan uitstort en Wie steeds woorde van liefde en troos vir hom sal vind en Wie hom altyd met raad en daad sal bystaan.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205