Boek 24 - U het tog `n Vader!
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 14

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16.

SONDER ENIGE TWYFEL VERTROU IN GOD
B.D. 7417 - 27 September 1959
Alles sal aan u vervul word, as u maar korrek bid. Maar wat daar onder "reg bid" te verstaan is, weet u nog nie, omdat u andersins heeltemal sonder sorge deur u aardse lewe sou gaan, omdat u in alles op My vertrou. Maar die vaste vertroue ontbreek by u en gevolglik sal u ook nie korrek kan bid nie. U twyfel en vra nog steeds, terwyl u slegs sonder om te twyfel sou hoef te wag op hulp. Steeds sal daar nog klein vertwyfelinge in u opkom of Ek ook u vraag sal vervul en dan is u gebed nie so, soos dit moet wees om verhoor te kan word nie. U sou steeds moet weet dat My Liefde vir u oneindig is en dat die Liefde nooit weier nie. Wanneer u vanuit die insig bid, weet u ook dat Ek u niks onvervuld kan laat waarvoor u bid nie, want My Liefde wil al die teëspoed van u afwend, My Liefde wil gelukkig maak en My Mag is so groot dat niks onmoontlik is vir My nie, ook wanneer dit vir u, mense onmoontlik skyn.
U kan u egter nie van My Liefde sonder einde enige voorstelling maak nie en dit is dit wat u sal laat twyfel, wat u vertroue op die vervulling van u vraag verswak en My daardeur ook in My werksaam wees beperk. U lê steeds net die maatstaf aan wat op u, mense self toe te pas is, u beperk ook My Liefde, omdat u nie weet wat dit beteken, om onbegrensd lief te kan hê en onbeperk Liefde te skenk nie. Maar Ek ken geen begrensing, nóg van My Liefde, nóg van My Mag nie en daarom is niks vir My onmoontlik nie, soos Ek egter ook geen grense stel aan die Wil van My Liefde teenoor u wat innig tot My bid in die volle vertroue op My hulp, op vervulling van u vraag. En dit is alleen nog maar die vertroue wat in u moet groei, die vaste sekerheid dat Ek u smeekbede hoor en u te hulp kom, laat dit wees wat dit wil.
U vertroue kan alles oorweldig, omdat u dan steeds sal werk met My Self en nou ook kan onderneem wat u wil, dit sal deur My geseënd wees. U sal duidelik My Hand bespeur na `n innige gebed tot My vol vertroue.- u sal so gelei word dat dit vir u die beste is en alle sorge sal van u afval, sodat u blymoedig en onbekommerd deur die aardse lewe sal kan gaan, steeds aan My Hand, wat u self nooit sal loslaat nie, omdat u uself voortdurend met My verbind in gebed. Vind slegs hierdie innige band met u Vader en u sal dan ook reg kan bid, u sal op die mees eenvoudige manier met My spreek, en Ek sal u hoor en geen oomblik talm om My kind tot hulp te kom nie. Maar u moet My vertrou. Dit vra Ek van u, omdat elke vertwyfeling My hinder in die werksaam wees van My Liefde vir u, omdat dit wet is van ewigheid, dat die liefde geen weerstand mag ondervind nie, maar dat gebrek aan vertroue `n weerstand is, waarby My Liefde nie in volledige krag werksaam kan word nie.
Oor die wedervarings van elke afsonderlike mens bekommer Ek My en elke afsonderlike mens kan met My praat, soos `n kind met sy vader spreek. Wie dit doen, vir hom word waarlik goed gesorg in tyd en ewigheid, hy word aanhoudend gehelp, want sodra die kind My vertrou, kan Ek nou ook by hom werksaam wees volgens sy wil. En dan kan hy eers korrek bid, in gees en in waarheid, dan eers kan hy seker wees daarvan, dat hy verhoring van sy vrae sal verkry, want Ek staan altyd gereed vir elke mens wat vol vertroue tot My roep om hulp.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205