Boek 24 - U het tog `n Vader!
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 12

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16.

GOD SE GRENSLOSE LIEFDE - DIE ONTSTEKING VAN DIE LIEFDE IN DIE MENS
B.D. 6750 - 30 en 31 Januarie 1957
My Liefde vir u is grensloos. Maar u sal dit slegs beperkend kan begryp, u sou My Liefde nie kan verdra nie, sou Sy u in Haar volle gloed tref en daarom laat Ek die straal van My Liefde steeds alleen maar in die graad op u inval wat die graad van u eie liefde toelaat. My Liefde is grensloos. Dog al verneem u hierdie woorde ook, u is nie in staat om te begryp wat dit wil sê nie. Maar dit sal u uit hierdie woorde kan uitmaak; dat Ek u nie opgee nie, dat Ek nie ophou nie, totdat Ek u vir My gewen het nie, al is daar nog ewige tye daarvoor nodig. U meet altyd alleen met `n begrensde maat, omdat u self ook begrens is. Maar Ek - as hoogs volmaakte, Ek sal My Liefde, Wysheid en Mag nooit beperk nie, as Ek daardeur ook My doel kan bereik, dat u My kinders sal word, wie dan in alle volmaaktheid met My kan skep en werk. Maar My Wysheid sien ook in, dat `n onbeperkte mate van Liefde en Mag u sal skaad, en daarom hou sowel My Liefde asook My Mag Hulleself in. Maar u kan self die mate bepaal, want soos wat u daarvoor vra, sal u ontvang, en vra u veel, dan ontvang u ook veel en sal u ook onbegrens bedag word sodra u geloof en liefde vir My dit toelaat.
Kan u nou ook begryp, dat u dus ook in staat is om `n onnatuurlike skynende iets tot stand te bring, wanneer u My Liefde en Mag daarvoor vra. Ek gee wat u wens, as dit oor geestelike goedere gaan, oor sake wat u My oneindige Liefde toon, wanneer dit oor lig en krag gaan, wat u, mense mis, maar u onbegrensd ter beskikking staan. En die krag van u geloof, die diepte van u liefde vir My, korrigeer u nou sodanig, dat `n oormaat aan liefdeskrag u nie meer skaad nie, u inteendeel steeds meer volmaak sal laat word, dus ook om op te neem. U weet dus nou ook dat Ek gewillig is om u onbegrensd te gee, maar dit nie vroeër kon doen nie, totdat u dit self deur `n lewende geloof toegelaat het. En u sal daarom niks beters kan doen nie, as om u geloof tot lewe te wek en dan na My toe te kom met geopende hart wat nou onbegrensd mag ontvang.
Maar die voorwaarde daartoe is die liefde, en om dit in u te ontsteek en steeds gloedvoller te laat word is die eintlike opgawe van die mens op aarde, wat egter elkeen kan vervul wanneer hy dit wil. Van hierdie voorwaarde kan Ek geen mens onthef nie, want sonder liefde bly die mens onvolmaak, omdat die liefde die krag is wat hom in staat stel om alles te verrig. Die mens hoef slegs maar weer te streef om by sy oerwese te kom, wat liefde was, omdat hy uit die ewige Liefde voortgekom het. Daarom kan slegs die mens op aarde sy doel bereik wat hom ook omvorm tot liefde. Hy kan dit bereik omdat My Liefde hom onafgebroke moontlikhede verskaf, waarop hy in die liefde werksaam kan wees en omdat in elke mens `n vonkie van My Liefdeskrag sluimer, hy dus nie totaal gevoelloos geskape word nie, inteendeel liefde kan voel, wanneer hy nie eiewillig die vonkie in hom verstik nie, wanneer hy hom nie verweer teen elke warmer gevoel wat in hom na bo kom nie.
En elke mens word steeds so deur My gelei dat hy in die daaglikse lewe genoeg geleenthede vind waarby sy hart aangespreek word, waarby hy aan die impuls om liefde te beoefen gevolg kan gee en daardeur die vonkie laat ontbrand. Hy voel ook by homself die weldaad van die werksaamheid in liefde van die medemens, en slegs totaal verharde mense kom nie onder die indruk nie, maar kan hulself te alle tye verander, omdat die krag van die liefde van `n medemens so-iets volbring. Die liefde is eintlik die ware lewe en solank die mens sonder liefde is, is hy (geestelik) dood. Maar My Liefde is grensloos en sal dus ook nie rus voordat Sy ook u die (ware) lewe kan skenk nie. My Liefde sal u steeds aanstraal en probeer om binne te kom in u hart, maar kan altyd net in die mate werksaam wees waarin u dit self toelaat.
Die Liefde dwing nie, Sy is iets wat oneindig gelukkig kan maak, sodra Sy op `n eweneens liefdevolle hart straal, dan verbind die ewige Liefde Haarself met u. Ek vervul My skepsele met straling wat hulle nie meer teenoor My opstel nie: Dan het hy weer sy oertoestand binnegegaan; hy het self tot liefde geword en dus die goddelike skepsel, wat nou egter in vrye wil tot hierdie goddelikheid kom en daarom My kind geword het; sodat Ek nou met My onbegrensde Liefde hom kan deurdring, wat kan skep en werk met My en in My Wil, wat ewig leef in geluksaligheid.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205