Boek 24 - U het tog `n Vader!
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 15

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16.

DIE HUISVADER NEEM ALLE SORGE OP HOM
B.D. 7901 - 26 Mei 1961
Vertrou u alleen maar toe aan My en My leiding en u sal doen en laat wat vir My reg is - u sal die weë gaan waarop u met sukses sal kan werk vir My en My Ryk. U sal My dien volgens My Wil, want Ek is steeds Hy wat in en deur u kan werk. Alleen maar u oorgawe aan My is nodig en u weg oor die aarde sal nie tevergeefs wees nie, hy sal u na u doel lei. En Ek het nog veel werk vir u voordat die einde kom. Ek wil nog baie mense red wat in geestelike nood is en het u daarvoor nodig, wat makliker toegang verkry by diegene wat nog nie self die weg na My gevind het nie. En omdat Ek u nodig het, sal Ek ook daarvoor sorg dat u in rus vir My sal kan werk. Ek sal u aardse lot so inrig dat dit vir u te verdra is, dat u u hele krag vir My sal kan insit en My dan dien volgens My Wil. Want u volledige oorgawe aan My gee My ook die moontlikheid, om vir u te sorg en u te lei, dat u dan ongehinderd ook die arbeid vir My sal kan uitvoer, dat dit u van binne uit sal aanspoor om in My Wil werksaam te wees.
Neem so genoeë met hierdie toesegging van My om vir u elke sorg op My te neem. Die Huisvader sal Hom oor die welsyn van Sy kinders, wat Hom getrou dien, bekommer. Maar die Vader sal dus ook trou op Sy kinders let en in Liefde vir hulle sorg. En weet dat alles beskik is in ooreenstemming met die missie wat u vrywillig op u neem, want hierdie missie is buitengewoon belangrik en betekenisvol, want dit kom daarop neer, om nog baie verlossende werk te verwesenlik voor die einde, die medemens in My plek My Woord aan te bied, omdat Ek hulle Self nog nie kan aanspreek nie en dit nou deur u moet gebeur, sodat hulle nie verlore gaan nie. Want so vele is gewillig om te glo, maar hulle vind nie die ware geestelike goed wat hulle na `n lewende geloof sou kan lei nie. En om My Woord aan hulle te bring en hulle te wys op `n God en Skepper, Wie ook hul Vader wil wees, is waarlik `n dankbare taak, wat sy uitwerking kan hê tot in alle ewigheid. En wanneer daar slegs één siel gered word van `n hernieude gang deur die skeppingswerke, dan is die arbeid in My wingerd nie sonder resultaat gewees nie en dit sal u seën oplewer, geestelik en ook aards.
Maar omdat Ek u Self kan aanspreek, besit u geestelike goedere van onmeetlike waarde, `n geestelike leer wat elke gewillige siel aanspreek, wat haar tot geloof kan voer en sy dan gered is vir ewig. En hierdie geestelike leer sal u verder moet gee, u sal My barmhartigheidsgawe steeds opnuut mag ontvang en daarmee werk. U sal `n kosbare saad besit wat u sal kan uitstrooi, en u dien My waarlik as troue kneg wanneer u My opdrag vervul en die evangelie (van die liefde) in die wêreld uitdra.
En daarom sal u ook kan glo dat Ek u die weë gereed sal maak wat u sal moet gaan. U kan glo dat Ek u altyd bystand sal verleen, dat u met elke sorg, met die kleinste versoek of die kleinste verlange na My as u Huisvader sal kan kom en Ek waarlik alle sorge van u sal afneem. U kan glo dat Ek vir u die sorge oorneem, solank u in My diens is, solank u uself oor die arbeid vir My en My Ryk bekommer: En daarom sal u al die sorge, wat u nog aards terneerdruk moet laat vaar, want Ek wil dat u insien dat u `n Vader het, Wie u liefhet; dat u `n goeie Heer het, Wie deur u gedien word, dat Ek oor u waak, omdat u My dien en dat Ek u arbeid vir My en My Ryk seën.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205