Boek 24 - U het tog `n Vader!
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 2

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16.

GOD AS VADER, VRIEND EN BROEDER TRAG OM DIE LIEFDE TE WEN
B.D. 4109 - 22 Augustus 1947
Ek wil vir u `n liefdevolle Vader wees, `n wyse Leidsman en Raadgewer, `n troue Vriend en Broeder, Ek wil u alles gee wat u op aarde nodig het. Ek wil u bedink volgens siel en liggaam, sonder ophou wil Ek vir u sorg en nooit meer moet u meen dat u deur My verlaat is nie, Ek wil u in elke nood bystaan en u beskerm teen alle aanvalle van u vyande, hetsy geestelike of ook aardse, Ek wil alle barmhartigheidsgawes oor u uitstort en steeds sal u My Liefde besef wat Ek van die allereerste begin vir u koester en wat nooit meer sal afneem tot in alle ewigheid nie.
Dog van u verlang Ek een ding: Dat u uself vir My as eiendom gee en dat u daarna sal streef om by My te wees, dat u My liefhet soos `n kind sy vader liefhet. Het Ek nou maar hierdie liefde, dan kan Ek u vasgryp met die krag van My Liefde en u vir ewig geheel en al verwerf. En vir hierdie liefde ding Ek ononderbroke mee.
En daarom trag Ek om u tot die waarheid te bring, tot die erkenning van My Self en My heilsplan van ewigheid, want eers sal u moet weet dat u My skepsele is en hoe u, as My skepsele, verbind is met My, die ewige Skepper. U sal u bewus moet maak van die groot verantwoordelikheid teenoor My en nou daarmee in ooreenstemming lewe, sodat u barmhartigheid vind in My oë. En u hart moet u daartoe aanspoor, dan eers sien Ek u liefde en dan behoort u tot Myne aan wie Ek My ryk beloof het, want dan sal u My soek en as u My gevind het, My nie meer prysgee nie, dan soek u die vereniging met My en vra My om krag, omdat u insien dat Ek u Heer en Skepper is.
En u sal deemoedig voor My gaan staan en u sal so wees soos wat u My behaag, vol liefde en vertroue, en aan die Vader u node in alle kinderlikheid vertel. En Ek sal u vrae verhoor, Ek sal elke verlange van u vervul, omdat My Liefde vir u Hom so openbaar, dat Ek u al op aarde gelukkig wil maak en ook eens in die ewigheid. En daarom sal u moet luister na My Woord, want deur My Woord leer u My ken, sodra u My Woord in u hart opneem, daaroor nadink en nou so leef, dat u My welgevallig is. Dan sal u My ook liefhê en u geluksaligheid sien in die besit van My Liefde vir u. En dan kan Ek Self na u toe kom, deur My nabyheid kan Ek u tydelik en ewig gelukkig maak. Ek kan u, na gelang u dit waardig is, met geestelike gawes bedeel, Ek kan u opneem in My ryk as u die aardse lewe beëindig het en u geluksalig maak tot in alle ewigheid.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205