Boek 5 - Tekens van die Eindtyd
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 8

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19.

WEER NET SOOS VOOR DIE TYD VAN DIE SONDVLOED
BD 8754 - 16 Februarie 1954
Dit sal weer `n tyd wees soos voor die sondvloed. Weer sal die mense oorloop van vreugde en hulle aardse lewe geniet. Weer sal hulle strewe na meer - en die hoogste doeleindes wil bereik, hulle denke sal egter slegs aards-materieel geoordeel wees. Weer sal die sonde die oorhand kry en die mense sal duidelik dienare van Satan wees; die waarheid sal uitgelag en die dwaling aanbid word. Na God se stem sal nie geluister word nie, maar vir die stem van Satan sal die menseharte geopen wees. En so sal hulle steeds net die bose doen en voortdurend die ewige orde oortree. Hulle sal sonder liefde wees en in plaas daarvan `n vergrote eieliefde besit. Hulle sal altyd vir hulleself werk en sorg en by die nood van die medemens sonder erbarming verbygaan.
Maar ook dié tyd is vooruit verkondig en dit sal kom soos wat die een dag op die ander volg, want eenmaal word die toekoms teenwoordige tyd en eendag word alle voorspellings vervul. U mense staan voor die einde, en daar sal geen langdurige tyd meer verbygaan nie.
En daarom moet u almal nog ywerig besig wees, u, wat uself aangebied het vir die arbeid in die wingerd van die Heer. U moet alles doen wat moontlik is om u medemens in te lig, en vir daardie doel word u van Bo geestelik goed toegerus wat waarlik geskik is om die mense tot besinning te bring as hulle maar ernstig daaroor wil nadink. En God kan alle menseharte deurgrond en ook sien wie nog te red is. En vir daardie weiniges stuur Hy Sy bodes uit wat hulle die woord moet bring wat hulle volle opheldering skenk en hulle ook die riglyne vir `n korrekte lewenswandel aangee. En om Sy woord aan te neem, beteken reeds redding uit die duisternis en redding van ondergang, want wie die woord van God aanneem sal seker daarmee ook alles ontvang wat hy nodig het. Hy sal vol wees van lig en krag en niks kan hom dus meer verskrik wat van die kant van die vyandige geestelike op hom sal afstorm nie.
En u twyfel nie meer daaraan nie wanneer u rondkyk in die wêreld, wanneer u die dryfveer van die kinders van die wêreld en al die wêreldgebeure kan nagaan, wat waarlik sulke afmetings aangeneem het dat slegs `n geweldige vernietigingswerk van God die mense nog sal kan wakker skud.
Kan u glo dat die aktiwiteit van die teëstander sal afneem, dat hy die heerskappy wat hy eens by die mense verkry het, weer sal opgee? - Kan u glo dat die mense van hierdie tyd hulle egoïsme sal bestry en hulleself as hulp bereid sal stel en hul tot hul medemens sal wend, dat hulle die liefde in hulleself sal ontsteek en hulleself met God in verbinding sal stel? - Daarmee sal maar weiniges slaag en hulle behoort tot Syne wat Hy aan die einde van die dae sal wegneem, om as stamouers van die nuwe mensegeslag die nuwe aarde te bewoon - soos wat dit steeds nog verkondig was.
Maar die getal van hulle sal gering wees en die doel van die arbeiders in die wingerd van die Heer moet wees om die aantal te vergroot, en om al die bekwame mense nog tot verandering aan te spoor, sodat die oes in die einde nie te gering sal wees nie. Maar die einde kom onherroeplik, al is die tyd en die uur nog onbekend vir die mense. En al is die korrekte tyd nooit deur God aan u gegee nie, so kom dit tog met groot snelheid nader, want dit is sedert die ewigheid vasgestel.
Steeds dringender sal u vermaan word om uself op die einde voor te berei, omdat u nog die moontlikheid het om uself te verander en u by u God en Skepper aan te sluit, wat vir u as Vader wil verbly met `n ewige lewe. U moet natuurlik u daaglikse werk verrig, omdat u nie die dag en die uur van die einde weet nie, maar u moet rekening daarmee hou dat daar vir u nog maar weinig tyd oorbly - aangesien u andersins nie steeds dringender op die einde gewys sou kan word nie.
Gee slegs ag op al die voortekens, want dit sal wees net soos voor die sondvloed. Die mense sal gier na genoegdoening en voortdurend deur die teëstander aangespoor word tot `n tugtelose lewe, tot sonde en misdade van allerlei aard. En die mense sal hom geheel terwille wees, omdat hulle self nie die krag sal hê om hulleself teen hom te verset nie en omdat hulle geen beroep doen op die barmhartigheid van die Verlossingswerk van Jesus Christus nie, wie vir hulle `n versterkte wil verwerf het deur Sy dood aan die kruis. Skynbaar sal die mag van God se teëstander groter wees as die mag van God, wanneer die sataniese vlak van die mense en hulle doen en late as maatstaf geneem word. En tog is die vrye wil van die mense alleen maar die aanleiding van sy groot mag. Maar God self gebied hom om te stop wanneer hy sy mag oorskry, wanneer hy teen God Self optree en Hom in Jesus en Sy Verlossingswerk heeltemal probeer uitroei. Want dan sal die lig van die ewigheid SELF die duisternis deurbreek, dan sal Jesus Self kom in die wolke en die skare van gelowiges wat Hom trou gebly het tot die einde van die aarde wegneem.
Hy sal hulle wegneem voor die oë van die mense wat deur Satan regeer word en hierdie mense sal aan `n sekerlike dood oorgelewer wees. Want dan sal die aarde oopskeur en almal opneem wat gefaal het in hulle laaste lewensproef op aarde, en sal daarom opnuut gekluister word in die skepping van die nuwe aarde.
Hoe ongelooflik dit vir u ookal mag wees, u moet dit as waarheid aanneem en u mag nie glo dat u nog baie langer op die aarde gaan bly nie. Vinniger as wat u dink, sal die dag kom en geseënd is hy wat die waarheid vroeër aangeneem het as wanneer dit hom aangebied was deur u, wat as troue arbeiders dien in die wingerd van die Heer.
Geseënd is hy wie sy lewe bewustelik op aarde lei, bewustelik homself na God toe keer en wat trag om sy doel op aarde te bereik. Hy sal deur alle versoekinge gelei word en ook teen die aanvegtinge van God se teëstander weerstand kan bied, want hy het slegs mag oor die mens wanneer hy self vir hom die mag gee. Nooit sal hy die mens kan dwing om van hom afhanklik te wees wie se wil aan sy God en Skepper toebehoort nie, wat hy as sy Vader erken het en slegs na Hom toe streef. Omdat die mensdom God se teëstander verhef het op die troon, sal hulle ook deelneem aan sy lot wanneer hy in kettings geslaan en in die duisternis gewerp word.
Ook sy aanhang sal weer gekluister word in die materie en nog eenmaal die weg van ontwikkeling moet aflê. En dit sal dus ook `n verandering van die gehele aardoppervlak vereis, `n vernietiging van die skeppingswerk - sodat die geestelike daarin weer kan vry word en opnuut gevorm kan word in die skepping van die nuwe aarde. Want nooit staan God se ontwikkeling stil nie, steeds word nuwe moontlikhede geskape wanneer die geestelike as mens faal. Eenmaal moet elke siel die doel bereik, eenmaal sal elke siel tot lewe kom en die lewe vir ewig nie meer verloor nie.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205