Boek 5 - Tekens van die Eindtyd
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 2

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19.

TEKENS VAN- EN VERWYSINGS NA DIE EINDE
BD 6501 - 14 Maart 1956
Onbedrieglike tekens sal die naderende einde vir u aankondig, maar dit sal slegs herken word deur hulle wat glo - terwyl al die ander dit as natuurlike verskynsels sal verklaar en elke mens sal uitlag wat `n diepere betekenis daaraan sal toeken. Maar tog word u mense opmerksaam daarop gemaak, en elkeen kan homself na eie goeddunke daarvoor oopstel. Dat u egter opmerksaam daarop gemaak word, is `n onverdiende barmhartigheid, want so kan u aan uself werk, omdat die tekens `n ernstige waarskuwing vir u is, as u glo.
Daar is dus nog `n laaste tydjie van barmhartigheid wat elkeen, wat sy aardse lewensweg nog suksesvol kan beëindig, nog kan belewe, as hy dit op die korrekte wyse benut. En tog sal die mense wat nie glo nie, onverskillig verder op hulle weg gaan en die einde sal hulle verras. Hulle siele sal die einde, wat onherroeplik sal kom, onryp belewe.
En wanneer u mense nou voortdurend vermaan word en daarop gewys word, dan is dit ook barmhartigheid waarop u moet ag slaan en wat u moet benut tot heil van u siel. Want steeds is dit God Self wat u deur sulke waarskuwings nader, wat egter so gegee word sodat dit aan u die vryheid van u wil laat en wat elkeen vry laat om met `n einde rekening te hou al dan nie. Maar hulle wat sal glo, sal `n aansienlike voordeel hê, omdat hulle hulle lewenswandel daarvolgens sal rig. Hulle sal moeite doen om volgens die wil van God te lewe en om nog te groei tot aan die einde. Maar tog sal `n volkome oortuigde geloof nog maar by baie weinig mense gevind word, want dit is `n te geweldige gebeurtenis wat aan die mense verkondig word.
Dit sal `n gebeurtenis wees wat niemand vir homself kan voorstel nie en wat ook nog nooit beleef was solank mense die aarde bewoon het nie. Want alle beëindigings van vorige verlossingsperiodes het verskillend afgespeel en nooit sal dieselfde gebeurtenis homself herhaal nie. Dit is dus glad nie moontlik om te bewys hoe die oplossing van die skeppings plaasgevind het nie.
Maar die woord van God is die waarheid en Hy spreek gedurende elke tydperk deur sieners en profete en verkondig wat ons te wagte staan, maar sonder tydsaanduiding. En daarom twyfel die mense steeds aan hierdie soort van openbaringe, terwyl die wat glo, salig genoem kan word.
Dit sal nie lank meer duur nie, dan sal die aarde `n nuwe fase van ontwikkeling ingaan en dan begin daar `n nuwe periode met heeltemal ander verhoudinge en lewensvoorwaardes. Die mense van dié periode sal in `n toestand van rypheid gekom het wat ook ander lewensomstandighede en opgawes vra om hulle ontwikkelingsweg te voleindig. U kan met sekerheid aanneem dat die tydsduur van u lewe begrens is, dat min die normale aardse lewensduur sal voleindig, maar eerder opgeroep sal word in hulle jong jare om die aanstaande einde te belewe. Daar kan egter slegs op die einde gewys word, sonder bewyse, terwille van u wilsvryheid, maar neem die aanwysings ernstig op en dit sal u nie berou nie.
Leef so asof more die laaste dag is, want die wêreld kan u alleen maar waardelose dinge bied wat u nie met u kan saamneem na die ewigheid nie. Slegs `n korrekte lewenswandel volgens die wil van God kan u geestelike besit nog dermate vermeerder sodat die einde van die aarde die poort vir u kan open tot die ewigheid, waarin u ryk geseënd aan skatte kan ingaan. Dit sal u geen skade berokken wanneer u meer rekening moet hou met `n einde as met `n langer duur van u aardse lewe, want u leer dan om nog bewustelik te lewe op aarde. En hou uself dan ook besig met gedagtes aan die ewigheid, aan God en Sy ryk, en u sal maar net na volmaaktheid strewe. Daar is vir u nie veel meer tyd oor nie, gebruik dit daarom na die beste van u vermoë en die seën sal nie uitbly nie. Want daarom word daar voortdurend op die einde gewys, sodat u aan die einde kan dink en daarvolgens kan leef op aarde.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205