Boek 5 - Tekens van die Eindtyd
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 5

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19.

DIE EINDE KOM VAS EN SEKER
BD 9008 - 4Julie 1965
My aankondiginge sal ook elke groot katastrofe voorafgaan. Ek sal die mense waarsku en vermaan, daarvoor het Ek ook sieners en profete nodig om die voorspellings onder die mense te versprei. Daarom is dit verkeerd om alle voorspellings af te wys of as onwaar voor te stel wanneer dit nie dadelik in vervulling gaan nie, want alles het sy tyd nodig en reeds dikwels het Ek lank tevore gewys op die komende dinge - maar die mense skenk geen geloof aan My woorde nie.
En so kondig Ek u nou die naderende einde van `n aardse periode aan, en Ek het dit alreeds gedoen, sodat selfs My dissipels nog die einde gedurende hulle aardse lewe verwag het. Steeds was My profesieë so gegee dat geen noukeurige tyd vir die mense aangegee was nie - sodat hulle voortdurend daarop kon reken. Want dit was altyd My bedoeling gewees dat die mense `n naderende einde voor oë moes hou. Maar die tyd staan nie stil nie, en omdat My woord onherroeplik vervul word, moet die aangekondigde einde ook eenmaal kom.
En wie in My verlossingsplan van die ewigheid ingewy is, erken ook die noodsaaklikheid van `n einde vir al die geestelike wat nog in die skepping gekluister is. En omdat hy weet van die gestadige opwaartse ontwikkeling van die geestelike, daarom is dit vir hom ook begryplik dat daar van tyd tot tyd (wat vir u eindeloos lank is) `n totale verandering van die aardoppervlakte moet plaasvind - waardeur ook aan die geestelike wat in die harde materie gekluister is, die moontlikheid gegee word van `n opwaartse ontwikkeling.
Wanneer so `n geweldige vernietiging van die aardoppervlakte dus vir die mense twyfelagtig lyk, dan is hulle bewustelik in onwetendheid gelaat deur die kennisgewende geesteswêreld, dan moet Ek weer sulke dwalinge regstel omdat die aanstaande einde van die aarde in haar huidige vorm, vir die gehele mensdom uiters belangrik is. Want hulle loop die gevaar om heeltemal in hulle laaste wilsbeproewing te faal en moet dan weer `n ontsettende lot op hulleself neem.
Juis daarom ontvang My dienare die opdrag om die einde aan te kondig. Maar hulle moet nie alleen oor die feit van die einde berig nie, maar ook oor My rede vir alles, sodat die mense nie blindelings hoef te glo nie, maar vir alles die korrekte verklaring, volgens die waarheid ontvang. Want My liefde behoort ook aan al die gevalle geestelike en nie net aan julle mense nie, want vir die geestelike wat nog in die harde materie gekluister is, moet die uur van vrywording uit die hardste kettings ook eenmaal kom. Hulle het reeds eindeloos lank gesmag om ook eenmaal na `n sagter vorm verplaas te word, waar die diens makliker sal wees.
En wanneer u mense dit alles weet en die Vader Self vir u uit die Hoogte onderrig, dan hoef u waarlik nie te twyfel nie. U kan alles as die suiwerste waarheid aanneem ook wanneer Ek steeds nog wag met My aksie van vernietiging van die ou aarde, want die dag kom onherroeplik.
Jammer genoeg is daar te veel mense wat nie glo aan `n totale verandering van die aardoppervlakte nie. Dat baie eerder geloof skenk aan berigte wat van die soort mense of geestelike wesens uitgaan waarvan alle kennis oor My wyse verlossingsplan ontbreek. Maar Ek kan nie meer nalaat as om Self uit die Hoogste tot u mense te spreek en u alles te verklaar wat My tot My bestuur en werke aanleiding gegee het nie, en Ek moet dit aan u oorlaat hoe u uself teenoor My woord gaan opstel. Dit is vir My dienare nie maklik om die woord as My woord aan te bied nie, veral as dit daarom gaan om teen dwalings op te tree, as elke geloof sogenaamd in die waarheid staan en My woord niks meer vir hulle beteken as `n woord van mense nie, of woorde uit die geesteswêreld wat ook onkontroleerbaar is, totdat Ek self aangeroep word vir bystand. Totdat u deur ligwesens onderrig sal word, deur wie My Geestestroom heen kan vloei, want dan sal die resultate ook saam ooreenstem en u sal die waarheid voel, aangenome dat u ernstig na die waarheid verlang.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205