Boek 5 - Tekens van die Eindtyd
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 10

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19.

TEKENS VAN DIE EINDE
BD 5723 - 14 Julie 1953
Koester geen valse hoop vir uself nie en verwag geen vooruitgang meer vir dit wat duursaam is nie. Alles wat u besit en alles wat u vir uself verwerf het sal u weer ontneem word, `n onmeetlike ellende sal oor die mense kom waar hulle hulleself ookal sal bevind - want dit loop na die einde toe. Waar die mense hulle hawe en goed behou en waar hulle aards skynbaar in sekerheid lewe, daar sal My arm met `n tugroede swaai oor die mense - want oral probeer Ek opvoedend op die mense in te werk, na gelang van hulle wil en lewenswandel. Niemand sal homself oor sy lewe kan verheug nie, behalwe die weiniges wat die korrekte insig sal hê, en hulleself daardeur ook durf verheug teen die einde. Die einde sluit `n tydperk af, waardeur `n nuwe lewe in die paradys ontsluit gaan word, en daarna mag vurig verlang word deur die wat MYNE is.
Maar waar die mensdom in sonde sal leef, sal vooruitgang ook te sien wees, maar egter van teenoorgestelde werking, want hulle vooruitgang is `n middel van Satan wat mense meer en meer volgsaam aan hom maak. Dit is die koopprys vir hulle siele, wat weer verlore gaan vir `n ewige lang tyd. Wanneer u mense die wêreldse vooruitgang sal bemerk, weet dan, dat die einde nie meer veraf is nie. U sal dit vasstel daar waar geen geloof en geen liefde sal wees nie, waar My teëstander duidelik sal heers en waar daar sonder bedenkinge teen die geloof en teen MYNE opgetree sal word.
Daarom sal daar in die hele wêreld die grootste ellende naas `n sondige luukse lewe te vinde wees, en in die hele wêreld sal die liefdeloosheid die oorhand kry en die liefde sal verdruk word. In die hele wêreld sal die sug na materie duidelik te siene wees, en hulle wat strewe na die geestelike sal vyandig behandel word. Oral sal vernietiging in klein en groot omvang te siene wees, oral sal daar `n ongewone omwenteling waargeneem kan word, hetsy natuurlik of menslik veroorsaak. Alles sal uit sy baan losbreek en daar sal dinge gebeur waarvoor niemand `n verklaring kan vind nie. Daar sal duidelik kragte aan die werk wees wat die mense vrees sal injaag, omdat hulle magteloos daarteenoor sal voel. Op elke wyse sal daar ingewerk word op die besluitloses, want hulle wat in sonde voortlewe, sal sulke gebeurtenisse van hulleself afstoot en hulle sal hulleself nie in hulle lewenswandel laat steur nie. Hulle sal hoon en lag en sal redevoeringe hou teen God op 'n onbeskryflik ligsinnige manier. En almal wat wêreldsgesind is, sal hiermee saamstem, want die materie het hulle vas en laat hulle nie meer los nie. Hulle poog om vir hulleself besit, roem en aansien af te dwing, hulle deins nie daarvoor terug om hulle medemens te verraai nie en om hulle aan die ellende oor te lewer, sal aan die orde van die dag wees.
Die wêreld is vol duiwels en kan nie langer bly bestaan nie. Ek ken egter elke siel en Ek roep nog baie op voordat die einde sal kom. Ook die baie plotselinge sterftes beteken vir die mense `n beangste tyd en groot leed, waardeur ook nog sommige sukses behaal kan word. Want uit die geestelike ryk sal die siele nog invloed kan uitoefen op die mense van die aarde, en menige afgeskeide siel sal slaag om die bewussyn van die agtergeblewenes te verander en op die geestelike ryk te rig. Dan was die leed ook weer `n barmhartigheid wat redding sal bring aan baie siele. Mense - gee ag op dit alles en verwag van die toekoms geen verbetering van u aardse welstand nie, want dit sou vir u geen goeie teken wees nie, tensy u al aan My kant staan en bewustelik die laaste tyd beleef. Maar die meeste mense moet Ek hard aanvat om hulle teen die ergste te behoed - teen die stort in die diepte as die einde gekom het.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205