Boek 5 - Tekens van die Eindtyd
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 13

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19.

BUITENGEWONE GEBEURTENISSE- TEKENS VAN DIE NABYE EINDE
BD 4928 - 9 Julie 1950
Alles wys op die einde en wanneer u mense sal ag slaan op die gebeurtenisse om u heen, sal u ook erken dat Ek daardeur tot u spreek, dat Ek u deur hierdie dinge wil wys op die einde en op u missie om leier in die laaste geloofstryd te wees. Ek wil u geloof versterk deur My woord, maar Ek wil ook u medemens help om te glo, hulle wat nie kan vind nie of wat te swak is om daarvoor op te kom. Ek wil op elke moontlike wyse tot u almal spreek, sodat u nie in die laaste stryd op aarde sal faal nie. Ek hou altyd rekening met die omstandigheid dat u in `n bomatige materiële wêreld leef, dat u weinig verbindinge het met die ryk waaruit die waarheid kom; dat dit vir u baie moeiliker is om te glo, omdat u My nie meer voldoende lewend in die hart dra nie, deurdat u so ver wegstaan van Jesus Christus. Daarom kan u maar weinig krag ontvang, omdat u nie glo nie, omdat u die gestuurde waarheid uit die geestelike ryk nie sal aanneem nie en die leermeesters, wat My dienare is, geen geloof sal skenk nie.
Desondanks wil Ek u nie laat val nie en benader u steeds weer met aanwysings oor die einde, met visioene van sieners wat openbaar gemaak word, met voorspellinge van profete waarvan ook hulle wat weinig weet, ook van die einde en die laaste oordeel, wil hoor. Ek weet ook van die worsteling van baie mense oor die geloof, en ook hulle wil Ek `n teken gee wat hulle nie tot geloof sal dwing nie
Slegs met die doel om by die mense hulle agterdog op te wek om hulle te laat nadink, laat Ek sulke ongewone eindtyd-verskynsels plaasvind. Want sodra hulle ernstig begin nadink, kan Ek deur My woord nader kom en hulle volgens waarheid onderrig; - maar eers wanneer hulle hulleself sal open vir My woord, wanneer dit vir hulle duidelik gemaak word as `n kennelike werksaamheid van My Gees. Want die suiwer waarheid kan Ek hulle slegs gee deur My woord. En slegs deur die woord uit die Hoogte kan aan hulle bewys word wat vir hulle ongeloofwaardig voorkom, wat ook nie deur tekens bewys sal word nie, omdat so-iets slegs die verstand van die mens, maar nie sy hart aanspreek nie. Steeds moet u mense weet dat u uself in die eindtyd bevind, dat steeds meer tekens sal kom wat nie meer aards verklaarbaar sal wees nie en duidelik op `n andere wêreld wys. Wie dit as sodanig erken, sal daaruit seën trek, wie egter daarby sal verbygaan, sal die einde moet vrees, want dit bring sy verderf.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205