Boek 5 - Tekens van die Eindtyd
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 3

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19.

LOGIESE MOTIVERING VAN DIE WÊRELDGEBEURE
BD 6588 - 4 Julie 1956
Vir mense wat geheel en al in die wêreld staan, is dit moeilik om te glo aan wat u, My dienare op aarde, in My opdrag aan hulle aankondig. Dit lyk vir hulle so onwaarskynlik dat hulle dit eerder `n fantasie noem as om u woorde ter harte te neem, en met die waarskynlikheid daarvan rekening te hou. Want wat u vir hulle verkondig, pas nie in die program wat hulle vir hulleself gemaak het van hulle lewe op die aarde nie. Die geloof hieraan vereis `n hele verandering van hulle gedagtes van die een gebied na die ander, en hulle sien nie die noodsaaklikheid daarvan in nie. Hulle wil van hulle lewe geniet en daarom lewe hulle in die eerste plek hulle egoïsme uit, en die gevolg daarvan is weer `n verduisterde geestestoestand. Dit word steeds donkerder in hulle en My ryk trek homself steeds verder van hulle terug, in plaas daarvan dat hulle dit in besit neem.
En tog kan Ek hulle nie aan hulle lot oorlaat nie. Ek kom steeds weer na hulle toe en laat steeds meer dikwels deur sieners en profete dit verkondig, wat hulle te wagte staan. En so klink hierdie vermanings ook vir hulle, te midde van die wêreld, en waarskuwings om die opmerksaamheid van die mense na `n gebied te lei wat hulle andersins nie betree nie. En daar kan vir hulle redding niks anders gedoen word nie as dat Ek hulle Self deur My dienare laat aanspreek nie, want dit is die natuurlikste manier om My te openbaar, omdat dit nie tot geloof dwing nie en tog somtyds sukses het.
Die verwysing na die einde en na die natuurkatastrofe wat die einde sal voorafgaan, word steeds weer op verskillende maniere vir die mense voorgehou. Sowel in verband met die verkondiging van My evangelie van die liefde, asook in verhouding tot die wêreldgebeure, wat die mense sal laat dink, en dat die verkondigers van My evangelie uit hulle pad sal moet gaan, maar dat hulle tog aangespreek moet word. Waar My woord nog aangehoor sal word, is die verbinding met My ook nog voorhande, of nog nie verbreek nie. Dit sal makliker wees om die komende gebeure te laat glo, omdat daar altyd op `n einde van die aarde gewys word deur My woord, net so op die tekens wat so `n einde aankondig.
Dit is uiters moeilik om die mense te benader om hulleself heeltemal los te maak van kerklike organisasies; wat hulleself na die wêreld wend of alleen nog maar wêreldse gewin tot hulle lewensinhoud maak. Ook dit wil Ek aanspreek, en waar dit nie deur My werktuie op aarde moontlik sal wees nie, kan Ek alleen nog deur die wêreldgebeure spreek. Ongevalle, katastrofes en vernietigings deur die natuur kan hulle miskien nog tot nadenke stem en dan is dit moontlik dat hulle sulke gebeurtenisse in verband sal bring met die voorspellings van `n naderende einde, wat ook nie hulle ore sal verbygaan nie, selfs as hulle nog dienare van die wêreld is. - En dit sal in die komende tyd nie aan oproepe ontbreek nie, wat in My opdrag, die mense moet wakker skud uit hulle diep sieleslaap. Ek wil hom wat geheel afsydig staan ook nog wen, op wie kerklike geloofsleringe geen vat het nie, wat egter aan `n duidelike verklaring van die doel en die betekenis van die skepping en aan die lewensopgawe van die mens, gewilliger hulle oor sal leen. Daarom moet aan hulle `n logiese motivering vir die wêreldgebeure gegee word, sodat hulle tot die geloof in `n hoër Mag gebring kan word wat vol Liefde en Wysheid heers in die heelal.
Ek beskik oor baie middele en weë, dus het Ek ook dienare op aarde nodig wat oor verskillende aanlegte beskik en daarom tot arbeid van verskillende aard in My wingerd aangestel kan word. Ek plaas al hierdie arbeiders werklik in op die korrekte plekke, waar hulle suksesvol besig kan wees. Maar elkeen van hulle het die opdrag om die mense van die naderende einde in te lig, want gelowiges en ongelowiges moet weet dat hulle in die laaste barmhartigheidstyd lewe wat hulle goed moet en kan gebruik om nie die einde te vrees nie.- En almal moet ook in kennis gestel word van wat Ek beoog met allerlei verskillende wêreldgebeurtenisse, met ongewone smartlike voorvalle, met siekte en nood. Want dit is slegs My liefde wat dit alles oor die mense laat kom, sodat hulle nog tot geestelike rypheid kan kom en die weg na My toe sal vind voor die einde.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205