Boek 5 - Tekens van die Eindtyd
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 18

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19.

EINDVERMANING
BD 7364 - 16 Mei 1959
Met die oog op die naderende einde word u steeds weer vermaan om uself oor u eintlike opdrag te besin, wat die rypword van u siel betref en nie die vervul van liggaamlike behoeftes nie. U moet steeds bewus wees dat elke dag vir u die laaste kan wees, dat u die volgende dag reeds geen aardse goedere meer ten dienste kan staan nie en dat slegs dit vir u oorbly wat die siel vir haarself verwerf het in haar aardse lewe.
Hoe jammerlik sal u dan staan wanneer u geen geestelike goedere kan aantoon nie, hoe armsalig gaan dit met u gestel wees, ondanks groot aardse aansien en rykdom. Niks daarvan kan u saamneem in die ewigheid nie, geestelike goedere daarenteen kan u nie ontneem word nie, dit is u eiendom en dit sal u bomate salig maak by die binnegaan in die geestelike ryk. U almal het nog maar met `n kort lewensduur te reken. As u die barmhartigheid gehad om reeds `n lang aardse lewe afgelê het, dank dan u God daarvoor, maar reken ook elke dag op u afsterwe en berei u voor daarop, want niemand weet die dag en die uur van sy afskeid van die aarde nie.
Maar vanweë die einde sal baie mense vroegtydig opgeroep word, en steeds weer sal dit volgens God se wil wees, wat probeer red wat nog te redde is. Want nie elkeen sal in staat wees om dit wat homself nog op aarde voor die einde sal afspeel, te oorlewe nie. Bowendien kan dit nog `n besondere barmhartigheid beteken wanneer `n mens die aarde vroegtydig kan verlaat, om in die ryk hierna nog `n moontlikheid te vind vir die rypwording van sy siel - omdat hy op aarde nalatig was in sy siele arbeid.
As u vooruit kon sien, sou u waarlik geen tyd meer bestee het aan wêreldse werk nie, maar u oogmerk slegs gerig hou op die arbeid vir u siel. Want alle wêreldse moeite en sorge sou u as nutteloos erken ten aansien van wat voor u lê. U mag egter nie gedwing word tot u lewenswyse nie, u moet die korrekte weg vrywillig inslaan en tevrede wees met die vermanings en waarskuwings wat God aan u deur Sy woord voorhou. - Maar u moet dit ook opvolg, want dit sal vir u `n seën wees.
Wie sy oë en ore oophou, kan self sien hoe dit in die wêreld tekere gaan, hoe chaos oral te sien is wat onherroeplik `n allernoodlottigste einde tot gevolg sal hê. En hoor hy nou God se woord, hoor hy Sy dienare wat hulle aan hom verkondig, dan sal dit vir hom maklik wees om sy lewenswandel dienooreenkomstig te gaan. Ten minste sal hy glo hoe naby hy voor die einde staan, wanneer hy glo wat God vir hom deur Sy bodes laat sê. Daar is nie meer baie tyd ter beskikking nie, maar tog was dit voldoende om u siel nog haar nodige rypheid te laat verkry as u die arbeid maar ernstig ter hand sou geneem het. As u uself besig sou hou om goed te wees, u medemens liefde te skenk, dade van onbaatsugtige naasteliefde te verrig, u blik tot God te wend en u hart en oor te open wanneer Hy u aanspreek.
U moet slegs die korrekte wil hê en God daartoe bid om krag en barmhartigheid, dan sal Hy u ook waarlik bomate met krag en barmhartigheid bedeel. Hy laat niemand alleen en sonder hulp wat homself na Hom toe wend vir beskerming nie, wat `n korrekte lewenswandel wil gaan na God se wil nie. Dit word omvat deur die liefde van God en hy word so gelei dat alles wat hom oorkom tot die verkryging van sy sielerypheid sal bydra.
Maar hy moet homself ernstig besin oor sy eintlike bestaansdoel en hy mag nie aarsel nie, want daar bly nie meer baie tyd oor nie. Hy moet luister na wat God se bodes aan hom verkondig en sy lewe daarvolgens inrig. En hy sal sekerlik goed daaraan doen, want die tyd wat u toegestaan was tot die rypword van u siel, loop ten einde.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205