Boek 31 - Oorsprong van die Bose
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 9

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15.

HOE ONTSTAAN DIE BOSE?
B.D.8863 - 2 Oktober 1964
Sodra u mense u God en Skepper in My sien, sodra u die korrekte verhouding met My tot stand gebring het, naamlik van `n kind met die Vader, staan u ook in die korrekte verhouding tot My, dit wil sê, u sal vervul wees met diepe deemoed en u sal wag om deur My aangespreek te word, wat Ek niemand van u sal weier wat op die korrekte wyse tot My bid nie - waarvoor die diepste ootmoed onherroeplik nodig is, want aan die ootmoedige skenk Ek My barmhartigheid.
U mense moet u egter vir My aanspreking oopstel, u moet elke gedagte wat in u opkom, na `n innige gebed, as `n antwoord van My sien. Want u kan dan onmoontlik iets anders dink as wat dit My Wil is, omdat Ek u belowe het dat u maar net op die goeie manier, dit wil sê, in gees en in waarheid tot My moet bid, sodat Ek u gebed kan hoor en verhoor.
Tog hoef u nie op ongewone resultate te reken, dat u My nou hoorbaar verneem nie, maar elke gedagte wat na innige gebed in u opkom, is My antwoord. En u sal dan waarlik maar net goeie gedagtes hê, wat nie uit `n ander bron kan ontspring as dan uit die van Myne. U moet steeds bedink dat Ek weet wanneer u gedagtes op My gerig is en dat geen gedagtes van die vyand u dan kan tref nie. U moet weet dat Ek vir u lief is wanneer u hierdie houding tot My het en nou kan Ek u gee na die mate van rypheid van u siel - of Ek My hoorbaar kan uiter, wat tog in `n heel enkele geval moontlik is. Wanneer Ek My egter hoorbaar kan uiter, is elke dwaling uitgesluit. Want dan klink dit in u soos `n helder klokkie, - u word oorgelukkig wanneer u My Stem so verneem. En Ek kan u dan openbaringe laat toekom van die diepste wysheid en u kan sulke openbaringe sonder beswaar glo en dit sal u geloof besorg.
Nou moet dit egter net in die oog gehou word, dat die mens homself verstandelik besig hou met probleme en dat sy verstand `n verkeerde weg kan gaan, waardeur die teenstander die moontlikheid gegee word om tussenbeide te kom - en die mens dan ook wel `n stem hoor, wat hom egter nie gelukkig maak nie, maar `n ligte onbehae in hom opwek. En hierdie stem los dan die probleem so op, soos wat dit met die wil van die mens ooreenkom. Daarom is dit reg en nodig om by sulke vrae dringend te bid en dat u die versoek om beskerm te word teen dwaling, vroeër na My opstuur, omdat hierdie bede u teen die werksaamheid van die teenstander behoed. Dan maak die mens homself gereed vir die antwoord wat hy dan ook van My Self kry, aangesien die versoek die teenstander wegdring.
En juis die vraag: Of die bose ook van My uitgegaan het, hou u mense ook vandag nog besig, net soos in die tyd van die openbaringe daaroor. Ek kan u egter steeds maar net sê dat Ek geen slegte gedagtes in My kan oorweeg nie, dat alles slegs goed kan wees wat van My uitgegaan het. Hoe het die bose dan in die wêreld gekom?
In die denkvermoë van die wese het u die verklaring. Want hy was vry, en kon dus die goeie gedagtes wat van My die wese toegestraal het, in vrye wil verander. En vrye wil beteken om homself na alle rigtings te kan ontplooi. Dus is die bose gebore in die vrye wil. Hulle was nie voorheen so nie! Dit is `n produk van die vrye wil. Dit is omdat die denkvermoë van die wese hom geen beperking opgelê het nie, `n skepping van hom, wat van sy mag blyke gegee het teenoor My en My Wil, wat dus - aangesien hy die gawe gehad het om te kan skep, nou ook die "bose" skep, dat dit aan hom te wyte was, wat hy in die wêreld gebring het en daardeur dus `n onrein wese geword het.
Steeds wil u My, as die volmaakste Wese, die bose ten laste lê, wat nooit in My `n plek sou kon vind nie. Dat My teenstander egter self sy herkoms in die bose gevind het - dat hy sy denkvermoë binne homself tot boos laat word het, omdat hy homself verwyder het uit die stroomkring van My Liefde en wat as `n "uittrede" uit My ordening van die ewigheid was, dit kan u nie vir uself voorstel nie. Dat hy, wat presies soos Ek, `n selfstandige wese was en wat hom van My uit die toegestraalde goeie gedagtes uit eie vrye wil verander en dit wel verander het, kan beskou word as die begin van die sonde teen My. Want Ek het alle wesens die vrye wil gegee, Ek het alle wesens met `n denkvermoë toegerus.
Hoe het dit dan gebeur dat nie alle wesens hulle vrye wil en hulle denkvermoë op dieselfde wyse gebruik het nie? Hyself was die een wat die bose uit homself voortgebring het, wat daarmee begin het, dat hy in homself `n verkeerde liefde gevoel het, dat hy My die krag misgun het en daaruit het dan al die bose voortgekom - maar wat die oorsprong in homself het, omdat hy sy denkvermoë verkeerd gebruik het, wat Ek egter vanweë die wilsvryheid nie kon verander nie, maar van My uit het daar geen verkeerde gedagtes na hom toe gegaan nie.
U moet steeds bedink dat die wese "Lucifer" iets anders was as die wesens, voortgebring deur die wil en die krag van ons beide, maar dat Ek vir My as `n ewebeeld in hom geskape het, `n wese, wat presies so was soos Ek Self en dat Ek ook die groot skeppingsmag aan hom gegee het en dat dit derhalwe ook uitermate goed was. Maar die enorme aantal van die uit ons voortgekome wesens het hom arrogant gemaak, en hierdie verwaandheid het sy denkvermoë tydelik vertroebel en dit was al `n geringe opwelling van eieliefde wat teen My Wese gerig was.Daarom sê Ek: Wie sy eie weg gaan buite My, hy verkeer nie meer in My orde nie. Die wese Lucifer - het met My gebreek en alles in hom verander tot "om in die grond sleg te wees." Hy het uit homself alle slegte eienskappe laat ontstaan en het hulle te voorskyn gebring. U kan steeds maar net sê: Hy, as ook `n mag gelyk aan My, het die bose in die wêreld gebring - egter nie dat Ek ook die bose in My sou gehad het en op die wesens sou oorgedra het nie. Want die feit dat daar ook nie-gevalle wesens was, moes u oortuig het dat hierdie denkvermoë nie tot die val sou hoef te gelei het nie, maar dat daar egter vir My teenstander baie middele ter beskikking gestaan het om sy aanhang netso tot `n val te bring.
Reeds die feit dat Ek, as die hoogste Wese, nie vir hulle sigbaar was nie, maar hy egter, wat in alle volheid van lig gestraal het en hulle hom as hulle God erken het, nieteenstaande die helderste lig, was `n rede tot verval, en dit het homself oor ewige lang tye uitgestrek.
Dus kon hy nie as "onsuiwer" gees deur My geskape gewees het nie, en kon die slegte eienskappe homself langsaam ontwikkel - maar nooit het dit hulle oorsprong in My gehad nie, daarenteen in hom, wat net soos Ek, magtig was – maar dat hy wel `n begin gehad het - wat hy baie goed geweet het. En so het die bose toe ook begin toe die verval van die geeste van My begin het. Tot dan was alles egter volmaak en dus het ook hy in alle volmaaktheid uit My voortgekom, wat egter nie uitgesluit het dat hy sy begaafdheid anders kon gebruik het as wat My bedoeling was nie.
En dit het dus sy "denkvermoë" tot stand gebring, wat Ek egter nie beskik het nie, omdat daar van My af na hom toe altyd maar net goeie gedagtes toegestroom het. En steeds weer wys Ek u op die ontsettende groot aantal van nie-gevalle wesens, wat eweneens `n denkvermoë gehad het, maar wat egter in Lucifer die misbruik van kragte ontdek het. Hy, wat die bose na die wêreld gebring het en Myself aan hulle as verantwoordelik voorstel omdat Ek die bose in My sou gehad het en hy dan so ook die mense wat daarvoor ontvanklik is, altyd op `n dwaalspoor kan bring.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205