Boek 31 - Oorsprong van die Bose
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 10

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15.

OOR DIE VRAAG: WAARVANDAAN HET DIE BOSE UITGEGAAN ?
B.D.8882 - 14 November 1964
Ek wil u help in alle geestelike nood, want u bevind uself in geestelike nood as u die suiwer waarheid moet verdedig en self nie weet of u denke korrek is nie. Net soos u, het My kneg* homself eens met hierdie vraag so tot My gewend. Dog `n lang debat het die probleem voorafgegaan waarby bostaande gedagte oorweeg was. Dus het die mens vir homself vooraf al `n mening gevorm voordat hy hierdie vraag aan My voorgelê het. En hierdie vraag was so beantwoord soos wat die menslike verstand dit uitgedink het. En omdat hierdie vraag hoogs belangrik was en van die beantwoording daarvan ook die laaste diepste geheim afhanklik was, naamlik My Volmaaktheid, het My teenstander `n maklike spel gehad om die antwoord op sy manier aan hulle te gee. *(Jakob Lorber. Opmerking van die Hollandse uitgewer)
Hy kon telkens tussenbeide kom, sodra hierdie vraag opgebring word, want dan spreek Ek nie meer Self deur My kneg nie, maar hy leen vrywillig sy oor vir die teenstander, waarteen Ek niks kon doen nie, omdat dit die vrye wil was wat aan My teenstander voorrang verleen. Hierdie voorstelling is moeilik te glo, aangesien My kneg homself heeltemal aan My ter beskikking gestel het. Hy moes egter nie vooraf `n kwessie, wat suiwer menslik beantwoord was, bespreek het met sulke gespreksgenote by wie My teenstander nog kon binnekom nie. Die antwoord was dus al deur die ander gegee, terwyl My antwoord sag in sy hart weerklink het, wat hy ewenwel nie aangeneem het nie. Want die gedagte dat die bose ook van My “uitgegaan het" lê by hom veel eerder voor die hand, as die gedagte dat die teenstander self die bose in die wêreld gebring het. En wanneer `n mens die ware verlange na die waarheid het, sou hy onmiddellik die ongeloofwaardigheid ingesien het van wat as geestesproduk aan My kneg toeskyn. Want die absurditeit dat leuen en waarheid, haat en liefde, dus alle teenstellinge hulle oorsprong in My het, wat vir elke denkende mens aanleiding moes gewees het om die goddelike oorsprong van hierdie openbaringe in twyfel te trek.
Dit geld slegs vir die openbaringe oor die "oorsprong van die bose". Dit moet steeds met die gedagtegang van die mens in verbinding gebring word, wat hierdie probleme oordink. Dat daar egter met verloop van die tyd ook baie veranderinge ontstaan het, kan ook nie ontken word nie; om welke rede Ek steeds weer `n suiwering moet aanbring, omdat deur sulke wysiginge, ook `n verandering van die sin ontstaan het. Hierdie wysiginge kan egter nooit vir My kneg ten laste gelê word nie, maar het in die loop van die tyd tot stand gekom.
En soos Ek u steeds weer sê dat die doel van My teenstander is en bly om u in My Volmaaktheid te laat twyfel, om u te verhinder om My u volkome liefde te besorg, dan sal u ook begryp dat hy homself van elke mens, wat lou en onverskillig is, en wat dus nie so nou met die waarheid omgaan nie, bedien om die doel te bereik. En steeds weer is daar mense te vind wat wil saamwerk, wat nie geskik is daarvoor nie.
Wanneer dit egter om sodanige vrae gaan waarby u mense op `n dwaalspoor gebring word, dan moet Ek ingryp en weer mense kies wat My in getrouheid en nougesetheid sal dien. Ek moet dan My Wese so aan hulle voorstel soos wat dit is, sodat hulle My ook kan liefhê uit heel hulle hart en met heel hulle siel. Dan moet Ek ook dwalinge regstel wat `n gevaar inhou, want geen dwaling bly sonder gevolge nie. En wie in `n dwaling verstrik raak, sal moeilik wys kan word daaruit en hy sal nie kennis aanvaar wat hy moet glo nie - en uiteindelik sy geloof heeltemal verloor.
Ek het u egter die belofte gegee dat Ek u sal binnelei in alle waarheid in. En so ook sal u opheldering ontvang, wanneer u ernstig daarvoor vra en die weg neem na My, wie alleen vir u die waarheid kan gee, wat u met My verbind in alle ewigheid.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205