Boek 31 - Oorsprong van die Bose
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 13

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15.

GOD SE WOORD IS DIE WAARHEID (JAKOB LORBER)
B.D.8909 - 10 Januarie 1965
U hoef nie te twyfel aan die geestelike leringe wat u van My ontvang nie, want Ek laat dit nie by eenvoudige beweringe nie, maar Ek motiveer alles en dit moet u die oortuiging gee dat u in die waarheid onderrig word. Maar Ek weet dat u op weerstand stuit, en dit sal My aanleiding gee om u `n bewys te besorg soos wat Ek dit al eenmaal gedoen het, deurdat Ek u op `n ander verklaring (deur Gottfried Mayerhofer) gewys het, wat dieselfde probleem aangeroer het. En deur hom, My skryfkneg, sal u `n lig ontvang. (Schopfungsgeheimnisse blz 91).
Omdat u uself in die laaste tyd bevind, gee Ek u daarom die volle waarheid, wat u sonder beswaar sou kan verbrei, met die wenk dat niks onveranderd bly, sodra dit onder die mensdom kom nie, wat self nog onvoltooid is.
En u kan glo dat ook die werk van Jakob Lorber `n verandering ondergaan het, en daarom nie meer suiwer bewaar gebly het nie. Bowendien was My kneg ook maar `n mens, wat homself kon vergis het en ook gedwaal het, toe alleen sy verstand `n probleem probeer oplos het, omdat My teenstander toe sy verstand kon beïnvloed het.
Hy het wel onder My beskerming gestaan en hy het waarlik vir die wêreld kennis nagelaat, sodat hy wel die grootste siener en profeet genoem kan word. Maar sy vrye wil moes Ek hom laat, wat slegs die aanleiding was dat die teenstander tussenbeide kon kom, anders sou hy nie so 'n duidelike teenspraak, kon laat ontstaan soos wat hom by die beskrywing van My Wese voorgedoen het nie, naamlik dat - alle teenstellinge in My aanwesig sou wees.
Maar Ek sal My beskerming van geen enkele ontvanger van My Woord weerhou, wat waarlik worstel oor die korrekte insig, wat steeds net die suiwer waarheid te wete wil kom en verbrei nie. En dit moet vir u voldoende wees en u versterk in die stryd teen die dwaling, want Ek sal met u gaan en u ook nog die bewys van u korrekte denke laat vind.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205