|
Boek 31 - Oorsprong van die Bose BERTHA DUDDE
Hoofstuk 3
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15. |
|
|
HET GOD DIE VAL VEROORSAAK? B.D.7932 - 1 Julie 1961 Ook dit sal vir u mense eenmaal begryplik word, dat Ekself nimmer My invloed sal uitoefen en ooit uitgeoefen het op die geestelike, wat Ek as vry en selfstandig naas en buite My geplaas het. Want sodra Ek hom geskep het as `n selfbewuste wese, besit hy ook `n vrye wil en hierdie vrye wil was nie in die minste gebonde aan My Wil nie, aan die aanstraling van My Liefde of aan enige invloed van My kant af nie. Die wil was heeltemal vry en kon aan alle rigtings voorkeur gee. Maar omdat die wese `n vrye wil gehad het, was daar ook die waarborg dat hy eenmaal die toestand van skepsel kon verander na die toestand van "kind", wat sonder die vrye wil ondenkbaar sou was. My doel by die skepping van die wesens was egter om ware “kinders van God” - dus wesens, wat hulleself in die hoogste volmaaktheid bevind, wat hierdie volmaaktheid ewenwel self moes bereik. Steeds weer sal die vraag by u mense opkom of die gedagte van `n afvalligheid van My in die wesens gelê is; of hulle as`t ware moes verval, omdat Ek My die doel van "ware kinders" gestel het, met die skepping van die wesens. Maar dan sou u ook `n vrye wil van die wesens kan bestry, wat egter die oorsaak was en ook die moontlikheid gee van `n afvalligheid. Maar Ek het van die ewigheid af vooruit gesien hoe My skepsele hulle wil sal gebruik en kon dus ook die gegronde doel van hierdie afvalligheid sien. Dog sowel die verval, asook die doel, was absoluut nie deur My bepaal nie. Die verval was `n gevolg van die vrye wil, dit hoef dus nie te gebeur het nie. Die doel is wederom die uitvloeisel van die vrye wil. Dit sal eenmaal bereik word, maar oor die tydsduur beslis die wese weer self. En so moet dus gesê word dat Ek weliswaar van alles op hoogte is, dat die een altyd die grondslag is vir die ander en dat daar geen verval sou gewees het as Ek die vrye wil van die wesens sou weerhou het nie, wat egter ook die doel, wat My beweeg het met die skep van alle wesens, ongegrond sou gemaak het - en wat slegs die hoogste geluksaligheid beteken, selfs al gaan tye van onmeetlike lyding dit vooraf. Maar die verval van die wesens in vrye wil, was `n oortreding teen My en My Liefde. Want die wese kon ook sy wil met Myne laat saamgaan het, hy hoef homself nie van My af te gewend het en uit die wet van die ewige ordening getree het nie. En ook die tallose wesens wat by My gebly het, het die bewys gegee en is tog onmeetlik geluksalig. En ook hierdie wesens word toegelaat tot die kindskap van God, as hulle die gang deur die diepte wil gaan, met die doel om die gevalle broeders te verlos. Die afval van My af, was egter nie My werk nie, nie My Wil nie; dog terwille van die hoogste doel, het Ek dit laat gebeur en het steeds weer aan hulle benadruk dat hulle (hierdie wesens) die hoogste insig het, dat die helderste "lig" hulle verlig en daarom die verkeerde rig van hulle wil `n verkeerde gebruik van hulle wilsvryheid was, wat dan ook die onsalige toestand tot gevolg sal hê. Ek het hierdie verval nie verhinder nie, aangesien Ek die wilsvryheid andersins self nie sou eerbiedig het nie, wat die wese egter as `n goddelikke wese bestempel het, want iets volmaak sonder vrye wil is nie denkbaar nie. En wanneer u eenmaal die doel sal bereik het, om `n ware kind van God te geword het, dan sal u ook My plan van "vergoddeliking" volledig begryp en u sal ook die verval van die geeste met ander oë beskou, ofskoon dit `n swaar vergryp teen My Liefde was. En omdat die wet van die ewige ordening onveranderlik is, kon die vergoddeliking altyd maar net ooreenkomstig die wet plaasvind. Dit kan nie anders bereik word nie, omdat alle goddelike eienskappe, wat Ek by die skep in hierdie wesens gelê het, in vrye wil nagestreef moes word, wat deur die verval van My `n noodsaaklikheid geword het, maar ook veel moeiliker was, as om in die toestand van volmaaktheid te bly in vrye wil. Dat die wesens verval het en dus gesondig het teen My, het ook `n uiters lang toestand van ellende aan hulle besorg, wat nooit sou kon gebeur het as Ek hierdie verval Self op een of ander wyse sou veroorsaak het nie. Die volmaaktheid van die wesens kon nie in twyfel getrek word nie, en tog het hulle geval, wat steeds net met die wilsvryheid te verklaar is, wat net so `n goddelike barmhartigheidsgeskenk was wat hulle nooit ontneem sal word nie. Deur die proses om die gevalle geestelike terug te voer, is die moontlikheid ook aan die nie-gevallenes gegee om tot die kindskap van God te kom, omdat hulle die weg deur die "diepte" ook vrywillig kan gaan, terwille van `n verlossende missie, wat dus die verval van My, nie die enigste voorwaarde maak om die kindskap van God te bereik nie, veeleer het Ek waarlik nog ander weë om die wesens, wat deur My geskape is, tot My kinders te vorm. Die verval was dus nie nodig nie, maar vanweë die wilsvryheid moontlik. En Ek het dit van die ewigheid af voorsien en kon daarom ook die heilsplan opbou met die doel, wat vir My, sowel as ook vir die wesens wat deur My geskape is, bomatig gelukkig maak - en wat Ek ook eens sal bereik. En ook uself sal u eenmaal in die staat van hoogste volmaaktheid bevind en insien en begryp, watter onmeetlike LIEFDE na al My skepsele uitgaan. En dat hierdie LIEFDE slegs die goeie kan voortbring en dus ook die wese wat deur hulle eie skuld die dood gevind het, weer die Ewige Lewe kan verskaf. AMEN
|
|
|
|
|