Boek 31 - Oorsprong van die Bose
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 11

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15.

VOORTSETTING VAN 8882. (HOE ONTSTAAN DIE BOSE)
B.D.8883 - 18 November 1964
Wat u ookal mag terneerdruk, kom met al u sorge na My toe; want slegs Ek kan u help en Ek sal u ook help sodra u uself aan My toevertrou. Maar Ek verlang van u `n vaste geloof in die waarheid van dit wat u deur My Gees verneem het. Want slegs die sterkte van u geloof stel u in staat om My onvoorwaardelik te vertrou, sodat Ek u niks anders as die suiwer waarheid kan aanbied nie. Maar as u die waarheid ingesien het, is dit ook u plig om dit uit te brei. Want niks is gevaarliker as om `n dwaling te duld, wat onvermydelik `n groter dwaling tot gevolg sal hê nie.
Want die dwaling is die middel van die teenstander om u na benede in die duisternis te trek. Ek wil egter dat die suiwer waarheid ingang vind, en het My dienare die opdrag gegee om vir hierdie, deur hulle ingesiene waarheid, op te kom, om dus elke dwaling uit te roei, want slegs die waarheid lei na die voleinding. En die waarheid is en bly vir ewig: Dat u almal uit My Liefde voortgekom het en daarom ook in alle volmaaktheid, dat u self egter uit die ordening getree het en gevolglik sondig geword het.
Steeds weer sê Ek vir u dat My teenstander, wat eens as My ewebeeld geplaas was as hoogste liggees, deur sy verval van My, eerste die sonde in die wêreld gebring het; dat Lucifer dus, wat as My ewebeeld met gelyke skeppingsmag toegerus was, op grond van hierdie mag die sonde uit homself voortgebring het; dat die sonde vooraf in geen enkele wese aanwesig was nie en dit daarom absoluut foutief is dat Ek Self in My die suiwer teenstellinge sou hê. Dan sou Ek nie volmaak gewees het nie en sou ook nimmer die volmaakte kon geskep het nie. Juis soos wat Ek slegs die goeie, die goddelike in My het, net soos watdie Liefde die vernaamste beginsel was, het Lucifer presies net so, na sy sondeval, die bose in homself. Alles in sy wese het totaal verander, hy het aartsboos geword, hy was deur sy haat gedrywe, en sy wese was maar net leuens en heeltemal van die waarheid afgewend.
Maar nooit as te nimmer kan u in My leuens en waarheid, duisternis en lig, haat en liefde, dus al die teenoorgesteldes aanneem nie, want dit sou nie ooreenstem met `n volmaakte Wese, Wie se oersubstansie LIEFDE is. Al hierdie eienskappe kleef wel die mense aan, en dit is die gevolge van die afwysing van die krag van My Liefde. Wanneer Ek `n wese volmaak geskape het, dan beteken dit dat hy geheel en al in My ewige ordening verkeer en hy sou hierdie ordening vir ewig nie omver hoef te werp nie.
Maar daar was `n tweede mag aan die werk, wat in dieselfde mate haar krag negatief gebruik het en hierdie negatiewe krag ook op wesens oordra het wat afgeval het, wat dus die aanstraling van My Liefde afgewys het en hulleself daardeur by die mag geskaar het wat alle slegte eienskappe oorgedra het op hierdie wesens. Dit alles was die gevolg van die afval van My, wat Lucifer ten laste gelê moet word, want in My is waarlik niks teenstrydig aanwesig nie - aangesien Ek andersins geen God van Liefde genoem kan word nie, as haat reeds in My veranker sou wees; en ook sou Ek geen God van waarheid gewees het, as leuens homself tegelykertyd in My bevind het nie.
U, mense moet tog helder dink, u spreek iets uit wat nie met die beeld van God ooreenkom nie, wat Ek van die ewigheid af is en sal bly: `n Hoogs volmaakte Wese, wat in alle volmaaktheid werk en kon skep, wat geen onvolmaakthede in Hom het nie, Wie se Liefde geen einde het en ook na die gevalle wesens sal uitgaan tot in alle ewigheid. Dat My teenstander, wat eweneens magtig was, sy mag so sou misbruik het om sodoende `n wêreld te skep wat teenstrydig was aan die wêreld van suiwer geeste - dit kon hy wel doen, omdat sy vrye wil alle eienskappe nagestreef het wat in stryd was met My volmaakte Wese, en hy het dan al hierdie eienskappe oorgedra op die leër van afgevalle geeste.
Waar Ekself dus suiwer Waarheid is, daarteenoor het hy die leuen geplaas. Waar Ek Liefde skenk, daar bring hy haat voort. Waar Ek lig gee, daar versprei hy duisternis. Hy plaas alle goeie eienskappe, wat in die goddelike veranker was, om in die bose, en sy invloed het sterker geword, hoe meer die wesens hulleself teen die straling van My Liefde verset het. Uit hom het al die bose voortgekom en die mense is min of meer met sy erflike kwale belas. Die hele aardse wêreld is `n wêreld van weerstand teen My, maar wat My oneindige Liefde eenmaal sal breek.
Want dit moet u weet, dat Lucifer eens die geluksaligste wese was, in alle volmaaktheid geskape en ook eindelose tye in hierdie geluksaligheid gebly het. Dat hy egter toe hy My Liefdeskrag afgewys het en die bose uit eie beweging geskape het, as gevolg van sy mag, en hy nou My teenpool geword het. En almal wat hom gevolg het, het sy slegte eienskappe oorgeneem en My teenstand gebied. En die afwysing van die krag van My Liefde het tot gevolg gehad dat hulle hulleself verhard het, tot materiële skepping omvorm was en `n eindelose lang gang deur die skepping sou moes gaan om nou, as mens, te stry teen alle nie-goddelike eienskappe, wat deur Lucifer op die gevalle wesens oorgedra was.
En nou kom dit daarop neer of hulle die aanstraling van Liefde weer vrywillig sal aanneem, want My Liefde is almagtig en Sy sal eenmaal bereik dat elke wese haarself sal oopstel en My Liefde sal begeer, wat egter ook aan die geluksaligste wesens behoort wat nou ook hulle doel bereik het, naamlik om My kind te geword het wat nooit meer van My af sal weggaan nie, wat homself weer met My verenig het en weer volmaak is, soos wat dit van die allereerste begin was.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205