Boek 31 - Oorsprong van die Bose
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 15

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15.

OOR DIE OORSPRONG VAN DIE BOSE
B.D.8913 - 16 Januarie 1965
As u so innig om die waarheid vra, sal u tog nie glo dat Ek u verkeerd sal onderrig nie. Gedenk My Woorde: "As jy, wat sleg is, goeie gawes aan u kinders gee, hoeveel te meer sal Ek dan, as u Vader in die Hemel, aan hulle My Gees gee wat My daarom vra!" Dit is dus nie u eie gedagtes wat u neerskryf nie, maar My Gees gee dit vir u in, en altyd so, dat u die betekenis kan begryp, dat u nie hoef te vrees om mislei te word nie. Wat van bo tot u kom, moet duidelik en vir iedereen begryplik wees, moet in sigself geen teenstrydighede bevat nie en My Wese heeltemal onbevange aan u beskryf, sodat u nie die geringste twyfel in u sal voel opkom nie.
U, wat as mens op die aarde vertoef, u is die geestelike wesens wat eens van My afgeval het. Deur u afvalligheid van My, het u denke verward geraak. U het al My teenstander se slegte eienskappe aangeneem, wat nie van My Self uitgegaan het nie, maar van My teenstander. U wese het nie goddelik gebly nie, dus het u teenoor My te staan gekom. Hierdie nie-goddelike eienskappe moes uit u verwyder word, waarvoor die eindelose lang gang deur die skeppings moes dien.
U het al `n sekere rypheid bereik toe u uself op die aarde kon beliggaam. Maar nou, in bewustelike staat, besef u met `n goeie wil, die groot afstand tot My, en dus moet u al u slegte eienskappe self oorwin, wat Ek Self egter nie in u gelê het nie, maar wat as gevolg van u afvalligheid van My, deur die inwerking van My teenstander, nog in u was. U moet self die gevolge daarvan dra, omdat u die kwaad van My teenstander self vrywillig aangeneem het.
Hierdie waarheid bly onherroeplik bestaan. Ek Self het u wel so geskape dat u kon ervaar wat goed en wat sleg was. Ek Self het u so geskape dat u, beide na die goeie, asook na die bose, kon verlang. Ek het u egter nie daartoe gebring dat u die bose in u moes opneem nie. Maar u verlange was daarop gerig en die gevolge daarvan is dat u al die slegte neigings in die aardse lewe, wat My teenstander eens op u oorgedra het, nog in u het, en dat u hierteen moet stry en dit ten laaste sou moet oorwin.
U kan nie aanneem dat die bose van My uitgegaan het nie, aangesien u andersins die hele skeppingsplan as knoeiwerk sou moet beskou, wat egter `n werk van die hoogste volmaaktheid was.
Nooit kan iets sy oorsprong in My hê, wat Ek as "sonde teen My" bestempel nie. As u dus gesondig het, dan moet u ook in stryd met My wet van die ewige orde gehandel het en u moet u sondeskuld, so ver dit vir u moontlik is, self aflos in die aardse lewe. Maar u kan nooit sê dat Ek u Self so geskape het soos wat u nou as mens is nie, as u daarmee die foute en gebreke bedoel waarmee u te kampe het.
Hierdie teenspraak is so opvallend dat u dit as sodanig moet insien en afwys. Ek het wel die mens geskep, maar die eintlike is die siel, wat al baie van die nie-geestelike kon afskud tydens die eindelose gang van vroeër. Hulle is die oergeeste wat eens geval het, en wat nog die gevolge van hulle verval moet dra - totdat hulle verlos sal wees van hulle oerskuld, maar tog nog met die begeertes wat My ‘teenstander' in hulle gelê het, moet afreken, om hulleself heeltemal te kan verenig met My, hulle Vader van die ewigheid, uit Wie hulle hoogs volmaak voortgekom het.
My Woord van bo word u waarlik so gegee dat dit vir u begryplik sal wees, en daar word van u niks anders verlang as dat u dit as waarheid aanneem nie. Dog het Ek wyslik vir die skrywer die kennis van die geskrifte in verborgenheid gehou, om haar blik nie te vertroebel nie en slegs dit neer te skrywe wat Ek as baie belangrik beskou, oplettend op die einde, omdat juis hierdie vrae aanleiding sal gee tot heftige debatte. Dog een ding kan nie misken word nie, dat die mense liewer daartoe oorgaan om in `n God te glo wat hoogs volmaak is, en wat elke goeie mens voel dat dit hom teen die bors stuit om homself in God ook die draer van die bose voor te stel. En dit gaan daaroor dat Ek nie die wêreldwyses wil wen nie, maar slegs hulle wat van goeie wil is.
Hoe is die baie Bybelskrifte egter te verklaar, waaruit die leser aflei om My Self met die bose te kan konfronteer? By hierdie duiwelse geleentheid kan hy die beste binnesluip en al te graag gaan die menslike wil hier op sy wil in. Niemand verkeer in die posisie om hom die waarheid te sê soos My Johannes dit gedoen het, toe Satan hom dieselfde vraag gestel het.* So is My Johannes ook nou aan die werk om vir u mense `n helder lig te ontsteek, wat niemand kan uitdoof nie, hy sal vir u ook nou die teenstrydigheid ophelder wat egter geen teenstrydigheid is nie. *(Jakob Lorber/Bisschop Martinus 197,198)
Vanuit God het al Sy wesens voortgekom, dus ook hy, die grootste en magtigste gees, (Lucifer) wat Hy Self vir Hom geskep het om in hom `n afspieëling van Homself te hê, in wie Hy onophoudelik die krag van Sy Liefde kon straal, en van wie Hy ook hierdie liefdeskrag kon terug ontvang. Hy het dus vir Hom `n ewebeeld geskep wat Hy presies so uitgerus het met alle vermoëns, sodat geen onderskeid tussen Hom en die skeppingswerk was nie, as dat Hyself die Bron van Krag was, en Sy skepsel egter die ontvanger van die Krag was. Sodoende was die eerste geskape Gees, Lucifer of te wel Ligdraer, ook "uitgestraalde Krag" wat as die eerste sigbare wese deur God buite God Self geplaas was - en dat hy dan vir alle daarna opvolgende wesens ook sigbaar sal bly totdat hulle verval.
Maar die wese was toe nog geen teenpool van God nie, want hy het nóg aan God teenstrydige eienskappe, nóg aan God teenstrydige gevoelens gehad nie. Inteendeel: Daar het `n vurige liefde tot Hom ontvlam en sy wil was net so gerig soos God se Wil. Ook hier is weer die duiwelse lis onmiskenbaar: Dat hy die tydstip van die verval van God verplaas na die skeppingsdaad, om juis God as die verantwoordelike en hy homself as "so geskape" voor te stel. Want dink ernstig hieroor na: Hoe kan `n "geregverdigde teenstelling" van God, wat dus anders is as God Self, "nie ongoddelik" wees nie?* (Leopold Engel, Ev.ll, hfst.15, alinea 6) Hy het eers tot Sy teenoorgestelde geword na ondenkbare lang tye, nadat hy, deur die leër van eerste geskapene oergeeste aangespoor, sy wil en denkvermoë begin te verander het. Maar ewigdurende tye van geluksalig wees het sy val voorafgegaan en hierdie ongoddelike eienskappe het daarna uit hom voortgekom, maar nie, omdat God dit in die geskape wese sou gelê het nie; wat juis maar net as God se ewebeeld geskape kon gewees het. Ook hierdie vingerwysing was nodig om volledige duidelikheid daaroor te verskaf; dat nie God die veroorsaker van die sonde was nie en Sy (skeppings) werk sonder enige twyfel vanuit Sy Liefde voortgebring het en daarom nie anders as volkome, dit wil sê, goed in die hoogste volmaaktheid, moes gewees het nie.
U moet die openbaringe van bo kan begryp, aangesien u andersins wel `n vreemde invloed sal moet aanneem wanneer iets onbegryplik vir u aangebied word. Want daarom het God Sy woord na die aarde gestuur om u `n lig te gee, en slegs indien u werklik lig ontvang, sal u ook God Self as die Gewer kan herken. Maar dan weet u ook dat u baie verseker in die waarheid wandel, omdat Hy hom nie in die duisternis van gees laat, wat homself aan Hom toevertrou het en Hom vra om die waarheid te stuur nie.
AMEN

 
 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205