Boek 31 - Oorsprong van die Bose
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 5

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15.

VOORTSETTING VAN 8858. (HET GOD DIE VAL VEROORSAAK?)
B.D.8859 - 24 September 1964
As die geloof in My volmaaktheid u ontneem word, as u daaraan twyfel, dan het u ten prooi geval aan `n dwaalleer wat u ook alle geloof kan ontneem. Want dit is u dan geensins gewaarborg dat Ek in volle waarheid tot u spreek nie, wat slegs `n hoogs volmaakte Wese u kan aanbied. En u vroeëre wil sou dan nie so swaar geweeg het nie, omdat u dan net so "onvolmaak geskape" daarin `n rede sou kan sien dat u geval het. En hierdie dwaling moet baie beslis weerlê word, u moet weet dat u in die "helderste lig" gestaan het, toe u geval het, dat nie die geringste skemering of duisternis u omgewe het op die oomblik van u afval van My nie, en dat u net soos Ek, hoogs volmaak was, dit wil sê, ligwesens was wie se val eenvoudig onbegryplik sou gewees het as die vrye wil u nie vervul het as teken van u goddelikheid nie; dat ook die eerste geskape oergees met dieselfde volheid van lig uitgerus was en nie hoef te geval het nie, dat hy egter self in vrye wil heeltemal verander het in die teendeel, was nie My Wil nie, dit was nie My werk nie, dit was slegs die gevolg van sy vrye wil, wat egter nie My volmaaktheid in twyfel kon trek nie.
Dit was ook nie van die ewigheid af bestem dat die eerste geskape oergees moes val nie, ofskoon Ek van die ewigheid af gesien het hoe hy sy wil sou rig. Dog, as hy moes val, soos u ten onregte aanneem, dan sou hy geen vrye wil gehad het nie, en Ek sou geen volmaakte Wese wees nie, as Ek My Wil op hom sou oorgebring het. Dit alles moet vir u, wat My volmaaktheid betwis, tog duidelik wees, u, wat uself laat beïnvloed deur voorstellinge wat die menslike verstand u voorlê om My en die suiwer waarheid te ondermyn. Ek kan nie dikwels genoeg die foute weerlê wat steeds weer binnesluip in My Woord nie, hoewel Ek My bodes, wat dit regstreeks van My ontvang, beskerm. Dog sodra die verlange na die suiwer waarheid nie oorheers nie, kon My teenstander ook ingryp en verwarring stig, deurdat hy in die eerste plek My volmaaktheid betwyfel en dat dwaallere daaruit voortkom wat Ek steeds weer uit die weg moet ruim, as Ek wil hê dat die waarheid aan die mense gebring moet word.
En dit is vir die einde baie belangrik, omdat My Wese juis voorgestel moet word, om die liefde tot My te kan opwek wat Ek van My skepsele verlang. En hierdie liefde kan slegs aan `n hoogs volmaakte Wese geskenk word, wat nie die geringste onvolmaaktheid in Hom het nie.
Dit en waarom My eerste geskape gees geval het - is slegs aan My bekend, maar dit is ook aan u, sover u in staat is om dit te begryp, duidelik gemaak. Maar as u My Wil daarmee in verbinding bring, wat elkeen die hoogste geluksaligheid wil besorg, dan is dit van so 'n kras genre, (soort) dat slegs `n onontwaakte gees, `n suiwer verstandelike denke kon versin. Want My Wil is goed en sal nimmer iets teenoorgesteld teweegbring nie, Hy sal homself steeds net volgens My Liefde kan uiter, dus in geen geval die val van die eerste wese Self bestem het nie, maar egter elke wese ook met sy vrye wil gelaat het hoe hy hom ook dan gebruik.
Omdat Ek van die ewigheid af op die hoogte was daarvan en nou ook My heilsplan daarop kon opbou, omdat Ek gesien het met welke haat hy My nou sou weerstaan, het hy nou My teenpool geword, maar wat My nogtans help met die verlossing van die enorme groot aantal van My wesens, al is dit ook teen sy wil. Want een ding kon Ek nie doen nie: Om kinders vir My te skep, omdat die vrye wil van die wese self daartoe werksaam moet word. En dit was vanaf die begin My plan gewees, waarvoor die val van My eerste wese in die diepte egter nie noodsaaklik was nie, want waarlik, Ek het nog baie moontlikhede gehad om die doel wat Ek Myself gestel het, te bereik. En gevolglik sou Ek nie Self iets gewil het wat `n sonde sou wees teen My Self nie, waarvoor Ek dan die wesens `n eindelose lang gang in ellende sou laat gaan het om weer dit te word wat hulle in die allereerste begin was.
So 'n voorstelling van My Oerwese, wat slegs in die hoogste volmaaktheid kan skep en vorm, is vals en sal steeds weer as vals gebrandmerk moet word. Want in die diepste Liefde, in onoortreflike wysheid, het Ek vanuit My Mag alles geskape wat is. En dit alles bewys ook My volmaaktheid, want Ek skep niks sonder sin en doel nie en wil daarom ook as hoogs volmaak gesien en bemin word.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205