|
Boek 26 - Geestelike Nood BERTHA DUDDE
Hoofstuk 7
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16. |
|
|
WAT IS GEESTELIKE NOOD? B.D.7209 - 17 November 1958 U, mense is nie bewus van die groot geestelike nood waarin u uself bevind nie, omdat die wêreld u sinne nog gevange hou en u daarom heeltemal nie die duisternis raaksien wat u denke omhul nie. Elke dag kan vir u die laaste wees op hierdie aarde. Geen mens ken die uur van sy dood nie en geen mens kan sy lewe met `n uur verleng nie. En daaroor dink u nie na nie, anders sou u voorbereidings getref het vir dit wat daarna kom, omdat u tog weet dat u niks sal kan saamneem na die anderkant, wanneer u van die aarde sal moet skei nie. Maar hoe is dit met u siel gesteld? Dink u ooit wel tog ernstig daaroor na wat u lot naderhand sal wees? U weer sulke gedagtes af en wys dit ver van u wanneer dit eens in u opkom en tog kan u siel haar in `n noodsituasie bevind dat sy die liggaam sonder lig sal moet verlaat wanneer die uur van die afskeid geslaan het, dat sy haarself in die diepste duisternis terugvind in die geestelike ryk en arm en ongelukkig ronddool, omdat sy nie weet waarheen sy haar moet wend in hierdie duisternis nie. U is dit self, dit is u eintlike ek, wat nie kan vergaan nie, selfs wanneer die siel die liggaam moes verlaat. Maar glo nie dat u nie meer daar is nie, dat u bestaan met die dood van die liggaam afgeloop is. U bestaan nog presies so werklik as op aarde en u voel leed en kwelling net so en nog veel sterker, omdat u sal insien dat dit u aan alle krag ontbreek om u toestand te kan verander. `n Omstandigheid wat u onuitspreeklik sal kwel, omdat u dit sal moet verdra deur eie skuld. Want sou u maar meer bewusteliker kon lewe op aarde, dan sou die siel nie so ellendig na die hiernamaals oorgegaan het nie, omdat `n klein ligskynsel haar dan op die weg sou wys wat sy hierbo moet gaan om opwaarts te klim. Want hierdie moontlikheid besit elke siel: Dat sy dit kan voortsit, wat sy op aarde versuim het, as sy self maar wil. Maar of sy van hierdie moontlikheid gebruik gaan maak, berus by haarself, maar vereis eers `n klein ligskynsel van insig, waarsonder sy hulpeloos en ellendig in steeds dieselfde gesteldheid bly. En wanneer die mens op aarde maar so ver aan homself werk dat hy moeite doen om te glo in `n voortlewing, `n lewe te lei volgens die Wil van God, wanneer hy maar probeer om sy foute en swakhede af te lê en teenoor die medemens liefdevol optree, dan kom hy uit die diepste duisternis na buite in `n swak skemerlig; en kom hy met so `n skemerlig in die ryk hierna, dan vind die siel al makliker die weg en sien sy haar verdere opgawe in en poog om dit te vervul. Want sy is nie volledig blind nie en die grootste kwellinge sal haar gespaar bly. Maar hoeveel mense dink geen enkele keer op `n dag aan hulle sieleheil nie, hulle hele denke en strewe behoort alleen aan die aardse wêreld en die behaal van voordele wat alles slegs aardsgerig is. Die groot geestelike nood is, dat die mense glad nie weet waarom hulle op hierdie aarde is nie, dat hulle steeds net die lewe self belangrik vind en hulle hulleself nie afvra om welke rede die lewe aan hulle gegee was nie. En nou gaan hulle in hierdie duistere gesteldheid die einde van die aarde tegemoet, wat plotseling en onverwags sal kom en die lewe van ontelbare mense nog voortydig sal beëindig, die wie hulle glad nie met gedagtes oor die dood besig hou nie, omdat hulle dink dat hulle nog baie tyd het. Al hierdie mense is nog so gebind aan die aardse dat hulle hulleself ook in die sfeer van die aarde sal ophou, wanneer die einde gekom het, sodat ook `n opgaan in die hiernamaals vir hierdie siele onmoontlik sou wees, omdat hulle nog lank nie in staat is om hulle van die materiële wêreld los te maak nie. En vir vele van hulle word die materie ook weer die verblyfplek, omdat hulle nog nie ryp genoeg is vir `n geestelike sfeer nie. En dan begin die toestand van kwelling weer, wat hulle reeds lankal oorwin het. Maar die mense glo dit nie, wanneer hulle aangemaan word om die kort tydjie op aarde nog te gebruik vir hulle sieleheil nie, hulle glo dit nie en kan ook nie tot `n ander lewenswandel gedwing word nie. Alleen die liefde van die medemens wat weet, kan probeer om op hulle in te werk, en die liefde sal ook so af en toe iets tot stand kan bring, ofskoon so `n mens die volle wilsvryheid behou. Maar tot aan die einde moet vir sulke siele geworstel word, tot die laaste toe moet die stryd van die lig teen die duisternis gevoer word, omdat die kragte van die duisternis juis dit besonder heftig voer en die kragte van die lig daarom van hulle kant die stryd nie mag opgee nie. En `n klein ligstraal kan al sukses hê en die duisternis deurbreek, wat steeds die redding van `n siel beteken, wat oneindig dankbaar daarvoor sal wees, selfs as daar maar net `n bietjie skemerlig haar omgewe. Maar om die diepste duisternis te ontvlug, beteken ook om bevry te wees van die vors van die duisternis en dat sy die lig tegemoet sal gaan. Amen
|
|
|
|
|