Boek 26 - Geestelike Nood
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 2

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16.

DIE GEESTELIKE NOOD IS GROTER AS DIE AARDSE. DIE WERKSAAMHEID VAN DIE TEENSTANDER.
B.D.5526 - 6 November 1952
Die geestelike nood is groter as die aardse. Die werksaam wees van die teenstander wie se geestelike nood nog veel groter is as die aardse, want die mense lewe nie meer in die waarheid nie en elke dwaling is `n hindernis om opwaarts te gaan, elke dwaling is geestelike stilstand of selfs agteruitgang, want die dwaling is die werk van My teenstander om die weg na My te versper, om dit onvindbaar te maak; elke dwaling versterk sy mag en gee hom steeds nuwe geleenthede om die duisternis van die nag oor die mense uit te sprei. Dwaling is alles wat daartoe bydra om die herkenning van My Self moeilik te maak. Dwaling is alles wat die mense verhinder om met My verbinding te soek en te vind;
My doel en strewe is dat die mense hulle met My verenig, dat hulle na My verlang en poog om die verlange van die hart te bevredig. My doel is om die liefde van My skepsele te wen. Alles wat daartoe bydra is goed en nooit die werk van die teenstander nie. Maar wat die mense verhinder om hierdie verbinding met My te vind, alles wat hul blik êrens anders op rig as op My, is die werksaamheid van My teenstander. En u sal hom derhalwe baie maklik kan herken in alles wat u aangebied word, hetsy geestelike leringe, hetsy boodskappe uit die geestelike ryk, hetsy gebeurtenisse, dit maak nie saak van welke aard nie. Steeds sal dit tot u moet deurdring wat die bedoeling daarvan is. En lei dit u van My weg en na die wêreld toe, of bemoeilik dit die innige band met My, dan weet u ook dat My teenstander aan die werk is en trag om u mense van My weg te lei. Hy gebruik ook middele wat My werksaamheid moet voorkom, hy verafsku dit nie om skynbaar vir My te werk om die liggelowiges te wen wat hom nie herken nie en daarom aanneem wat hy hul aanbied. Die liggelowigheid van die mense begunstig sy praktyke, want hulle neem aan sonder ernstige ondersoek sodra daar maar `n ligte stampie gegee is wat van hulle (as reaksie) geloof vra. Dit is sy lis, wat skynbaar die geloof versterk en dit tog in `n verkeerde rigting stuur.
Die waarheid word voortdurend na die aarde gelei, dit word voortdurend na die mense gebring en tog word die grofste dwaling en leuen veel eerder deur hulle aangeneem as slegs `n vonkie waarheid wat die toestand van hul gees sou verlig. Maar My teenstander het `n vaste fondament, hy staan op `n bodem wat deur die mense self vas en duursaam gemaak word: My teenstander werk daar waar die mense glo dat hy My gebied betree het; ook is dit sy lis wat weer alleen blootgelê kan word deur die suiwer waarheid, wat Ek die mense bring deur My woord; maar slegs moeisaam vind die woord van My daar ingang waar die teenstander sorgvuldig alle poorte versper; en die mense plaas hulle agter My teenstander en versterk hom in sy mag.
Daarom is die geestelike nood onbeskryflik groot en tog nie deur dwang op te hef nie, want die vrye wil van die mens moet self daarna streef om in die lig te tree, dan sal dit ook spoedig helder word in hom en dan begin die bodem onder die voete van My teenstander weg te sak: Sonder die waarheid kan die geestelike nood egter nie verminder word nie, want deur die waarheid word die liefde geleer, wie egter die liefde het, herken ook die werksaamheid van die teenstander, en hy sal homself van hom losmaak, omdat hy deur die liefde ook die krag in hom voel om hom te ontvlug, omdat hy deur die liefde die vereniging met My tot stand bring en Ek hom nou bystaan, deurdat Ek hom sal vervul met lig en krag.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205