Boek 26 - Geestelike Nood
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 13

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16.

GOD SELF OPENBAAR HOM IN TYE VAN GEESTELIKE NOOD
B.D. 8098 - 9 Februarie 1962
Elke gedagte wat u tot My rig in gees en in waarheid neem Ek aan en Ek sorg werklik daarvoor om u volgens waarheid te antwoord, wanneer u My `n vraag stel. Maar ook u sal u beste moet doen om die antwoord heeltemal sonder vooroordeel in ontvangs te neem. U sal moet wees soos leë opnamehouers, wat Ek wil vul met die goeie inhoud, wat u alleen slegs tot seën kan strek. En u moet weet dat My Liefde vir u eindeloos is, dat Sy daarom ook alle middele sal aanwend om u, wat nou kort voor u voltooiing staan, te help om hierdie laaste voltooiing te bereik, waarvoor daar nie meer veel tyd is nie. Verder moet u weet dat My teenstander in die tyd voor die einde `n geweldige mag het, deur die mense self aan hom verleen, wat nie ernstig na hulle laaste voltooiing streef nie - en hy het ook geslaag om baie mense weer tot `n val te bring, wie se gang oor die aarde dan tevergeefs was.
Omdat Ek van alles op hoogte is, ook van die nog vele besluitelose siele wat te swak vir sy skandelike praktyke is - en omdat My Liefde onbegrens is en ook waarlik alle mense uit sy kloue sou wil bevry, maar tog nie teen die wet van die ewige ordening kan ingaan nie, moet Ek dus binne die grense van die ewige ordening werksaam wees en almal tot hulp kom wat hulle gedagtes na My opstuur; wie se wil nie van My afgewend is nie, selfs wanneer hulle nog nie opreg vir My gekies het nie. Maar Ek wil hulle help om hierdie korrekte beslissing te neem. Ek moet hulle dus lig en krag laat toekom, dat hulle My eens leer herken en dan ook die krag opwek om aan My teenstander weerstand te bied en op My af te stuur. Ek is geensins `n God wat nie vir u bereikbaar sou wees nie. Ek is die Liefde en die Liefde is nooit ver weg van Haar skepsele nie, Sy volg hulle voortdurend, ook wanneer die skepsele hulle nog op die grootste moontlike afstand van My bevind.
Hierdie God sal u eers moet leer herken, Wie as Vader die lot van ieder afsonderlike mens vir Hom aantrek en Wie u daarom nooit in die verte sal moet soek nie. `n Innige gedagte van My kind roep My na hom en Ek sal by hom aanwesig wees en bly, omdat die liefde van die kind geen skeiding meer toelaat nie. En Ek sal My aan hom openbaar. En dit is My groot hulp wat Ek in die eindtyd aan die mensdom, wat hulle in die grootste moontlike geestelike nood bevind, laat toekom. Ek Self spreek die mense aan en alle mense mag My woord verneem as hulle maar net hulle harte open vir My aanspreking van bo. Die lig en die krag, wat hulle nodig het vir hulle voltooiing, bring Ek vir hulle oor deur My woord. En dus is Ek Self werksaam, u God en Vader van ewigheid, om die werksaamheid van My teenstander te verswak; om die mense `n reddingsanker aan te bied, waardeur hulle die gevaar kan ontkom om aan sy invloed ten prooi te val. Ek Self spreek die mense aan en Ek gebruik daarvoor `n gewillige werktuig (B.D. = opmerking van die uitgewer) wat My bewustelik dien en My regstreekse werksaamheid by en in haar toelaat, omdat Ek die mensdom nie aan die dwang van hulle wil blootstel nie, maar hulle vry moet beslis om My aanspreking aan te neem of nie. Maar Ek spreek Self tot alle mense, omdat My eindelose Liefde My daartoe aanspoor en Wie nooit sal ophou nie en Wie altyd bereid is om te help.
En u mense moet glo dat die geestelike nood groot is, omdat u voor die einde staan. En u moet ook weet dat die einde ook deur My Liefde gemotiveer is.
Want Ek weet wat nodig is; Ek weet wanneer die tyd gekom het waarin Ek die wetlike ordening moet herstel, om die werk wat die gevalle geestelikes terug voer, te kan voortsit. Maar Ek weet ook waar nog hulp verleen kan word en op welke manier, en Ek benut waarlik elke geleentheid om die mense op aarde nog die oë te open, om My Self aan hulle te openbaar. En My skape herken die stem van hulle Herder en hulle volg Hom. Maar ook in die universum sal My stem weerklink, want My Woord weerklink ook in die oneindigheid, dit weerklink in al die ‘ek’-bewuste geestelikes en deurstroom dit as lig en krag.
U sal dus nie kan sê dat u My nie sou kan of mag hoor nie. Want dan sou My Liefde of My Mag begrens wees. En al is en bly Ek ook vir My skepsele onbereikbaar, so is Ek tog deur die Liefde inniglik met hulle verbind en ook so naby dat elke skepsel in staat sal wees om My te verneem, wanneer sy liefde ook na My sal uitgaan; as die aaneensluiting dus herstel sal wees, soos dit was in die allereerste begin. Want in die allereerste het alle wesens My woord begin hoor en dit was tot hulle geluksaligheid en dit sal ook eenmaal weer hulle geluksaligheid wees, wanneer My Liefde die wesens weer sal deurstraal soos eens.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205