|
Boek 26 - Geestelike Nood BERTHA DUDDE
Hoofstuk 5
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16. |
|
|
DIE NIE-BENUTTING VAN DIE LEWE - KERKLIKE CHRISTENE B.D.6309 - 11 Julie 1955 Daar moet regstreeks op die mense ingewerk word, want aan die lot wat die medemens oorkom, skenk hulle geen aandag nie, en hulle bly ongevoelig daarvoor, maak dus ook geen gevolgtrekkings wat hulle in hulle weg deur die lewe gunstig sou kan beïnvloed nie. Die onverskilligheid van die mense is heelwat erger as `n bot afwysing, want so-iets kom voort uit onwetendheid en kan altyd nog `n verandering van die gesindheid inhou, terwyl op `n onverskillige mens nêrens `n greep te kry is nie, en hy daarom reddeloos verlore gaan, wanneer hy nie opgejaag kan word uit sy onverskilligheid nie, wat steeds `n regstelling van sy eie lewe verg. Nieteenstaande `n kerklike geloof en skynbare religieuse lewe, kan die mense hulle in `n geestelike leegte bevind, omdat hulle siel op geen enkele manier daaraan deelneem nie, omdat slegs suiwer meganiese eise vervul word en `n geestelike ingesteldheid daarvoor totaal ontbreek. Hierdie mense sal uiterlik tot die "regverdiges" gereken word, tot die "gelowiges", Maar hulle is steeds net kerklike Christene, by wie hulle Christenwees `n wêreldlike aangeleentheid is, net soos al die ander. Om hulle op hoogte te bring dat die gees by hulle ontbreek, sou sonder resultaat wees, want hulle het `n te hoë opinie van hulleself en neem sulke onderrig nie aan nie, maar beroep hulle steeds op die vervulling van dit wat van hulle deur die kerk geëis word. En tog lewe hulle `n nuttelose lewe, wanneer dit nie `n verandering in liefde laat sien nie. En hierdie mense moet dikwels hardhandig aangepak word, sodat hulle ontwaak uit die slaap van hulle siel, sodat hulle hulleself sal besin en hulleself afvra wat wel die rede van sulke slae van die noodlot sou mag wees. Hulle moet self getref word, eers dan is dit moontlik dat hulle hulleself ernstig met geestelike vrae sal besig hou en dan was die slae van die noodlot seënryk gewees. Sodra die mens gewillig is om in die liefde te gaan, sal die lot van die medemens hom ook ontroer en dan kan hy uit alles wat hy om hom heen deurmaak, geestelike nut haal. Maar die mense het `n verharde gemoed, die liefde het afgekoel. En al is die ongeluk hoe groot, dit bring geen warm gevoel in die medemens teweeg nie en nog veel minder sit dit hom aan om na te dink oor die rede, of om sy lewenswandel te verander. Die mense verkeer in gevaar weens hulle onverskilligheid, want alle hulpmiddele bly sonder sukses, solank as wat dit geen indruk op hulle maak nie. En daarom moet daar steeds swaarder slae oor die mense kom en die nood sal nie minder word nie, omdat dit slegs as wekroep gehoor word, en `n verandering van die gesindheid tot stand kan bring. Want alles word nog probeer wat sou kan dien om die siele te red. Amen
|
|
|
|
|