Boek 26 - Geestelike Nood
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 6

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16.

GOD SE WORSTELING OOR DIE WÊRELDLINGE
B.D. 6939 - 8 Oktober 1957
Ook op die mense wat nog heeltemal materieel dink, rig Ek My Liefde en Erbarming, hulle wie hulle weg oor die aarde aflê sonder enige geestelike verbintenis – hulle wat slegs dit as waardevol beskou wat vir hulle sigbaar en tasbaar is, en sonder nadenke alles wat nie bewysbaar is nie, verwerp. Hierdie mense hoef nie heeltemal sleg te wees nie, hulle kan `n regverdige lewenswyse lei, maar hulle wys elke geestelike toestroming af, wat beteken dat hulle steeds op dieselfde trap bly staan, dat hulle oor `n vlak weg gaan en aan die einde van hulle lewe op aarde, geen enkele vooruitgang kan laat sien nie, en die hele aardse bestaan allerweë tevergeefs was vir die siel, vir dit wat na die dood van die liggaam bly voortbestaan. Die siel hoef haar dus geensins negatief ontwikkel het nie, en tog kon sy geen resultaat boek nie. Sy gaan in dieselfde toestand van rypheid die geestelike ryk binne as waarmee sy die aardse lewe begin het, en ook daar sal `n opklim vir so `n siel moeilik wees, omdat haar wil om alle onderrig af te wys, nog net so sterk is soos wat dit op aarde was. Tewens is haar gedagtes ook verward, sy weet niks van haar liggaamlike dood nie en kan dus selde, net deur die onderrig van geestelike vriende, tot ander gedagtes gebring word, omdat die opvattings wat hierdie mens op aarde gehad het, haar ook verwaand gemaak het.
Almal van hulle sou Ek te hulp wil kom, solank hulle nog op aarde is, Ek sou hulle manier van denke graag `n flinke stampie wil gee, Ek sou graag vir hulle `n lig wil laat opgaan, Ek sou u graag slegs eenmaal daartoe wil bring om ook met die moontlikheid van `n geestelike wêreld rekening te hou. Ek sou hulle graag alle hulp wil bied om van die oppervlakkige weg, wat doelloos is, op daardie pad te laat stap wat na bo lei. Ek sou hulle graag maar net die waardeloosheid van alle materiële goedere wou laat insien, sodat hulle hulleself ernstig sal besig hou met die gedagtes oor die sin en die doel van hulle aardse bestaan. Want juis hierdie mense is moeilik te stuur, omdat hulle al die geestelike, alle geloof aan `n ander wêreld vir die voortlewe van die siel, slegs as `n teken van naïwiteit van die medemens beskou, waarvan hulle self vry is en wil bly. En sulke mense word daarom besonder gevoelig deur slae van die noodlot getref, die verganklikheid van die aardse word vir hulle so dikwels voor oë gehou, maar ook net selde met sukses.
Maar die hoeveelheid van sulke gebeurtenisse, wat ook nog sal toeneem, moet vir u begryplik word, wanneer u ook aan die groot aantal van hulle dink wat net so `n geestelike lewensopvatting het. En as Ek maar net `n paar van hulle sou wen, wanneer hulle hulleself net `n paar keer deur My laat toespreek deur sulke slae van die noodlot, wanneer hulle belangstellingsfeer nou verander en hulle hulle manier van denke wat hulle tot nou toe gehad het, laat vaar; dan sou Ek veel bereik het en was die slae van die noodlot tot seën. Want tot aan die einde van die lewe van elke mens worstel Ek om sy siel, om haar die eindelose lang tyd in die ryk hierna te bespaar waar dit sonder lig in haar sal wees en alle inspanning wat by sulke siele onderneem word, vrugteloos bly.
Wat die mens op aarde bereik, beteken `n aansienlike voorsprong, wat die siel in die hiernamaals (byna) nie meer kan inhaal nie. En omdat juis hierdie mense op aarde in die meerderheid is, is dit begryplik dat Ek My toevlug tot steeds sterker middele moet neem, omdat u wat gelowig is, nie vir uself sal kan verklaar as gebaseer op My Liefde nie. Maar u is nie op hoogte van die nood van sulke siele nie, wat eindelose lang tye kan duur, u weet nie hoe waardevol één dag op aarde is waarin u bewustelik die doel nastreef nie en hoeveel dae dus totaal nutteloos geleef word deur diegene wat Ek ook sou wil wen vir My en My ryk. En die smartlikste gebeurtenis kan as die grootste barmhartigheid beskou word, wanneer dit `n mens daartoe bring om bewustelik na die doel te streef. Want die aarde sal vergaan en niks sal vir die mens oorbly wat steeds maar net sy aardse lewe geleef het nie. Maar die geestelike ryk bly bestaan, vir die siel kan dit alleen vir ewige tye tot `n smartlike verblyf word, wanneer sy haarself afsluit van die lig wat aan haar gebring word.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205