Boek 26 - Geestelike Nood
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 3

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16.

GEESTELIKE NOOD: ONWAARHEID. VALSE BEELD VAN GOD
B.D.5556 - 6 November 1952
U sal alleen dan die geestelike nood kan teengaan, wanneer u die waarheid verbrei, want die geestelike nood bestaan daarin, dat die mensdom in dwaling voortgaan, dat hulle blind is in die gees, dat dit haar aan die korrekte insig ontbreek, dat die waarheid haar ontbreek. Want sodra hulle juis insien hoe die samehang is tussen die ewige Skepper en die mense, sodra hulle op hoogte is van die doel van hul aardse lewe, is daar al `n bepaalde graad van liefde in hulle, omdat hulle My dan al as hul Vader van ewigheid liefhet, Wie hulle nou as bomatig volmaak, as wyse, magtig en uitermate goed leer sien, wanneer hul die waarheid oor My geleer word. Die waarheid laat My so sien dat hulle My kan liefhê, maar die dwaling gee `n verwronge vals beeld van My, sodat die mense My miskien vrees, maar nie in staat is om van My te hou nie. Want wanneer Ek aan hulle as `n god van wraak, as `n god van toorn, as `n god wat die sondaars straf voorgestel word, is dit `n valse voorstelling van My Wese, omdat Ek tog die Liefde Self is.
Wanneer Ek deur gebooie dwang op die mense wil uitoefen, dan sou Ek eweneens geen God van Liefde, geen Vader wees, Wie Sy kinders in volledige vryheid werksaam wil laat wees nie. Ek sou inteendeel `n tiran wees wat steeds alleen sy mag en krag gebruik en `n heel ander verhouding tot die mense het as `n vader tot sy kinders. Want My enigste gebooie is die gebooie van die liefde, wat egter ook nie onder dwang vervul kan word nie, omdat die liefde weer die vrye wil van die mens vereis. Ek stort nie die mense in die diepte nie, maar hulle bevind hulle daarin en Ek wil hulle optrek na My. Ek verdoem nie die mense vir ewig nie, maar hulle hou hulle self van My verwyderd en is daarom in `n vreeslike toestand en Ek wil hulle op grond van My Liefde daaruit verlos.
Maar hoe word Ek vir die mense voorgestel? Ook van die kant van hulle wat glo om vir My en My Ryk besig te wees? Welke nuttelose formaliteite verlang mens van die mense en hoe onbelangrik beskou mens die vernaamste: `n Lewe in liefde wat deur My alleen gewaardeer word.
Wel word die leer van die Christus (Christus), die goddelike leer van die liefde wat die mens Jesus op aarde verkondig het; ook vandag nog gepreek, maar dit is slegs woorde, wat wegsterf teen die ore van die mens, dit is woorde wat nie meer lewend genoeg gespreek word van die kant van die verkondigers nie, omdat die oortuigingskrag hulle ontbreek, wat alleen My Gees hulle kan verleen as die verkondiger self in die liefde leef.
Maar eers moet My Gees werksaam kan wees, as My Woord die harte van die mense wil binnedring en waar My Gees werk, daar sal die waarheid ook wees, Maar die liefde onder die mense het verflou en daarom is die waarheid ook nie meer te vinde nie en dit word deur ook nie as sodanig die mense herken, wanneer `n draer van die waarheid hulle die lig wil bring nie. En die weg na My is nie te vind nie, want dit gaan nie via `n valse leer nie. U sal eers moet leer om My te herken in My Wese, om My lief te hê, en alleen die suiwer waarheid wat van My uitgaan, gee u klaarheid. Maar dan sal die geestelike nood ook opgehef wees vir alle mense wat van goeie wil is.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205